Vandag se sportnuus

Rafael Nadal tydens ‘n oefensessie by die Queensland Tennis Centre (2 Januarie 2019). Foto: Darren England/AAP/DPA

Tennis

  • By die Fast4-tennistoernooi in Sydney het die Wêreldspan (Rafael Nadal en Milos Raonic) vir span Australië (Nick Kyrgios en John Millman) met 2-1 verslaan. 
  • Intussen het die wêreld se vierde beste speler, Alexander Zverev, hom weens ʼn besering aan hierdie week se Wêrelduitdaging in Adelaide onttrek. 
  • Kiki Bertens het vir Bernarda Pera met 7-5 en 6-4 geklop om die tweede ronde van die internasionale toernooi in Sydney te bereik. Garbine Muguruza het vir Carla Suarez Navarro met 6-3 en 6-4 uitgeskakel. 

Motorwedrenne

  • Die 41ste Dakar-tydren het gister in Peru afgeskop.
    • Nasser Al-Attiyah het die voortou in die motorafdeling in sy Toyota geneem. Hy is 18 sekondes voor Carlos Sainz in sy Mini. Giniel de Villiers van Suid-Afrika was sesde in die eerste skof.
    • In die motorfietsafdeling het Joan Barreda Bort die eerste skof op sy Honda gewen. 
  • Ferrari het bekendgemaak dat sy Formule Een-spanbaas, Maurizio Arrivabene, vervang word deur Mattia Binotto. 

Rugby

  • In die Pro14-reeks beklee Munster en Leinster onderskeidelik die eerste plekke op die punteleer.

Konferensie A

1 Munster 44
2 Glasgow Warriors 42
3 Ospreys 37
4 Connacht 37
5 Cardiff Blues 32
6 Cheetahs 22
7 Zebre 16 

Konferensie B

1 Leinster 54
2 Edinburgh 35
3 Benetton Treviso 35
4 Llanelli Scarlets 34
5 Ulster 33
6 Dragons 18
7 Kings 12 

Faf du Plessis. Foto: Twitter/OfficialCSA

Krieket

  • Die derde toets tussen Suid-Afrika en Pakistan begin Vrydag op die Wanderers in Johannesburg. Die Proteas se kaptein, Faf du Plessis, is vir een wedstryd geskors weens sy span se stadige boultempo in Kaapstad.
  • Die vierde en laaste toets tussen Australië en Indië het onbeslis geëindig nadat geen spel op die vyfde dag moontlik was nie as gevolg van reën. Indië wen daarmee die reeks met 2-1. Dit was Indië se eerste oorwinning nóg in Australië sedert sy eerste toer in 1947/48. 
  • Nieu-Seeland speel vandag in sy derde en laaste eendagwedstryd teen Sri Lanka. Die swart pette het reeds die reeks gewen.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister ten einde geloop.

Durban

Lions 423 en 47/1 (14,1 bb, teiken was 46)
Dolphins 149 en 319 in hul opvolgbeurt.

Lions wen met 9 paaltjies.

Oos-Londen

Warriors 408 en 310/5 verklaar
Titans 366 en 136

Die Warriors wen met 216 lopies.

Bloemfontein

Knights 319 en 360/2
Cobras 470

Die wedstryd eindig onbeslis.

Brittanje se Justin Rose in aksie by die Hero World Challenge by Albany Golf Club in Nassau, Bahamas (2 Desember 2018). Foto: Dante Carrer/AP

Gholf

  • Ná die Sentry-toernooi van kampioene is Xander Schauffele nou sesde op die wêreldranglys.

1 Justin Rose
2 Brooks Koepka
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau
6 Xander Schauffele
25 Louis Oosthuizen
50 Branden Grace 

Sokker

  • Die gasheerland vir die Afcon-toernooi van 2019 word vandag bekendgemaak. Suid-Afrika en Egipte ding mee om as aanbieders op te tree.
  • In die Engelse FA-beker is een wedstryd gisteraand gespeel.Wolverhampton Wanderers 2-1 Liverpool

 

  • In die plaaslike Premierliga is Wits die voorlopers op die punteleer.

1 Bidvest Wits 33
2 Orlando Pirates 28
3 Polokwane City 26
4 Mamelodi Sundowns 25
5 Bloemfontein Celtic 24
6 Cape Town City FC 23
7 SuperSport United 23

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.