Vandag se sportnuus

Serwië se Novak Djokovic. (Foto: Christophe Ena, AP)

Tennis

  • Die Australiese Ope het gister sy vierde dag van vanjaar se kampioenskap in Melbourne beleef.
    • Van die manspelers wat hul tweede ronde wedstryde gewen het sluit in (1) Novak Djokovic en (4) Alexander Zverev. (7) Dominic Thiem is egter uitgeskakel.
  • In die vroue-afdeling was daar tweede ronde- oorwinnings vir (1) Simona Halep en (4) Naomi Osaka. (16) Serena Williams is ook deur na die derde ronde nadat sy vir Eugenie Bouchard geklop het.
  • In die dubbelspel sal Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus, wat sesde gekeur is, môre in die ronde van 32 in aksie wees.

Foto verskaf deur Toyota Gazoo Racing SA

Motorwedrenne

  • Die 41ste Dakar-tydren se tiende en laaste skof is gister in Peru gejaag.
    • In die motorafdeling het die algehele voorloper, Nasser Al-Attiyah (Toyota), 12de in dié laaste skof geëindig maar hy was steeds 46 minute voor Nani Roma ná tien skofte om sodoende sy derde titel in te palm. Giniel de Villiers van Suid-Afrika (Toyota) was 40ste in die laaste skof en hy was algeheel negende in die tydren.
  • In die motorfietsafdeling het Toby Price (KTM) en sy spanmaat Matthias Walker onderskeidelik die tydren in die eerste en tweede plekke voltooi.

Krieket

  • Die Proteas en Pakistan se eerste eendagwedstryd word môre in Port Elizabeth gespeel. Die wedstryd is geskeduleer om 13:00 te begin.
  • Australië en Indië se derde en finale eendagwedstryd word vandag in Melbourne gespeel. Indië het die loot gewen en doen veldwerk.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister ten einde geloop.

Kaapstad

Cape Cobras 239 en 309

Warriors 343 en 206/4

Warriors wen met ses paaltjies.

Benoni

Titans 229 en 125

Lions 593/5 verklaar

Lions wen met ʼn beurt en 239 lopies.

Pietermaritzburg

Dolphins 354/7 verklaar en 146/3 verklaar

Knights 206/9 verklaar en 181/3 (teiken was 295)

Die wedstryd eindig onbeslis.

Rugby

  • Die enigste wedstryd die naweek in die Pro14-reeks is tussen die Southern Kings en die Cheetahs. Die Cheetahs het dieselfde span behou wat vir Zebre in Italië geklop het. Nico Lee sal vir die 50ste keer in die Cheetah-trui Die wedstryd word vanaand om 21:00 in Port Elizabeth gespeel.

Sewesrugby

  • Chris Dry is terug in die Blitsbokke se span nadat hy vir meer as ʼn jaar met ʼn kniebesering gesukkel het. Dié span se volgende toernooie is in Nieu-Seeland en Australië. Stedman Gans maak ook sy terugkeer na span terwyl Selvyn Davids in die span opgeneem is in die plek van Rosco Specman wat nou by die Bulls is.

Netbal

  • In die vierhoekige reeks in Engeland speel Suid-Afrika môreaand om 19:00 teen Engeland. Sondag om 15:30 kom die Proteas teen Nieu-Seeland te staan.

Gholf

  • Die tweede ronde van Abu Dhabi se HSBC Kampioenskap is gister voltooi.

1 Shane Lowry -12

2 Richard Sterne -11

 Louis Oosthuizen -11

4 Lee Westwood -10

32 Branden Grace -2

    Justin Walters -2

    Erik Van Rooyen -2

  • In Amerika is die eerste ronde van die Career Builder-uitdaging op La Quinta in Kalifornië voltooi.

1 Phil Mickelson -12 (net 60 houe in die eerste ronde)

2 Adam Long -9

3 Curtis Luck -8

4 Trey Mullinax -7

Adam Hadwin -7

Wyndham Clark -7

Martin Laird -7

31 Rory Sabbatini -4

Hokkie

  • Suid-Afrika se binnenshuise vrouespan het hul toer na die Tsjeggiese Republiek op ʼn hoë noot afgesluit. Die Suid-Afrikaanse span het hul vierde en laaste wedstryd met 7 – 0 gewen en daarmee die reeks twee elk gemaak.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre agt wedstryde gespeel.

Wolverhampton Wanderers vs Leicester City

Manchester United vs Brighton & Hove Albion

Watford vs Burnley

Liverpool vs Crystal Palace

Newcastle United vs Cardiff City

Southampton vs Everton

Bournemouth vs West Ham United

Arsenal vs Chelsea

  • In die Plaaslike Premierliga word daar môre twee wedstryde afgehandel.

Chippa United 15:30 Maritzburg United

Black Leopards 20:15 Golden Arrows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.