Vandag se sportnuus

Hashim Amla in aksie tydens die Proteas en Pakistan se derde en finale toets. Foto: AP Photo/Themba Hadebe

Krieket

  • Die Proteas en Pakistan se derde en finale toets het gister sy derde dag op die Wanderers in Johannesburg beleef. Die Proteas het 303 lopies in hul tweede beurt aangeteken (Quinton de Kock 129 lopies van net 138 balle wat 18 viere en een ses ingesluit het) wat aan Pakistan die taak gestel het om 381 in hul tweede beurt aan te teken vir ʼn oorwinning. Teen uitskeityd was Pakistan op 153/3.

Suid-Afrika 262 & 303

Pakistan 185 & 153/3 * (40 bb, teiken 381)

Pakistan benodig nog 228 lopies met sewe paaltjies staande. Suid-Afrika het die eerste twee toetse op ʼn drafstap gewen.

  • Nieu-Seeland het hul enigste T20-wedstryd teen Sri Lanka in Auckland met 35 lopies gewen.

Nieu-Seeland 179/7

Sri Lanka 144 (16.5/20 bb, teiken was 180)

  • Australië en Indië het Saterdag in hul eerste eendagwedstryd kragte gemeet. Australië het met 34 lopies geseëvier.

Australië 288/5

Indië 254/9 (50 bb, teiken was 289)

Australië wen met 34 lopies

  • In die plaaslike meerdagreeks begin drie wedstryde vandag.

Cape Cobras 10:00 Warriors

Titans 10:00 Highveld Lions

Dolphins 10:00 Knights

Motorwedrenne

  • Die 41ste Dakar-tydren se sesde skof is gister in Peru afgehandel.
    • In die motorafdeling is Nasser Al-Attiyah (Toyota) se algehele voorsprong nou 37 minute. Sebastian Loeb is tweede nadat hy ook gister se skof gewen het. Stephane Peterhansel (Mini) beklee die derde plek. Giniel de Villiers van Suid-Afrika (Toyota) is algeheel 18de.
    • In die motorfietsafdeling is Pablo Quintanilla die voorloper met Ricky Brabec (Honda) in die tweede plek.

Tennis

  • Die voormalige no. 1-speler ter wêreld, Andy Murray, het aangekondig dat hy hierdie jaar uit tennis gaan tree as gevolg van sy heupbesering en deurlopende pyn wat hy verduur.
  • Intussen is Kevin Anderson deur die sportskrywers as tennisambassadeur van 2018 aangewys.
  • Die Australiese Ope het vandag in Melbourne begin. Die wêreld se voorste 128 spelers spook sake in onderskeidelik die mans- en vroueafdeling uit. Roger Federer gaan poog om vir ʼn derde agtereenvolgende jaar dié toernooi te wen.

Van vandag se wedstryde sluit in dat (2) Rafael Nadal teen James Duckworth speel. (5) Kevin Anderson van Suid-Afrika het sy openingswedstryd teen Adrian Mannarino (FRA) met 6-3, 5-7, 6-2 en 6-1 gewen. Intussen het Suid-Afrika se Lloyd Harris ook vir die hoofloting gekwalifiseer. Lloyd speel in die eerste ronde (15) Daniil Medvedev.

In die vroueafdeling het (30) Maria Sharapova vir Harriet Dart met 6-0 en 6-0 geklop.

  • By die internasionale toernooi in Sydney het die 19-jarige Alex De Minaur sy eerste ATP titel verower. De Minaur het in die eindstryd vir Andreas Seppi met 7-5 en 7-6 geklop.

Netbal

  • In die vierhoekige-reeks in Liverpool het Suid-Afrika gister teen Australië gespeel. Australië het Suid-Afrika met 62 – 45 geklop. Komende naweek speel die Proteas teen Nieu-Seeland asook Engeland.

Gholf

  • Die Sony Ope is vanoggend in Hawaii voltooi.

1 Matt Kuchar -22

2 Andrew Putnam -18

3 Marc Leishman -17

Hudson Swafford -17

33 Rory Sabbatini -8

51 Dylan Frittelli -6

Sokker

  • Een van die legendes van Suid-Afrikaanse sokker, Phil Masinga, is gister aan kanker oorlede. Die 49-jarige Masinga het 58 keer vir Bafana Bafana gespeel.
  • In die Engelse Premierliga is daar gister twee wedstryde afgehandel.

Everton 2 – 0 Bournemouth

Tottenham Hotspur 0 – 1 Manchester United

  • In die Plaaslike Premierliga is een wedstryd gister gespeel.

Bloem Celtic  1 – 1 Golden Arrows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.