Vandag se sportnuus

Shadab Khan van Pakistan (tweede van links) vier die oomblik toe Suid-Afrika se Faf du Plessis die veld moes verlaat (Wanderers-stadion, 27 Januarie 2019)(Foto: AP Photo/Themba Hadebe)

Krieket

  • Suid-Afrika en Pakistan se vyfde en beslissende eendagwedstryd is gister in Kaapstad gespeel en Suid-Afrika het die wedstryd en die reeks gewen. Pakistan is ingestuur om te kolf en die span het 240/8 aangeteken. Die Proteas het die wentelling (241/3) in 40 boulbeurte verbygesteek en met 7 paaltjies geseëvier. (De Kock 83, Du Plessis 50*, Van der Dussen 50*, Phehlukwayo 2-42, Pretorius 2-46). Suid-Afrika wen die reeks met 3-2. Die eerste T20-wedstryd word môre om 18:00 op Nuweland gespeel.
  • Nieu-Seeland en Indië se vierde eendagwedstryd word vandag in Hamilton gespeel. Indië loop reeds met drie-nul voor.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se tweede toets begin ook vandag. Engeland se aanvangskolwer, Keaton Jennings, is weggelaat uit die span vir die tweede toets. Hy word vervang deur Joe Denly.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister hul derde dag beleef. Vandag se laaste dag gaan bepaal of die Cobras of Lions as die 2019-kampioene gekroon gaan word.

Potchefstroom

Highveld Lions 440 en 292/9

Warriors 314/6

Die Lions loop met 329 lopies voor met 1 paaltjie staande in hul tweede beurt.

Pietermaritzburg

Dolphins 310 en 66/0

Cape Cobras 523/7 verklaar

Dolphins is 147 lopies agter met 10 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Benoni

Titans

Knights

Geen spel was op die eerste drie dae moontlik nie weens ʼn nat buiteveld.

Sewesrugby

  • Die vierde toernooi van die wêreldreeks word die naweek in Sydney gespeel. Die Blitsbokke speel Saterdag 01:50 hul eerste wedstryd teen Tonga.

Rugby

  • Drie wedstryde word die naweek tydens die eerste ronde van die Sesnasies-toernooi

Vrydag

Frankryk 22:00 Wallis

Wallis se afrigter Warren Gatland het Tomas Williams as skrumskakel bo die ervare Gareth Davies gekies.

Saterdag

Skotland 16:15 Italië

Ierland 18:45 Engeland

  • In die Pro14-kompetisie speel die Cheetahs en die Kings Saterdag in Bloemfontein teen mekaar.
  • Sondag word die dubbele Superrugby-opwarmingstryd in Kaapstad afgehandel.
    • 14:00: Lions (Spiderman) teen Sharks (Black Panther)
    • 16:15: Stormers (Thor) teen Bulls (Captain America)

Gholf

  • Suid-Afrika se Sonskynreeks het vanoggend met die PGA-kampioenskap op die Eye of Africa-gholflandgoed afgeskop.
  • In Europa begin die Saoedi Internasionale Toernooi vanoggend in Saoedi-Arabië. Altesaam 14 Suid-Afrikaners is in aksie.
  • In Amerika slaan die spelers later vandag af in die Phoenix Ope in Scottsdale. Charl Schwartzel en Branden Grace sal as Suid-Afrikaners hul stokke swaai.

Tennis

  • Die nuwe Davisbeker-formaat skop die naweek af wanneer 12 kragmetings wêreldwyd gespeel word. Die 12 wenspanne sal hulle in November by verlede jaar se halfeindspanne, Kroasië, VSA, Frankryk en Spanje asook die twee promotorskeuses, Brittanje en Argentinië, aansluit vir die finale week.

Motorwedrenne

  • Mercedes se nuwe Formule Een-motor, wat Lewis Hamilton na sy sesde kampioenskapstitel kan lei, sal op 13 Februarie op Silverstone getoets word. Mercedes het die afgelope vyf bestuurderskampioenskappe asook vervaardigersafdeling gewen.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is daar gisteraand vier wedstryde gespeel.

Bournemouth 4–0 Chelsea

Southampton 1–1 Crystal Palace

Tottenham Hotspur 2–1 Watford

Liverpool 1–1 Leicester City

  • In die plaaslike Premierliga is daar gisteraand een wedstryd afgehandel.

Kaizer Chiefs 0–1 Cape Town City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.