Vandag se sportnuus

Marques Ackerman. Foto: Facebook

Krieket

  • Die eerste dag se spel tussen Pakistan en KSA se Presidentspan is gister op Willowmore Park in Benoni afgehandel. Die besoekers het ʼn moeilike dag beleef. Die Presidentspan het die loot gewen en eerste gekolf. Marques Ackerman (kaptein) het 103 nie uit nie aangeteken (132 balle, 14 viere en een ses) en Joshua Richards het 98 bygedra.

Presidentspan 318/7 verklaar.
Pakistan 2/0 teen uitskeityd.

  • Die derde toets tussen Australië en Indië begin op 26 Desember in Die reekstelling is tans een elk.
  • Bangladesj en die Windies se tweede T20-wedstryd word vandag in Dhaka Die Windies het die eerste kragmeting gewen.
  • Net 12 van die 27 Suid-Afrikaners wat beskikbaar was vir aanstaande jaar se die Indiese Premierliga is deur spanne opgeraap. Sewe spelers is deur hul spanne behou terwyl daar een oorplasing na ʼn ander span gemaak is en vier nuwe kontrakte toegeken is.
    • Chennai Super Kings: Faf du Plessis (behou), Imran Tahir (behou), Lungi Ngidi (behou)
    • Royal Challengers Bangalore: AB de Villiers (behou), Heinrich Klaasen (R1 miljoen)
    • Mumbai Indians: Quinton de Kock (oorplasing)
    • Kolkata Knight Riders: Anrich Nortje (R400 000)
    • Kings XI Punjab: David Miller (behou), Hardus Viljoen (R1.5 miljoen)
    • Delhi Capitals: Chris Morris (behou), Kagiso Rabada (behou), Colin Ingram (R13 miljoen)
  • Die Graafskapspan van Essex het bekend gemaak dat die Suid-Afrikaanse kolwer Cameron Delport vir die volgende twee seisoene vir hulle in die T20-Blast-toernooi sal speel.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister begin.

Johannesburg

Dolphins 302/6 (88 bb)
Highveld Lions

Port Elizabeth

Cape Cobras 266
Warriors 105/1 (26 bb)

Die Warriors is 161 lopies agter met nege paaltjies staande.

Bloemfontein

Titans 303
Knights 45/0 (7 bb)

Knights os 258 lopies agter met tien paaltjies staande.

Rugby 

  • Die Suid-Afrikaanse skrumskakel Rory Kockott word deur ʼn skorsing van tot vier jaar in die gesig gestaar nadat hy die naweek betrokke was by ʼn beweerde oogkrappery tydens ʼn wedstryd in Frankryk. Kockott se moontlike straf kan wissel tussen 12 weke en vier jaar. 
  • Engeland en Gloucester se losskakel Danny Cipriani het ʼn borsbesering opgedoen en hy sal vir nagenoeg ses weke op die kantlyn wees. Die Ses Nasies-toernooi skop op 1 Februarie af. 

Hokkie

  • Suid-Afrika se vrouespan het sy derde kragmeting teen ʼn internasionale uitnodigingspan in Kaapstad met 2 – 6 verloor. Die Suid-Afrikaners berei tans voor vir hul internasionale toer na Europa in Januarie. Hulle sal tien wedstryde in Switserland en die Tsjeggiese Republiek speel.

Swem

  • Die 23-jarige voormalige Olimpiese kampioen Missy Franklin van die VSA het haar uittrede uit swem aangekondig. Franklin sukkel met ʼn knaende skouerbesering. 

Sokker

  • In die Engelse Ligabeker is daar gisteraand twee wedstryde afgehandel.

Arsenal 0 – 2 Tottenham Hotspur
Chelsea 1 – 0 Bournemouth

  • In die Engelse Premierliga word daar môre een wedstryd gespeel. Die voorlopers op die punteleer, Liverpool, speel teen Wolverhampton Wanderers.
  • Ole Gunnar Solskjaer, die voormalige speler van Manchester United, is aangewys as dié klub se tydlike bestuurder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.