Vandag se sportnuus

Dale Steyn in aksie tydens die derde dag van die tweede toets tussen die Proteas en Pakistan. Foto: AP Photo/Halden Krog

Krieket

  • Die Proteas en Pakistan se derde en finale toets begin vanoggend om 10:00 op die Wanderers in Johannesburg. Die Proteas se openingskolwer, Aiden Markram, is fiks verklaar vir dié wedstryd nadat hy herstel het van sy besering wat hy tydens die tweede toets op Nuweland opgedoen het. Die Proteas se kaptein, Dean Elgar, het gister gesê sy span wil die reeks met 3-0 wen. Die Proteas het die eerste twee toetse op ʼn drafstap gewen.
  • Intussen is die Highveld Lions se kolwer, Rassie van der Dussen, as nuweling opgeneem in Suid-Afrika se groep van 14 spelers vir die eerste twee eendagwedstryde teen Pakistan. Dane Paterson en Hashim Amla maak ook hul terugkeer na die groep.
  • Nieu-Seeland speel vandag in ʼn T20-wedstryd teen Sri Lanka in Auckland. Nieu-Seeland het die eendagreeks met 3-0 gewen.

Motorwedrenne

  • Die 41ste Dakar-tydren se vierde skof is gister in Peru gejaag.
    • In die motorafdeling het Nasser Al-Attiyah (Toyota) sy algehele voorsprong vergroot in ʼn poging om sy derde titel te verower. Al-Attiyah het die vierde skof tussen Arequipa en Tacna gewen en hy was byna twee minute vinniger as Stephane Peterhansel (Mini). Al-Attiyah se algehele voorsprong is nou byna nege minute. Giniel de Villiers van Suid-Afrika (Toyota) is algeheel 28ste.
    • In die motorfietsafdeling is Ricky Brabec (Honda) die nuwe voorloper met Pablo Quintanilla in die tweede plek.
  • Nuus uit die Formule Een Arena is dat McLaren die voormalige Porsche Le Mans-spanbaas, Andreas Seidl, as besturende direkteur van hul Formule Een-span aangewys het.

Tennis

  • Die Australiese Ope begin Maandag in Melbourne en die finale loting is gister gedoen. Roger Federer en Novak Djokovic jaag albei ʼn sewende Aussie Ope-titel en hulle is in twee verskillende helftes van die loting wat beteken hulle kan nie voor die eindstryd teen mekaar speel nie. Serena Williams wat reeds sewe titels agter haar naam het, is in dieselfde helfte geloot as die wêreld se voorste speler, Simona Halep.
  • By die internasionale toernooi in Sydney het Petra Kvitova die verdedigende kampioen, Angelique Kerber, met 6-4 en 6-1 uitgeskakel om die halfeind te bereik. Kvitova sal nou teen Aliaksandra Sasnovich te staan kom.

In die mansafdeling het Andreas Seppi vir Stefanos Tsitsipas met 4-6, 6-4 en 6-4 geklop.

  • Die wêreldnommereen, Novak Djokovic, het Andy Murray verspot maklik in ʼn oefenwedstryd voor aanstaande week se Aussies Ope in Melbourne verslaan. Die telling was 6-1 en 6-1.

Rugby

  • Griekwas se voorspeler-afrigter, CJ van der Linde, het aangekondig dat hy dié unie gaan verlaat om ʼn pos in Japan te aanvaar.

Gholf

  • Die Sony Ope se eerste ronde is in Hawaii voltooi. Die twee voorlopers het rondes van 62 aangeteken.

1 Andrew Putnam -8

Adam Svensson -8

3 Matt Kuchar -6

4 Chez Reavie -5

23 Rory Sabbatini -2

Dylan Frittelli -2

  • Nuus oor die Sonskynreeks is dat Justin Harding, wat tans derde op die meriete-ordelys is, nie die res van die seisoen in Suid-Afrika in aksie sal wees nie. Harding se fokus sal op die Asiatiese en Europese toer gerig wees.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre sewe wedstryde gespeel.

West Ham United 14:30 Arsenal

Crystal Palace 17:00 Watford

Cardiff City 17:00 Huddersfield Town

Burnley 17:00 Fulham

Brighton & Hove Albion 17:00 Liverpool

Leicester City 17:00 Southampton

Chelsea 19:30 Newcastle United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Manie ·

Ek nou krieket gekyk by die wanderers en moes weereens of ek nou wil of nie luister na daardie patetiese blaasorkes wat by die krieket speel. Ek het in my lewe nog nie sulke swak musiek moes aanhoor net omdat ek van krieket hou. Ek wil SA krieket vra om die mense te verban by krieket wedstryde. Húlle weerhou my om na n stadion te gaan want ek sal aandrang om te loop en my geld terug te kry

Fanie ·

Sport in Suid Afrika is n groot klug spul in die verlede word die beste spelers gekies vandag is dit diskriminasie want hulle word voorgeskryf deur die politiek Politiek hoort glad nie in sport nie laat die beste ou plek kry swart of wit

Fanie ·

Sport in Suid Afrika is n groot klug spul in die verlede word die beste spelers gekies vandag is dit diskriminasie want hulle word voorgeskryf deur die politiek Politiek hoort glad nie in sport nie laat die beste ou plek kry wit swart buin pienk wat de hel maak ras of velkleur saak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.