Vandag se sportnuus

Raven Klaasen (Suid-Afrika) en Michael Venus (Nieu-Seeland) (Foto: AELTC, Joel Marklund via Wimbledon)

Tennis

  • Die Australiese Ope het gister sy agtste dag in Melbourne beleef.
    • Van die manspelers wat deurgedring het na die kwarteindronde sluit in (1) Novak Djokovic en (8) Kei Nishikori. Twee top-spelers is egter uitgeskakel. (16) Milos Raonic klop (4) Alexander Zverev in skoon stelle terwyl (28) Lucas Pouille met (11) Borna Coric in vier stelle afgereken het.
  • In die vroue-afdeling het (4) Naomi Osaka, (6) Elina Svitolina en (7) Karolina Pliskova na die kwarteind deurgedring. (16) Serena Williams het die top-gekeurde Simona Halep in drie stelle verslaan.
  • In die dubbelspel sal Suid-Afrika se Raven Klaasen en Michael Venus van Nieu-Seeland, wat sesde gekeur is, vandag in die kwarteind in aksie wees. Hulle stap teen die ongekeurde paar Leonardo Mayer en João Sousa op die baan.

Krieket

  • Suid-Afrika en Pakistan se tweede eendagwedstryd word vandag in Durban gespeel. Pakistan het die eerste wedstryd met vyf paaltjies gewen. Die wedstryd begin om 13:00.
  • Die eerste toets tussen die Wes Indiese Eilande en Engeland begin môre in Bridgetown.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister afgeskop.

Oos-Londen

Warriors 325/5 (96 bb)

Dolphins

Oudtshoorn

Cape Cobras

Titans 272/9 (103 bb)

Bloemfontein

Knights 312/6 (95 bb)

Highveld Lions

Rugby

  • In die Pro14-reeks is die Cheetahs sesde op die punteleer in Konferensie A. Die Southern Kings is sewende in Konferensie B.

Konferensie A

1 Munster 44

2 Glasgow Warriors 42

3 Ospreys 37

4 Connacht 37

5 Cardiff Blues 32

6 Cheetahs 26

7 Zebre 16

Konferensie B

1 Leinster 54

2 Edinburgh 35

3 Benetton 35

4 Llanelli Scarlets 34

5 Ulster 33

6 Dragons 18

7 Kings 13

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke speel komende naweek in die derde toernooi van die wêreldreeks in Nieu-Seeland. Die Blitsbokke is tans vyfde op die punteleer.

1 VSA 38

2 Nieu-Seeland 37

3 Fidji 35

4 Engeland 30

5 Suid-Afrika 29

6 Australië 25

Netbal

  • Ná die pas afgelope vierhoekige reeks in Engeland het Suid-Afrika vierde op die punteleer geëindig.
  1. Australië 4
  2. Engeland 4
  3. Nieu-Seeland 2
  4. Suid-Afrika 2

Justin Rose. Foto: Michael Dwyer/AP Photo

Gholf

  • Op die jongste gholfranglys van die wêreld is Louis Oosthuizen 25ste.

1 Justin Rose

2 Brooks Koepka

3 Dustin Johnson

4 Justin Thomas

5 Bryson DeChambeau

25 Louis Oosthuizen

52 Branden Grace

Kanovaart

  • Die 2019 Duzi Kanomarathon skuif al nader. Vanjaar se marathon word van 14 tot 16 Februarie geroei.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is Liverpool vier punte voor Man City op die jongste punteleer.

1 Liverpool 60

2 Manchester City 56

3 Tottenham Hotspur 51

4 Chelsea 47

5 Arsenal 44

6 Manchester United 44

  • In die Plaaslike Premierliga word daar vanaand twee wedstryde gespeel.

Orlando Pirates 19:30 Baroka

Highlands Park 19:30 Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.