Vandag se sportnuus

Griekeland se Stefanos Tsitsipas antwoord vrae tydens ʼn mediakonferensie nadat hy deur Rafael Nadal in die halfeind geklop is (24 Januarie 2019). Foto: Aaron Favila/AP

Tennis

  • Die Australiese Ope het gister sy 11de dag in Melbourne beleef.
    • In die eerste halfeind vir die manspelers het (2) Rafael Nadal sy plek in die eindstryd bespreek toe hy (14) Stefanos Tsitsipas in skoon stelle met 6-2, 6-4 en 6-0 geklop het. Vandag speel (1) Novak Djokovic teen (28) Lucas Pouille vir ʼn plek in die eindstryd.
  • In die vroue-afdeling het (4) Naomi Osaka in drie stelle met (7) Karolina Pliskova afgereken om die eindstryd te bereik. Die ander speler wat die eindstryd bereik het, is (8) Petra Kvitová wat Danielle Rose Collins in skoon stelle geklop het.

Krieket

  • Suid-Afrika en Pakistan se derde eendagwedstryd word vandag in Centurion gespeel. Die reekstelling is tans een elk. 
  • Nieu-Seeland en Indië se tweede eendagwedstryd word môre gespeel.
  • Australië en Sri Lanka se eerste toets het gister in Brisbane begin. Die Aussies het vroeg op dag twee hul derde en vierde paaltjies verloor.

Sri Lanka 144
Australië 90/4 

  • Die eerste toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Engeland het gister sy tweede dag in Bridgetown beleef.

Wes-Indiese Eilande 289 & 127/6 (36 bb)
Engeland 77

Die Windies is 339 lopies voor met 4 paaltjies staande.

  • In die plaaslike meerdagreeks het twee wedstryde gister ten einde geloop.  

Engeland se Ben Stokes (regs) en sy spanmaat Keaton Jennings op die tweede dag van die eerste toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Engeland in Bridgetown, Barbados (24 Januarie 2019). Foto: Ricardo Mazalan/AP

Oos-Londen

Warriors 436/7 verklaar en 163/9
Dolphins 325 en 171/5

Die wedstryd eindig onbeslis. 

Bloemfontein

Knights 357 en 208
Highveld Lions 490 en 75/5

Die Lions wen met 5 paaltjies. 

Oudtshoorn

Eergister het die Cape Cobras hul wedstryd teen die Titans met 8 paaltjies gewen. 

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke speel dié naweek in Waikato in die derde toernooi van die wêreldreeks. Indien Kyle Brown in die eerste wedstryd teen Kenia op die veld draf, sal dit sy 68ste wedstryd in die reeks wees. Dit ewenaar Frankie Horne se rekord wat hy in 2015 daargestel het. Horne se rekord in die wêreldreeks staan op 68 agtereenvolgende wedstryde. 

Rugby

  • Drie Pro14-wedstryde word vanaand gespeel terwyl albei Suid-Afrikaanse spanne ook die naweek in aksie is.

Vrydag

Leinster 21:35 Llanelli Scarlets
Ulster 21:35 Benetton Treviso
Glasgow Warriors 21:35 Ospreys

Saterdag

Cheetahs 15:00 Zebre
Dragons 17:00 Munster
Kings 17:15 Edinburgh 

  • Die Bulls en die Lions speel môre in Pretoria in ʼn opwarmingswedstryd vir die Superreeks teen mekaar. 

Ernie Els (Foto: SA Open/Twitter)

Gholf

  • Die Omega Dubai Desert Classic het gister begin.

1 Matthew Fitzpatrick -7
2 Matthieu Pavon -6
Callum Shinkwin -6
Romain Langasque -6
Bryson Dechambeau -6
Sergio Garcia -6
Thongchai Jaidee -6
Scott Hend -6
Kalle Samooja -6
10 Christiaan Bezuidenhout -5
19 Ernie Els -4 

  • In Amerika is die eerste ronde van die Farmers Insurance Ope afgehandel.

1 Jon Rahm -10 (62)
2 Justin Rose -9
Doug Ghim -9
4 CT Pan -8
5 Jordan Spieth -7
53 Branden Grace -2
    Charl Schwartzel -2
    Tiger Woods -2 

Atletiek

  • Die IAAF se Wêreld- binnenshuise toer begin môreaand in Boston in die VSA. Dié reeks sluit byeenkomste in Karlsruhe (2 Februarie), Torun (6 Februarie), Madrid (8 Februarie) en Birmingham (16 Februarie) in. Die eindbyeenkoms word op 20 Februarie in Düsseldorf aangebied. 

Chelsea-spelers reageer nadat David Luiz die wendoel in ʼn doeluitskietstryd tussen Chelsea en Tottenham Hotspur aangeteken het. Foto: Matt Dunham/AP

Sokker

  • In die Engelse Ligabeker is daar gisteraand een wedstryd gespeel.

Chelsea (4) 2–1 (2) Tottenham Hotspur (doeluitskietstryd)

  • In die Nedbankbeker word daar vanaand twee wedstryde gespeel.

Cape Umoya United 15:00 Tshwane University of Technology
AmaZulu FC 20:00 Highlands Park

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.