Vandag se sportnuus

Novak Djokovic. (Foto: AP Photo/Michel Euler/ wire.africannewsagency.com)

Tennis

  • Die Australiese Ope het gister sy tiende dag in Melbourne beleef.
    • Die laaste twee manspelers het hul plek in die halfeindronde bespreek. (1) Novak Djokovic is maklik deur nadat sy opponent, Kei Nishikori, hom in die tweede stel moes onttrek weens ʼn besering. (28) Lucas Pouille het sy plek in die halfeind bespreek ná ʼn oorwinning oor (16) Milos Raonic.
  • In die vroue-afdeling het (7) Karolina Pliskova Serena Williams met 6-4, 4-6 en 7-5 uitgeskakel. Die ander speler wat die halfeind bereik het, is (4) Naomi Osaka wat vir Elina Svitolina pak gegee het.
  • In die rolstoelafdeling vir vroue is Suid-Afrika se Kgothatso Montjane in die kwarteindronde uitgeskakel. 

Krieket

  • Suid-Afrika en Pakistan se derde eendagwedstryd word môre in Centurion gespeel. Beuran Hendricks sluit hom by Quinton de Kock en Dale Steyn aan vir die laaste drie wedstryde in dié reeks. Hulle vervang Duanne Olivier, Dane Paterson en Heinrich Klaasen in die groep van 13 spelers. Die reekstelling is tans een elk. 
  • Nieu-Seeland en Indië het mekaar gister in Napier in hul eerste eendagwedstryd gepak.

Nieu-Seeland 157
Indië 156/2 (34.5/49 bb, teiken was 156)
Indië wen met 8 paaltjies (met 85 balle oor op die D/L metode)

  • Intussen het Krieket Indië aangekondig dat sy kaptein, Virat Kohli, ʼn ruskans gaan kry tydens die vierde en vyfde eendagwedstryde teen Nieu-Seeland. Kohli sal ook tydens die komende internasionale T20-reeks ʼn ruskans geniet.
  • Die eerste toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Engeland het gister in Bridgetown begin. Die Windies kolf eerste en aan die einde van die eerste dag was hulle op 264/8.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister hul derde dag beleef.

Oudtshoorn
Titans 275 en 151 (Dane Piedt het 13 paaltjies platgetrek)
Cape Cobras 375 en 52/2
Cape Cobras wen met agt paaltjies.

Oos-Londen
Warriors 436/7 verklaar en 163/9
Dolphins 325
Die Warriors loop met 274 lopies voor met een paaltjies staande. 

Bloemfontein
Knights 357 en 46/3
Highveld Lions 490
Die Knights is nog 87 lopies agter met sewe paaltjies staande. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke speel dié naweek in Waikato in die derde toernooi van die wêreldreeks. Suid-Afrika het ʼn paar spelers wat spog met baie ondervinding in sy span. Dit sluit die kaptein, Philip Snyman (56 toernooie), Kyle Brown (67 toernooie), Chris Dry (64 toernooie) en Branco du Preez (63 toernooie) in. 

Rugby

  • Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi sal weer die Stormers in vanjaar se Superrugby-reeks aanvoer. 
  • Drie Pro14-wedstryde word môre gespeel.

Leinster 21:35 Llanelli Scarlets
Ulster 21:35 Benetton Treviso
Glasgow Warriors 21:35 Ospreys 
Gholf

  • Die Omega Dubai Desert Classic begin vanoggend met 17 Suid-Afrikaners wat in aksie sal wees. Trevor Immelman is een van die spelers wat om 07:10 op die bof sal wees om die toernooi te begin. 
  • In Amerika begin die Farmers Insurance Ope vandag. Die voorste speler in die wêreld, Justin Rose, speel die eerste twee rondes saam met Jordan Spieth en Billy Horschel. Jon Rahm is saam Rickie Fowler en Brandt Snedeker op die bof. 

Sokker

  • In die Engelse Ligabeker is daar gisteraand een wedstryd gespeel.

Burton Albion 0 – 1 Manchester City

  • In die Nedbankbeker is twee wedstryde gisteraand in die ronde van 32 afgehandel.

Polokwane City 1 – 2 Tshakhuma Tsha Madzivhandila
Bidvest Wits 4 – 0  Boyne Tigers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.