Vandag se sportnuus

Albie Morkel, die Titans se kaptein (Foto: GB Jordaan)

Motorwedrenne

  • Die 41ste Dakar-tydren se derde skof is gister in Peru gejaag.
    • In die motorafdeling het Stephane Peterhansel (Mini) koning gekraai in dié skof terwyl Carlos Sainz vasgeval het en sy kanse verby is om die tydren te wen. Giniel de Villiers van Suid-Afrika (Toyota) het in dié skof 68ste geëindig en hy is nou algeheel 40ste. Nasser Al-Attiyah (Toyota) is nou die algehele voorloper.
    • In die motorfietsafdeling is Pablo Quintanilla die voorloper. Kevin Benavides en Sam Sunderland is onderskeidelik tweede en derde.

Tennis

  • Marin Cilic het Suid-Afrika se Kevin Anderson by die Kooyong Classic met 6–3, 4–6 en 15–13 uitgeskakel. Die Australiese Ope begin Maandag in Melbourne.
  • By die internasionale toernooi in Sydney het die wêreld se voorste speler, Simona Halep, pak gekry toe Ashleigh Barty haar met 6–4 en 6–4 uitgeskakel het.
  • Suid-Afrika se Federasiebekerspan wat van 6 tot 9 Februarie in Luxembourg in aksie sal wees, is bekend gemaak. Die span bestaan uit Chanel Simmonds, Madrie le Roux, Theresa van Zyl, Imaan Hassim, Zani Barnard en Sinazo Solani.

Rugby

  • Die voormalige Bloubul, Paul Willemse, is as slot ingesluit in Frankryk se groep vir die eerste twee wedstryde van die Sesnasies-toernooi.

Gholf

  • Die Sony Ope begin vandag in Hawaii. Dylan Frittelli is die enigste Suid-Afrikaner wat in aksie sal wees. Die eerste drie spelers vandag op die bof is Matt Jones, Kenny Perry en Steve Marino.

Krieket

  • Die Proteas gaan môre op die Wanderers poog om skoonskip te maak in die toetsreeks teen Pakistan. Dit is wanneer die derde en laaste toets onder die leiding van die instaan-kaptein, Dean Elgar, begin. Die keurders het vir Pieter Malan as bystandspeler benoem vir Aiden Markram wat vandag sy fiksheid moet bewys. Zubayr Hamza gaan heel moontlik sy debuut maak in Faf du Plessis se plek. Die Proteas het die eerste twee toetse op ʼn drafstap gewen.
  • Intussen het Pakistan die snelbouler, Mohammad Amir, in hul groep van 16 spelers ingesluit vir die vyf eendagwedstryde teen Suid-Afrika.
  • Die voormalige veelsydige Protea, Albie Morkel, het sy uittrede uit alle vorme van die spel aangekondig. Die 37-jarige Morkel se loopbaan oor twintig jaar het een toets, 58 internasionale eendagwedstryde asook 50 T20-wedstryde ingesluit.
  • Nieu-Seeland speel môre in ʼn T20-wedstryd teen Sri Lanka in Auckland. Nieu-Seeland het die eendagreeks met 3–0 gewen.
  • Australië het die jong Will Pucovski in hul toetsgroep ingesluit vir die komende twee toetse teen Sri Lanka. Shaun Marsh en sy broer Mitch is egter weggelaat uit dié groep.

Sokker

  • Die doelwagter van Bafana Bafana, Itumeleng Khune, sal vir ses maande op die kantlyn wees na ʼn skoueroperasie.
  • In die Engelse Ligabeker is een wedstryd gisteraand gespeel.

Manchester City 9–0 Burton Albion

  • In die plaaslike Premierliga is gister twee wedstryde gespeel.

Maritzburg United 1–2 Free State Stars

Bidvest Wits 0–2 Kaizer Chiefs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.