Vandag se sportnuus

Wayde van Niekerk tydens die Wêreld-atletiekkampioenskap in Londen (2017) Foto: AP Photo/Tim Ireland/File via ANA

Krieket

  • Die tweede dag se spel tussen Pakistan en KSA se Presidentspan is gister op Willowmoore Park in Benoni afgehandel.

Presidentspan 318/7 verklaar en 45/1 (12 bb)

Pakistan 306/7 verklaar

Presidentspan loop met 57 lopies voor met 9 paaltjies staande.

  • Bangladesj en die Windies se tweede T20-wedstryd is gister in Dhaka gespeel.

Bangladesj 211/4

Windies 175 (19.2/20 bb, teiken was 212)

Bangladesj wen met 36 lopies en die reekstelling is nou een elk.

  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister hul tweede dag beleef.

Johannesburg

Dolphins 303/6 en 119/5 (36 bb)

Highveld Lions 134

Dolphins loop met 288 lopies voor met 5 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Port Elizabeth

Cape Cobras 266 en 148/1 (43 bb)

Warriors 252

Die Cape Cobras se voorsprong is 162 lopies met 9 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Bloemfontein

Titans 303 en 72/2 (21.4 bb)

Knights 231

Titans loop met 144 lopies voor met 8 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Rugby

  • Suid-Afrika se vier Superrugby-spanne pak mekaar op 3 Februarie in die Kaapstad‑stadion ter voorbereiding van die 2019‑toernooi. Die Lions speel eers teen die Sharks om 14:00 waarna die Stormers en die Bulls mekaar die stryd sal aansê.
  • Die Suid-Afrikaanse skrumskakel, Rory Kockott, het slegs ʼn drie weke lange skorsing op die lyf geloop nadat hy betrokke was by beweerde oogkrappery tydens ʼn wedstryd die naweek in Frankryk.

Atletiek

  • Wayde van Niekerk se afrigter, Ans Botha, het aangedui dat Wayde aanstaande jaar terug op die atletiekbaan sal wees. Wayde gaan poog om gereed te wees vir die Wêreldkampioenskap in Oktober. Dié 400 m‑wêreldrekordhouer het sy knie tydens ʼn raak-rugbywedstryd in Oktober 2017 beseer.

Hokkie

  • Suid-Afrika se vrouespan het hul vierde kragmeting teen ʼn internasionale uitnodigingspan in Kaapstad met 1–3 verloor. Die Suid-Afrikaners het dus een wedstryd gelykop gespeel en drie verloor. Die span reis in Januarie na Europa vir hul internasionale toer wat tien wedstryde sal insluit.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word vanaand een wedstryd gespeel. Die voorlopers op die punteleer, Liverpool, speel teen Wolverhampton Wanderers.
  • In die plaaslike Premierliga word vanaand ook een wedstryd afgehandel.

Bidvest Wits 20:00 Chippa

  • België sluit die jaar as die nommer een‑span op FIFA se wêreldranglys Suid-Afrika is 72ste op dié ranglys.
  1. België
  2. Frankryk
  3. Brasilië
  4. Kroasië
  5. Engeland
  6. Portugal
  7. Uruguay
  8. Switserland
  9. Spanje
  10. Denemarke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.