Vandag se sportnuus

Cameron van der Burgh. Foto: REUTERS/David Gray

Swem

  • Gister was dag twee van FINA se Kortbad-wêreldkampioenskap in China. Cameron van der Burgh het die kollig gesteel deur die goue medalje vir die 100 m‑borsslag te wen. Kort daarna het Van der Burgh sy uittrede uit mededingende swem aangekondig. Hy spog nou in sy loopbaan met vyf goue medaljes by wêreldkampioenskappe, een Olimpiese goue medalje en nege wêreldrekords. Van der Burgh sal vandag aan die 50 m‑borsslag deelneem.

Chad le Clos (100 m‑vlinderslag) en Erin Gallagher (100 m‑vryslag) sal ook vandag aan hul onderskeie finale deelneem.

Gholf

  • Die Alfred Dunhill-kampioenskap se syfer drie-kompetisie is gister op Leopard Creek afgehandel. Hennie Otto het met die wentjek van R142 000 weggestap.

1        Hennie Otto  -5
2        Richard Sterne -4
Jaco Ahlers -4
4        Oliver Bekker -3
Alejandro Canizares -3
Christiaan Bezuidenhout -3
Ryan Cairns -3
Matias Calderon -3

  • Vandag begin die hooftoernooi van die Alfred Dunhill-kampioenskap met 156 spelers wat sal afslaan. Tydens die eerste twee dae sal die spelers in driebal-groeperings speel en op die laaste twee dae in tweebal-groeperings.

Daar is ʼn paar interessante groeperings in die eerste twee rondes.

Louis Oosthuizen. Foto: Michael Sherman/ANA

10de bof:

07:20  Louis Oosthuizen, Pablo Larrazabal en Erik van Rooyen
07:30  Branden Grace, Matt Wallace en Kurt Kitayama
07:40  Brandon Stone, Robert Karlsson en Bryce Easton

1ste bof:

12:10  Darren Fichardt, Thomas Aiken en Dylan Frittelli
12:20  Charl Schwartzel, George Coetzee en Matthieu Pavon
12:30  Ernie Els, Trevor Immelman en Richard Sterne

  • Justin Rose sal vandag in die Indonesiese Meesterstoernooi afslaan waar hy die verdedigende kampioen is. Henrik Stenson is een van die ander gunstelinge wat in aksie sal wees.

Fietsry

  • Ná ʼn dekade se betrokkenheid by Team Sky, gaan Sky sy betrokkenheid by dié span aan die einde van 2019 beëindig. Tydens dié tien jaar het Sir Bradley Wiggins die eerste Brit geword om die Tour de France in 2012 te wen. Hierna het Chris Froome vyf keer die titel in die kleure van Team Sky ingepalm.

Tennis

  • Rafael Nadal is besig om te herstel van sy knie-, maag- en enkelbeserings wat hom die afgelope drie maande op die kantlyn gehou het. Nadal sal aan die einde van Desember in Abu Dhabi in aksie wees.

Krieket

  • Pakistan se krieketspan kom vandag in Suid-Afrika aan vir hul reeks teen Suid-Afrika.
  • Die tweede toets tussen Australië en Indië begin môre in Perth.
  • Bangladesj en die Windies speel môre in hul derde en beslissende eendagkragmeting teen mekaar.
  • Die laaste twee rondomtaliewedstryde is gister in die Mzansi Superliga

Dane Paterson van Paarl Rocks in aksie by die Eurolux Boland-krieketstadion in die Mzansi Superliga. Foto: Phando Jikelo/ANA

Paarl: Paarl Rocks klop die Nelson Mandela Bay Giants met ses paaltjies. Die Rocks verdien daarmee ʼn bonuspunt en verseker sodoende ook hul plek in Vrydag se kwalifiseringswedstryd.

Centurion: Durban Heat het die Tshwane Spartans met twee paaltjies geklop.

Vrydagaand sal die kwalifiseringswedstryd tussen die Jozi Stars en die Paarl Rocks gespeel word om te bepaal wie Sondag in die eindstryd teen die Cape Town Blitz te staan kom.

Op die finale punteleer het die Cape Town Blitz eerste geëindig.

1 Cape Town Blitz 30
2 Jozi Stars 29
3 Paarl Rocks 22
4 Nelson Mandela Bay Giants 21
5 Tshwane Spartans 16
6 Durban Heat 14

Hokkie

  • By die mans se Wêreldbekertoernooi in Indië was die eerste twee kwarteindstryde gister afgehandel.

Argentinië 2–3 Engeland
Australië 3–0 Frankryk

Vandag word die laaste twee kwarteindstryde gespeel.

Duitsland teen België
Indië teen Nederland

Dié toernooi loop Sondag ten einde wanneer die eindstryd gespeel word. 

Georgi Schennikov van CSKA Moskva tydens die span se kragmeting teen Real Madrid by die Santiago Bernabeu-stadion in Madrid, Spanje (12 Desember 2018). Foto: Paul White/AP

Sokker

  • In Eufa se Kampioeneliga is gisteraand agt wedstryde beslis.

Real Madrid 0–3 CSKA Moskva
Viktoria Plzeň 2–1 Roma
Valencia 2–1 Manchester United
Manchester City 2–1 TSG 1899 Hoffenheim
Ajax 3–3 Bayern München
Shakhtar Donetsk 1–1 Olympique Lyonnais
Benfica 1–0 AEK Athens
Young Boys 2–1 Juventus

  • Vier wedstryde is gister in die plaaslike Premierliga gespeel.

Maritzburg United 1–1 Black Leopards
Bidvest Wits 2–2 Golden Arrows
AmaZulu 3–0 Bloem Celtic
Kaizer Chiefs 1–0 SuperSport United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.