Vandag se sportnuus

Blitzbokke (Foto: Justin Geduld/Facebook)

Sewesrugby

  • Die vierde toernooi van die wêreldreeks word dié naweek in Sydney gespeel. Die Blitsbokke se Justin Geduld sal een van die sleutelspelers vir Suid-Afrika wees wanneer 16 spanne mekaar die stryd aansê. Geduld, wat reeds 200 wedstryde agter die blad het, spog met 872 punte agter sy naam (89 drieë, 212 doelskoppe en ʼn strafdoel). Spel begin vanaand 24:00 Suid-Afrikaanse tyd wanneer Skotland teen Spanje uitdraf.

Rugby

  • Drie wedstryde word die naweek tydens die eerste ronde van die Sesnasies-toernooi

Vrydag
Frankryk 22:00 Wallis
Saterdag
Skotland 16:15 Italië
Ierland 18:45 Engeland

  • In die Pro14-kompetsie word daar dié naweek net een wedstryd gespeel.

Saterdag
Cheetahs 16:00 Kings

  • Die twee plaaslike Superrugby opwarmingswedstryde word Sondag in die Kaapstad-stadion afgehandel. Meer as 50 000 kaartjies is reeds verkoop.

Sondag
Lions (Spiderman) 14:00 Sharks (Black Panther).
Stormers (Thor) 16:15 Bulls (Captain America).

Krieket

  • Die Proteas vier ‘n oorwinning teen Pakistan (Foto: Cricket SA/Twitter)

    Suid-Afrika en Pakistan se eerste T20-wedstryd word vanaand op Nuweland gespeel. Die tweede wedstryd is vir Sondag geskeduleer en die derde vir Woensdag.

    • Intussen het die Proteas se afrigter, Ottis Gibson, bekend gemaak dat die keurders steeds hul opsies oophou vir die aanwys van die wêreldbekergroep. Daar is nog vyf eendagwedstryde teen Sri Lanka wat voorlê.
  • Nieu-Seeland en Indië se vierde eendagwedstryd is in Hamilton gespeel.

Indië 92
Nieu-Seeland 93/2 (14.4/50 bb, teiken was 93)
Nieu-Seeland wen met 8 paaltjies met 212 balle oor. Indië loop nou met drie-een voor in die reeks van vyf wedstryde.

  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se tweede toets het gister in North Sound begin.

Engeland 187
Windies 30/0 (21 bb)
Die Windies is 157 lopies agter met 10 paaltjies staande in hul eerste beurt.

  • Australië en Sri-Lanka se tweede toets het vandag in Canberra begin. Die Aussies kolf eerste. Met middagete was die Aussies op 103/3.
  • In die plaaslike meerdagreeks het die reeks gister ten einde geloop toe die laaste drie wedstryde afgehandel is. Die Lions is as die meerdagkampioene gekroon nadat hulle die Warriors op ʼn dramatiese laaste dag met 84 lopies geklop het. Die Cobras, wat die voorlopers op die punteleer was, se wedstryde teen die Dolphins het onbeslis geëindig.

Potchefstroom
Highveld Lions 440 en 292/9
Warriors 314/6 en 245
Die Lions wen met 84 lopies.

Pietermaritzburg
Dolphins 310 en 358/2
Cape Cobras 523/7 verklaar
Die wedstryd eindig onbeslis.

Benoni
Titans
Knights
Geen spel was in die wedstryd moontlik nie as gevolg van ʼn nat buiteveld.

Finale punteleer vir die 2018/19 meerdagreeks
1 Highveld Lions 195.22
2 Cape Cobras 186
3 Warriors 143.84
4 Knights 113.04
5 Dolphins 110.16
6 Titans 104.66

Gholf

  • In die Sonskynreeks het die PGA Kampioenskap gister op die Eye of Africa Gholflandgoed afgeskop.

1 Victor Lange -7
   JC Ritchie -7
3 Trevor Fisher Jnr -6
4 Steve Surry -5
Daniel Greene -5
   Estiaan Conradie -5

  • In Europa het die Saoedi Internasionale Toernooi gister in Saoedi-Arabië begin.

1 Thomas Pieters -7
2 Justin Harding -5
   Ross Fisher -5
   Zander Lombard -5
   Renato Paratore -5
Jake Mcleod -5
Alfie Plant -5

  • In Amerika is die Phoenix Ope se eerste ronde in Scottsdale voltooi.

1 Justin Thomas -7
Rickie Fowler -7
Harold Varner III -7F
4 Martin Laird -6
J.T. Poston -6
11 Branden Grace -4

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre sewe wedstryde afgehandel.

Tottenham Hotspur 14:30 Newcastle United
Burnley 17:00 Southampton
Chelsea 17:00 Huddersfield Town
Brighton & Hove Albion 17:00 Watford
Crystal Palace 17:00 Fulham
Everton 17:00 Wolverhampton Wanderers
Cardiff City 19:30 AFC Bournemouth

  • In die plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel.

Bidvest Wits 20:00 Maritzburg United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.