Vandag se sportnuus

Roger Federer in aksie teen Brittanje se Daniel Evans tydens hul tweede ronde-wedstryd by die Australiese Ope in Melbourne, Australië (16 Januarie 2019). Foto: Mark Schiefelbein/AP

Tennis

  • Die Australiese Ope het gister sy derde dag in Melbourne beleef.
    • Van die mansspelers wat hul tweede ronde wedstryde gewen het, sluit in (2) Rafael Nadal, (3) Roger Federer en (6) Marin Čilić. (5) Kevin Anderson het egter in die tweede ronde pakgekry toe die ongekeurde Frances Tiafoe van Amerika hom in vier stelle verslaan het.
  • In die vroue-afdeling was daar oorwinnings vir (2) Angelique Kerber, (3) Caroline Wozniacki asook (5) Sloane Stephens.
  • In die dubbelspel het Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus, wat sesde gekeur is, hul eerste ronde wedstryd in drie stelle gewen. 

Motorwedrenne

  • Die 41ste Dakar-tydren se negende skof is gister in Peru gejaag.
    • In die motorafdeling het Stephane Peterhansel, wat die tydren al dertien keer gewen het, gister na ʼn ongeluk onttrek. Die tweede laaste skof is deur Nasser Al-Attiyah (Toyota) gewen met Nani Roma tweede en Giniel de Villiers derde. Nasser Al-Attiyah se algehele voorsprong is nou 51 minute met net vandag se laaste skof wat oorbly. Nani Roma is in die tweede plek. Giniel de Villiers van Suid-Afrika (Toyota) is algeheel 8ste.
  • In die motorfietsafdeling is Toby Price (KTM) die voorloper met Pablo Quintanilla tweede. 

Duanne Olivier in aksie. Foto: Twitter/ANA

Krieket

  • Die Proteas en Pakistan se eerste eendagwedstryd word Saterdag in Port Elizabeth gespeel. Quinton de Kock en Dale Steyn sal ʼn ruskans geniet tydens die eerste twee wedstryde. Aiden Markram en Duanne Olivier neem hulle plekke in.
  • Australië en Indië se derde en finale eendagwedstryd word môre in Melbourne gespeel. Die reekstelling is een elk. 
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister hul derde dag beleef.

Kaapstad

Cape Cobras 239 en 309
Warriors 343 en 109/3

Warriors benodig 97 lopies met 7 paaltjies staande in hul tweede beurt. 

Benoni

Titans 229 en 95/5
Lions 593/5 verklaar

Titans is 269 lopies agter met net 5 paaltjies staande. 

Pietermaritzburg

Dolphins 354/7 verklaar
Knights 174/6

Die Knights is 180 lopies agter met 4 paaltjies staande. 

Die Sharks se skrumskakel, Louis Schreuder, is aangewys as kaptein van vanjaar se span vir die Superrugyreeks. Foto: Twitter

Rugby

  • Die twee Suid-Afrikaanse spanne in die Pro14-reeks speel die naweek teen mekaar in Port Elizabeth. Die Southern Kings en Cheetahs sal môreaand om 21:00 swaarde kruis. 
  • Die Sharks se skrumskakel, Louis Schreuder, is aangewys as kaptein van vanjaar se span vir die Superrugyreeks. Tendai ‘Beast’ Mtawarira sal die onderkaptein wees. 

Netbal

  • In die vierhoekige reeks in Engeland speel Suid-Afrika Saterdag teen Engeland om 19:00. Sondag om 15:30 kom die Proteas teen Nieu‑Seeland te staan. 

Gholf

  • Die eerste ronde van Abu Dhabi se HSBC Kampioenskap is gister voltooi en twee Suid-Afrikaners is onder die voorlopers. Shane Lowry het die baanrekord geëwenaar met ʼn ronde van 62.

Branden Grace. (Foto Facebook)

1 Shane Lowry -10
2 Richard Sterne -7
 Louis Oosthuizen -7
Mike Lorenzo-Vera -7
Pablo Larrazábal -7
38 Branden Grace -2
    Justin Walters -2
    Thomas Aiken -2
    Erik van Rooyen -2 
    Zander Lombard -2 

  • In Amerika begin die Career Builder‑uitdaging vandag op La Quinta in Kalifornië. Charl Schwartzel en Dylan Frittelli sal Suid-Afrika verteenwoordig. 

Jurgen Klopp (regs), bestuurder van Liverpool, en Mohamed Salah oomblikke ná die Engelse Premierliga-kragmeting tussen Brighton & Hove Albion en Liverpool by die Amex-stadion in Brighton, Engeland (12 Januarie 2019). Foto: Gareth Fuller/PA via AP

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is Liverpool steeds die voorlopers op die punteleer.

1 Liverpool 57
2 Manchester City 53
3 Tottenham Hotspur 48
4 Chelsea 47
5 Arsenal 41
6 Manchester United 41

  • In die Plaaslike Premierliga is gisteraand drie wedstryde gespeel.

Cape Town City 5–0 Free State Stars
Mamelodi Sundowns 1–0 Maritzburg United
AmaZulu 2–3 Kaizer Chiefs

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.