Vandag se sportnuus

Spanje se Rafael Nadal. (Xinhua/AP Photos)

Tennis

  • Die Australiese Ope het gister sy sewende dag in Melbourne beleef en verskeie gekeurde spelers is uitgeskakel.
    • Van die manspelers wat deurgedring het na die kwarteindronde sluit in (2) Rafael Nadal en die ongekeurde Frances Tiafoe. Twee top-spelers is egter uitgeskakel: (14) StefanosTsitsipas het die verdedigende kampioen, (3) Roger Federer, in vier stelle uitgeskakel, en (22) Roberto Bautista Agut het op sy beurt met (6) Marin Čilić in vyf stelle afgereken.
  • In die vroue-afdeling het (8) Petra Kvitová na die kwarteind deurgedring. Twee top-spelers is egter uitgeskakel: (2) Angelique Kerber en (5) Sloane Stephens.
  • In die dubbelspel het Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus, wat sesde gekeur is, gister vir Marcelo Demoliner en Frederik Nielsen met 6 – 3 en 6 – 1 uitgeskakel om na die kwarteind deur te dring. 

Netbal

  • In die vierhoekige reeks in Engeland het Suid-Afrika Saterdag teen Engeland gespeel en met 48 – 45 koning gekraai. Gister teen Nieu-Seeland het die Proteas gelykop gespeel met 45 elk. Nieu-Seeland het die wedstryd in bykomende tyd met 62 – 60 beklink. 

Krieket

  • Suid-Afrika en Pakistan se eerste eendagwedstryd is Saterdag in Port Elizabeth gespeel en die Proteas het pak gekry.

Suid-Afrika 266/2 (Hashim Amla 108)
Pakistan 267/5
Pakistan wen met vyf paaltjies en loop met 1 – 0 voor in die reeks. Die tweede van vyf eendagwedstryde word môre in Durban gespeel.

  • Australië en Indië se derde en finale eendagwedstryd is deur Indië in Melbourne met sew paaltjies gewen. Daarmee wen hulle die reeks met 2-1.

Australië 230
Indië 234/3 (49.2/50 bb, teiken was 231)
Indië wen met sewe paaltjies (met vier balle oor)

  • In die plaaslike meerdagreeks begin daar vandag drie wedstryde.

Oos-Londen
Warriors 10:00 Dolphins 

Oudtshoorn

Cape Cobras 10:00 Titans 

Bloemfontein

Knights 10:00 Highveld Lions 

Op die jongste punteleer is die Cobras net een punt voor die Lions na afloop van die agtste ronde.

1 Cape Cobras 146
2 Highveld Lions 145
3 Warriors 119
4 Knights 101
5 Titans 94
6 Dolphins 86 

Rugby

  • In die Pro14-reeks het die Southern Kings en die Cheetahs in Port Elizabeth kragte gemeet. Die Cheetahs het die wedstryd met 24 – 17 gewen. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke speel komende naweek in die derde toernooi van die wêreldreeks in Nieu-Seeland. Aanstaande week verskuif die aandag na Australië. 

Louis Oosthuizen (Foto: Louis Oosthuizen/Facebook)

Gholf

  • In Abu Dhabi is die HSBC Kampioenskap gister voltooi.

1 Shane Lowry -18
2 Richard Sterne -17
3 Joost Luiten -15
4 Louis Oosthuizen -14
5 Søren Kjeldsen -13
6 Ian Poulter -12
Paul Waring -12
Pablo Larrazábal -12 

  • In Amerika is die Career Builder-uitdaging op La Quinta in Kalifornië voltooi.

1 Adam Long -26
2 Phil Mickelson -25
Adam Hadwin -25
4 Talor Gooch -24
5 Dominic Bozzelli -22
6 Jon Rahm -21 

Kanovaart

  • Andy Birkett het gister sy sesde agtereenvolgende titel in die Suidelike Drakensberg-uitdaging gewen. In die vroue-afdeling het Abby Solms haar agste titel verower. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gister twee wedstryde gespeel.

Huddersfield Town 0 – 3 Manchester City

Fulham  1 – 2 Tottenham Hotspur

  • In die Plaaslike Premierliga is daar ook twee wedstryde

Polokwane City 3 – 3 Bidvest Wits
SuperSport United 2 – 1 Bloemfontein Celtic

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.