Vandag se sportnuus

Swem

  • Suid-Afrika sal hierdie week nege swemmers in hul span hê by FINA se Wêreldkampioenskap (25 m) in China. Dié kampioenskap begin vandag en duur tot Sondag. Die span spog met Chad le Clos en Cameron van der Burgh in hul midde wat beide reeds vyf keer vantevore by dié kampioenskap in aksie was. Daar is ses mans in die span en drie vroue.
    • Mans: Chad le Clos, Cameron van der Burgh, Brad Tandy, Ryan Coetzee, Ayrton Sweeney en Douglas Erasmus.
    • Vroue: Erin Gallagher, Emily Visagie en Rebecca Meder. 

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys het Louis Oosthuizen na die 25ste posisie verbeter ná sy oorwinning in die SA Ope-toernooi.

1 Brooks Koepka
2 Justin Rose
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau
25 Louis Oosthuizen
49 Branden Grace 

  • Francesco Molinari is gisteraand aangewys as Europa se Gholfspeler van die Jaar. 

Sewesrugby

  • Ná die Kaapstad‑been van die Wêreldreeks is die Blitsbokke nou vyfde op die punteleer.

1 VSA 38
2 Nieu-Seeland 37
3 Fidji 35
4 Engeland 30
5 Suid-Afrika 29
6 Australië 25
7 Skotland 20

Krieket

  • Die eerste toets tussen Australië en Indië het gisteroggend op die Adelaide Ovaal geëindig. Die Aussies het ʼn teiken van 323 gejaag maar was almal uit vir 291.

Indië
250 en 307

Australië
235 en 291(teiken was 323)

Indië wen met 31 lopies.

  • Bangladesj en die Windies speel vandag in hul tweede eendagkragmeting teen mekaar in Mirpur.
  • Een wedstryd word vanaand in die Mzansi Superliga gespeel.

Louis Oosthuizen in aksie Sondag by die SA Ope-toernooi. Foto: Michael Sherman/ANA

Dinsdag

Wanderers: Jozi Stars 19:00 Tshwane Spartans

Intussen het Chris Gayle hom aan die Stars se span onttrek om sy moeder se begrafnis by te woon. 

Woensdag

Paarl: Paarl Rocks 14:00 Nelson Mandela Bay Giants
Centurion: Tshwane Spartans 19:00 Durban Heat

Op die jongste punteleer is die Cape Town Blitz steeds gemaklik voor en hulle het reeds hul plek in Sondag se eindstryd bespreek. Vrydagaand sal die kwalifiseringswedstryd om die ander span vir die eindstryd te bepaal tussen die tweede en derde plekke gespeel word.

1 Cape Town Blitz 30
2 Jozi Stars 24
3 Nelson Mandela Bay Giants 21
4 Paarl Rocks 17
5 Tshwane Spartans 16
6 Durban Heat 10

Hokkie

  • By die mans se Wêreldbekertoernooi in Indië is gister twee wedstryde gespeel.

Engeland 2–0 Nieu-Seeland
Frankryk 1–0 Spanje 

Vandag speel België teen Pakistan en Nederland teen Kanada. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is gister een wedstryd gespeel.

Everton 2–2 Watford

  • In Eufa se Kampioeneliga word vanaand agt wedstryde beslis.

Schalke 04 19:55 Lokomotiv Moskva
Galatasaray 19:55 Porto
Liverpool 22:00 Napoli
Barcelona 22:00 Tottenham Hotspur
Monaco 22:00 Borussia Dortmund
Club Brugge 22:00 Atlético Madrid
Crvena Zvezda 22:00 Paris Saint-Germain
Internazionale 22:00 PSV

  • Vier wedstryde word vanaand in die plaaslike Premierliga gespeel.

Polokwane City 19:30 Highlands Park
Mamelodi Sundowns 19:30 Baroka FC
Free State Stars 19:30 Orlando Pirates
Cape Town City 19:30 Chippa United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.