Vandag se sportnuus

Dale Steyn in aksie. (Argieffoto: ANA via ICC)

Krieket

  • Pakistan speel van vandag af in hul opwarmingswedstryd teen ʼn Presidentspan op Willowmoore Park in Benoni.
  • Intussen het die Proteas slegte nuus ontvang voor aanstaande week se eerste toets teen Pakistan. Vernon Philander sukkel met ʼn haarlynfraktuur aan sy duim en sal nie beskikbaar wees nie. Lungi Ngidi is ook op die kantlyn tot Februarie. Die snelaanval sal dus deur Kagiso Rabada, Dale Steyn en Duanne Olivier gelei word.
  • Australië het die tweede toets teen Indië in Perth met 146 lopies gewen en die reekstelling een elk gemaak. Daar bly nog twee toetse oor in die reeks van vier. Die derde toets begin op Tweede Kersdag in Intussen het die keurders dieselfde 13-tal behou vir die laaste twee kragmetings.
  • In Wellington het die eerste toets tussen Nieu-Seeland en Sri Lanka op dag vyf onbeslis geëindig. Kusal Mendis (141 nun) en Angelo Mathews (120 nun) het byna twee dae lank gekolf om Sri Lanka te laat oorleef. Reën het spel op laaste dag ook boonop verkort.

Sri Lanka 282 en 287/3
Nieu-Seeland 578 (Tom Latham 264 nie uit nie)

  • Bangladesj en die Windies se tweede T20-wedstryd word vandag in Dhaka Die Windies het die eerste kragmeting gewen.
  • In die plaaslike meerdagreeks begin vandag drie wedstryde om 10:00.

Johannesburg

Highveld Lions 10:00 Dolphins

Port Elizabeth

Warriors 10:00 Cape Cobras

Bloemfontein

Knights 10:00 Titans

Op die huidige punteleer is die Cape Cobras gemaklik voor.

1 Cape Cobras 103
2 Highveld Lions 91
3 Knights 71
4 Warriors 61
5 Titans 58
6 Dolphins 45 

  • Die Proteas se paaltjiewagter-kolwer, Heinrich Klaasen, sal aanstaande jaar saam met AB de Villiers vir die Royal Challengers Bangalore in die Indiese Premierliga Verskeie Suid-Afrikaanse sterre is egter nie gister vir die IPL opgeraap nie. Dit sluit in Dale Steyn, Hashim Amla, Reeza Hendricks, Rilee Rossouw en Morne Morkel. 

Sewesrugby

  • SA Rugby en die Stad van Kaapstad is besig met gesprekke om die Suid-Afrikaanse been van dié wêreldreeks vir minstens nog drie jaar in Kaapstad aan te bied. Verlede jaar het die stad se koffers ʼn inspuiting van nagenoeg R765 miljoen uit die toernooi gekry. 

• Die omstrede José Mourinho is gister as Manchester United se bestuurder afgedank. Foto: Mike Egerton/PA via AP

Gholf

  • Ná die 2018 Alfred Dunhill-kampioenskap geniet die spelers nou ʼn blaaskans tot vroeg in die nuwe jaar. Die eerste groot toernooi word in die Amerikaanse reeks gespeel.

3 – 7 Januarie 2019

Sentry Toernooi van Kampioene in Kapalua, Maui

10 – 14 Januarie 2019

Sony Ope in Honolulu, Hawaii

16 – 19 Januarie 2019

Europese reeks: HSBC‑kampioenskap in Abu Dhabi 

Hokkie

  • Suid-Afrika se vrouespan speel vandag in Kaapstad in hul vierde en laaste kragmeting teen ʼn internasionale uitnodigingspan. Die laaste wedstryd begin om 18:30.

Kanovaart

  • Andy Birkett gaan aanstaande jaar poog om sy negende (uit tien) Dusi‑kanomarathon te wen. Dié marathon oor drie dae word van 14 tot 16 Februarie aangebied. Birkett het as skoolseun in 2010 reeds sy eerste marathon beklink. 

Sokker

  • Die omstrede José Mourinho is gister as Manchester United se bestuurder afgedank. Die span is tans sesde op die Premierliga se punteleer en die span het ʼn hele rits swak vertonings agter die blad.
  • In die Engelse Ligabeker word vanaand twee wedstryde gespeel.

Arsenal 21:45 Tottenham Hotspur
Chelsea 21:45 AFC Bournemouth

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.