By die ATP Indian Wells Meesters het Rafael Nadal met Fernando Verdasco klaargespeel deur hom met 6-3 en 7-5 te klop. Hy sal in die vierde ronde teen Roger Federer te staan kom.
In die vroue-enkelspel het die agste gekeurde Rus, Svetlana Kuznetsova, vir Caroline Garcia maklik met 6-1 en 6-4 geklop.
Superrugby
Van die spanne vir die komende naweek is bekend gemaak en toon verskeie veranderinge. Dit sluit in dat die Bulls se Springbok-senter Jan Serfontein sy terugkeer maak en in sy 49ste wedstryd vir die Bulls sal speel. Die Bulls kom in Pretoria teen die Sunwolves te staan.
Die Lions se flank Cyle Brink sal Saterdag se kragmeting teen die Reds misloop as gevolg van ʼn skouerbesering. Vier ster-spelers, Elton Jantjies, Rohan Janse van Rensburg, Franco Mostert en Lionel Mapoe, behoort hul terugkeer na die span te maak.
Uit die Stormers se kamp is die nuus dat Jean-Luc du Plessis beseer is en ʼn paar wedstryde gaan misloop.
Kom ons loer na die naweek se bepalings vir die Suid-Afrikaanse spanne:
Varsityrugby
Die jongste punteleer lyk so:
Sesnasiesrugby
Die reeks staan einde se kant toe met die laaste ronde wedstryde wat Saterdag gespeel word. Engeland het reeds verseker dat hulle die Sesnasies-titel gaan behou.
Internasionale krieket
Die tweede toets tussen die Proteas en Nieu-Seeland begin môre in Wellington. Spel begin om middernag Suid-Afrikaanse tyds (vandag).
Intussen is Dane Piedt, die kaptein van die Cape Cobras, deur die Proteas versoek om hom in Nieu-Seeland by die span aan te sluit vir die derde toets.
De tweede toets tussen Sri Lanka en Bangladesj begin ook vandag.
T20-krieket
Afganistan en Ierland meet vandag kragte in hul eerste T20-wedstryd.
In die Momentum-eendagreeks word een wedstryd vandag beslis:
Die Lions pak die Dolphins vanmiddag om 14:00 op Senwes Park in Potchefstroom.
Gholf
In die Amerikaanse reeks is die fokus van môre af op die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi wat op Bay Hill in Orlando, Florida, gespeel word.
Motorwedrenne
Die Formule Een-seisoen asook die Moto GP-reeks begin aanstaande naweek met die eerste wedrenne wat op 26 Maart gejaag word.
Sokker
En in die EUFA-kampioenliga is daar ook twee wedstryde afgehandel:
Juventus 1 – 0 Porto
Leicester City 2 – 0 Sevilla
Vanaand word twee wedstryde gespeel:
Atlético Madrid v Bayer Leverkusen
Monaco v Manchester City
En in die plaaslike Premierliga is een wedstryd gespeel:
Mamelodi Sundowns 0 – 0 Polokwane City