Vandag se sportnuus

Wiaan Mulder (Foto: Cricket SA/Twitter)

Krieket

  • Die wêreldbekertrofee het gister in Kaapstad aangekom en sal tot 7 Februarie deur die land toer. Dié trofee sal 20 lande en 40 stede op sy toer, wat reeds op 27 Augustus verlede jaar begin het, besoek. Die toer eindig op 18 Februarie in Duitsland.
  • Suid-Afrika en Pakistan se vyfde en beslissende eendagwedstryd word vandag in Kaapstad gespeel en begin om 13:00. Intussen is die veelsydige Wiaan Mulder opgeroep om hom by die Protea-span aan te sluit vir dié kragmeting. Die reekstelling is tans twee elk.
  • Nieu-Seeland en Indië se vierde eendagwedstryd word môre afgehandel. Indië het reeds die reeks ingepalm en loop met drie-nul voor.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se tweede toets begin ook môre.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister hul tweede dag beleef.

Potchefstroom
Highveld Lions 440
Warriors 314/6
Die Warriors is 126 lopies agter met 4 paaltjies staande in hul eerste beurt.

Pietermaritzburg
Dolphins 310
Cape Cobras 245/3 (78 ov)
Cape Cobras is 65 lopies agter met 7 paaltjies staande in hul eerste beurt.

Benoni
Titans
Knights
Geen spel was op beide dae moontlik nie as gevolg van ʼn nat buiteveld.

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke speel komende naweek in die vierde toernooi van die wêreldreeks in Sydney. Die Blitsbokke is in Groep D saam met Australië, Argentinië en Tonga ingedeel vir die groepfase. Die ander groepe lyk sò:

A: Fidji, Samoa, Engeland, Japan
B: VSA, Kanada, Kenia, Frankryk
C: Nieu-Seeland, Skotland, Spanje, Wallis

Rugby

  • Die Sesnasies-toernooi skop Vrydag af met een wedstryd wat gespeel word. Frankryk is die gasheer op Stade de France wanneer hulle Wallis die stryd aansê. Die wedstryd begin om 22:00.
  • Die opwinding is besig om op te bou vir Sondag se dubbele Superrugby opwarmingsstryd in Kaapstad. Al vier Suid-Afrikaanse franchises sal in aksie wees.
    • 14h00: Lions (Spiderman) teen Sharks (Black Panther).
    • 16h15: Stormers (Thor) teen Bulls (Captain America).

Gholf

  • Suid-Afrika se Sonskynreeks begin môre met die PGA Kampioenskap wat op die Eye of Africa Gholflandgoed in die suide van Gauteng gespeel word.
  • In Europa val die fokus op die Saoedi Internasionale Toernooi wat môre op die Royal Greens Buiteklub in Saoedi-Arabië begin. Vier van die wêreld se vyf topspelers sal in aksie wees. Hulle is Justin Rose, Brooks Koepka, Dustin Johnson en Bryson DeChambeau.

Motorwedrenne

  • Formule Een gaan vir die eerste keer ʼn bekendstelling voor die eerste Grand Prix-wedren van die jaar hou. Al die spanne, motors en renjaers sal op 13 Maart in Melbourne aan dié bekendstelling deelneem.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga was daar gisteraand ses wedstryde gespeel.

Fulham 4 – 2 Brighton & Hove Albion
Arsenal 2 – 1 Cardiff City
Huddersfield Town 0 – 1 Everton
Wolverhampton Wanderers 3 – 0 West Ham United
Manchester United 2 – 2 Burnley
Newcastle United 2 – 1 Manchester City

  • In die plaaslike Premierliga was daar gisteraand een wedstryd afgehandel.

Mamelodi Sundowns 0 – 2 AmaZulu FC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

koos ·

Ek is bevrees dat dit die naaste sal wees wat die krieketwêreldbeker in SA gaan wees.
Met ons span soos dit nou staan behoort ons nie eers na die kwarteindrondte te gaan nie.
Ons het nie ‘n behoorlike draai bouler nie, ons het nie ‘n behoorlike “all rounder” nie, en voeter rond met die klof orde. Ek (probeer) die spanbou ding verstaan, maar geen wêreldbeker word gewen met spelers wat 5 jaar terug op hulle beste was nie. Faf van ouds het gegroet toe AB gegroet het. Amla kon beswaarlik vir die algelope 3 jaar ‘n gemiddeld van 20 handhaaf. Steyn kan met enige bal wat hy aflewer beseer word. Thair gee nie om hoeveel lopies hy afstaan nie, hy jag net paaltjies, en so kan ons maar opnoem.
Daar moet baie water in die see loop voordat ons Proteas weer ‘n krag in krieket gaan wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.