Vandag se sportnuus

Novak Djokovic van Serwië vier sy oorwinning oor Spanje se Rafael Nadal by die Australiese Ope (27 Januarie 2019) (Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein)

Tennis

  • Die Australiese Ope het die naweek ten einde geloop.
    • In die mansenkelspel se eindstryd het (1) Novak Djokovic foutlose tennis gespeel en vir (2) Rafael Nadal in skoon stelle met 6-3, 6-2 en 6-3 geklop. Dit was Djokovic se sewende Australiese Ope-titel.
    • In die vroue-afdeling het (4) Naomi Osaka die eindstryd gewen deur (8) Petra Kvitová te verslaan. Dit was Osaka se tweede Grand Slam in ʼn ry.

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke het die naweek aan die derde toernooi van die wêreldreeks in Nieu-Seeland deelgeneem en vierde geëindig. In die Groepfase het die Blitsbokke vir Kenia, Frankryk en Skotland geklop. In die kwarteind het ons met Samoa afgereken om deur te dring na die halfeindstryd. Fidji het Suid-Afrika in die halfeind met 29 – 7 geklop en in die uitspeel om die derde plek het Nieu-Seeland ons ook met 29 – 7 getroef. Dié toernooi is deur Fidji gewen wat die VSA met 38 – 0 kafgedraf het. Die volgende toernooi word komende naweek in Sydney gespeel.
  • Vier Pro14-wedstryde is die Saterdag gespeel.

Cardiff Blues 8 – 7 Connacht
Kings 25 – 21 Edinburgh
Newport Gwent Dragons 7 – 8 Munster
Cheetahs 61 – 28 Zebre

  • Die Bulls het die Lions in ʼn opwarmingswedstryd vir die Superreeks met 21 – 17 geklop.

Krieket

  • Shadab Khan van Pakistan (tweede van links) vier die oomblik toe Suid-Afrika se Faf du Plessis die veld moes verlaat (Wanderers-stadion, 27 Januarie 2019)(Foto: AP Photo/Themba Hadebe)

    Suid-Afrika en Pakistan se vierde eendagwedstryd is gister op die Wanderers gespeel. Pakistan het die wedstryd op ʼn drafstap gewen en die reekstelling twee elk gemaak.

Suid-Afrika 164
Pakistan 168/2
Pakistan wen met 8 paaltjies met 111 balle oor.
Die vyfde en laaste wedstryd word Woensdag in Kaapstad gespeel.

  • Nieu-Seeland en Indië se derde eendagwedstryd word vandag afgehandel. Indië loop met twee nul voor in dié reeks van vyf wedstryde.
  • Australië en Sri Lanka se eerste toets in Brisbane is gemaklik deur Australië met ʼn beurt en 40 lopies gewen.
  • Die eerste toets tussen die Wes-Indiese Eilande en Engeland het Saterdag reeds geëindig.

Wes-Indiese Eilande 289 & 415/6 verklaar
Engeland 77 en 246
Die Windies wen met 381 lopies.

  • In die plaaslike meerdagreeks begin die laaste ronde wedstryde vandag.

Potchefstroom
Highveld Lions 10:00 Warriors
Pietermaritzburg
Dolphins 10:00 Cape Cobras
Benoni
Titans 10:00 Knights

Op die punteleer is die Cape Cobras net drie punte voor die Lions.
1 Cape Cobras 171
2 Highveld Lions 168
3 Warriors 128
4 Knights 108
5 Titans 99
6 Dolphins 92

Gholf

  • Die Omega Dubai Desert Classic het gister ten einde geloop.

1 Bryson Dechambeau -24
2 Matt Wallace -17
3 Sergio Garcia -16
Haotong Li -16
Ian Poulter -16
Alvaro Quiros -16
Paul Waring -16
8 Justin Harding -15
13 Ernie Els -14

  • In Amerika is die Farmers Insurance Ope afgehandel.

1 Justin Rose -21
2 Adam Scott -19
3 Hideki Matsuyama -16
Talor Gooch -16
5 Jason Day -14
Rory McIlroy -14
Jon Rahm -14

Atletiek

  • Die IAAF se Wêreld-binnenshuise toer het Saterdag in Boston begin. Yomif Kejelcha het die myl in 3:51.70 gewen. Die volgende byeenkoms is in Karlsruhe op 2 Februarie.

Sokker

  • In die Engelse FA-beker is daar gister twee wedstryde gespeel.

Chelsea 3 – 0 Sheffield Wednesday
Crystal Palace 2 – 0 Tottenham Hotspur

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.