Vandag se sportnuus

Kevin Anderson. Foto: AP Photo/Kamran Jebreili

Tennis

  • Kevin Anderson het die naweek die Tata Ope in Indië gewen. Die 32-jarige Suid-Afrikaner het daarmee sy sesde ATP-titel verower. Kevin het 2 uur en 44 minute nodig gehad om Ivo Karlovic met 7-6, 6-7 en 7-6 in die eindstryd te verslaan.
  • Die Hopmanbeker is deur Switserland gewen wat Duitsland met 2-1 geklop het. Dié gemengde kompetisie in Perth is vir ʼn tweede jaar agtereenvolgens deur Roger Federer en Belinda Bencic gewen. Federer het daarmee ook die mees suksesvolle speler in die geskiedenis van die Hopmanbeker geword.

Rugby

  • Die Cheetahs en die Kings was die naweek in aksie in die Pro14-reeks.

Sondag

Zebre 12–27 Cheetahs

Saterdag

Edinburgh 38–0 Kings

Connacht 24–31 Munster

Leinster 40–7 Ulster

Llanelli Scarlets 22–13 Newport Gwent Dragons

Ospreys 20–11 Cardiff Blues

Benetton Treviso 20–17 Glasgow Warriors

Krieket

  • Die tweede toets tussen Suid-Afrika en Pakistan het gister op Nuweland in Kaapstad ten einde geloop. Die Proteas het dié reeks beklink toe hulle ʼn oorwinning van 9 paaltjies oor Pakistan behaal het. Die derde en laaste toets begin Vrydag op die Wanderers in Johannesburg.

Pakistan 177 en 294

Suid-Afrika 431 en 43/1 (9.5 bb, teiken was 41)

Suid-Afrika wen met 9 paaltjies.

Intussen sal Suid-Afrika ʼn nuwe kaptein vir die derde toets moet kry nadat Faf du Plessis vir een wedstryd geskors is weens sy span se stadige boultempo.

  • Dag vyf van die vierde en laaste toets tussen Australië en Indië is deur reën ontwrig. Australië moes vir die eerste keer in 30 jaar opvolg nadat hulle net 300 lopies in hul eerste beurt kon aanteken in antwoord op die 622 van Indië. Die toets stuur op ʼn onbesliste einde af wat beteken Indië wen die reeks met 2–1.
  • Nieu-Seeland het die tweede eendagwedstryd teen Sri Lanka met 21 lopies gewen en daarmee ook die reeks verower. Die derde en laaste eendagwedstryd word môre gespeel.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister hul derde dag beleef.

Durban 

Lions 423

Dolphins 149 en 209/6 in hul opvolgbeurt.

Dolphins is nog 65 lopies agter met 4 paaltjies staande in hul opvolgbeurt.

Oos-Londen

Warriors 408 en 254/5

Titans 366

Die Warriors is 296 lopies voor met 5 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Bloemfontein

Knights 319 en 135/1

Cobras 470

Knights is nog 16 lopies agter met 9 paaltjies staande.

Motorwedrenne

  • Die 41ste Dakar-tydren het gister in Peru afgeskop en word vanjaar net in een land gejaag en strek oor 10 dae. Suid-Afrika se Giniel de Villiers is weer in sy Toyota in aksie. Onder die groot name is daar ook die Mini-trio van Carlos Sainz, Stephane Peterhansel en Cyril Despres.

Swem

  • Die SA Grand Prix Uitnodigingsbyeenkoms het die naweek in Nelspruit plaasgevind. Dune Coetzee het Saterdag goud in die 200 m-vlinderslag asook die 400 m-vryslag gewen. Rebecca Meder het ook twee goue medaljes in die 400 m- individuele wisselslag asook die 200 m-borsslag ingeoes.

Gholf

  • Die Sentry Toernooi van Kampioene se vierde en laaste ronde is in Maui voltooi.

1 Xander Schauffele -23 (slegs 62 houe in die laaste ronde)

2 Gary Woodland -22

3 Justin Thomas -18

4 Dustin Johnson -15

Marc Leishman -15

Rory McIlroy -15

Sokker

  • In die Engelse FA-beker

Newport County 2–1 Leicester City

Preston North End 1–3 Doncaster Rovers

Fulham 1–2 Oldham Athletic

Manchester City 7–0 Rotherham United

Millwall 2–1 Hull City

Queens Park Rangers 2–1 Leeds United

Sheffield United 0–1 Barnet

Woking 0–2 Watford

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.

Golden Arrows 2–0 Maritzburg United

Baroka 1–2 Black Leopards

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ben ·

Belaglik dat n vyfdag kriekettoets wat binne vier dae klaarmaak se wenkaptein en spanlede beboet word vir n stadige boultempo.Wil die owerheid dan he dat die toets binne twee dae moet klaarmaak ?

Frans C ·

Toets krieket is veronderstel om oor 5 dae gespeel te word.Elke dag se speeltyd is 6 ure en moet ten minste 90 boulbeurte voltooi word. Teoreties is dit 15 boulbeurte per uur of ‘n boulbeurt elke 4 minute.

Dit is mi, alle omstandighede,inagenome nie haalbaar nie.Kyk maar hoeveel tyd gaan verlore deur beserings,aanteken van appèl,skeidsregter beslissings,ingooie deur spelers ens.

Nadat alle omstandighede inageneem is het die wedstrydskeidsregter Boone besluit die Prtoteas is een,ja EEN boulbeurt kort van die verlangde tempo en omdatdit die 2de keer
in 12 maande is, word die kaptein beboet met 20% van die wedstrydgeld en die span met 10%. Faf word ook geskors vir 1 wedstryd.

Dit is mi belaglik .Die deurslaggewende kriteria behoort te wees het die toeskouers waarde vir geld gekry,ongeag die boultempo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.