Vandag se sportnuus

Die Blitsbokke se Zain Davids. Foto: David van der Sandt/ANA

Sewesrugby

  • Die vierde toernooi van die wêreldreeks is die naweek in Sydney gespeel. Die Blitsbokke het bo aan die punteleer in Groep D geëindig maar egter in die kwarteind teen Engeland vasgeval. Suid-Afrika het uiteindelik vyfde geëindig. Die toernooi is deur Nieu-Seeland gewen wat die VSA met 21 – 5 geklop het. Engeland het vir Fidji in die uitspeel om die derde plek met 19 – 17 uitoorlê.

Rugby

  • Drie wedstryde is die naweek tydens die eerste ronde van die Sesnasies-toernooi

Frankryk 19 – 24 Wallis

Skotland 33 – 20 Italië

Ierland 20 – 32 Engeland

  • In die Pro14-kompetsie was dié naweek net een wedstryd gespeel en die Cheetahs het hul vierde oorwinning in ʼn ry behaal.

Cheetahs 40 – 36 Kings

  • Die twee plaaslike Superrugby‑opwarmingswedstryde is gister in die Kaapstad‑stadion afgehandel.

Ierland het met 20-32 teen Engeland vasgeval tydens eerste ronde van die Sesnasies-toernooi. AP Photo/Scott Heppell

Sondag

Lions (Spiderman) 19 – 14 Sharks (Black Panther)

Stormers (Thor) 33 – 28 Bulls (Captain America)

Varsitybeker

          Die 2019‑seisoen skop vandag af met vier wedstryde wat gespeel word.

UJ 16:45 NWU-Pukke

UP-Tuks 18:30 CUT

UCT Ikeys 18:30 UWC

Maties 19:00 Wits

Krieket

  • Suid-Afrika en Pakistan se eerste T20-wedstryd is Vrydag deur die Proteas met 6 lopies gewen. Die tweede wedstryd in dié reeks van drie is gister op die Wanderers gespeel en Suid-Afrika het met 7 lopies geseëvier (David Miller 65 lopies van 29 balle). Daarmee beklink die Proteas die reeks met 2 – 0. Die derde en laaste wedstryd word Woensdag in Centurion afgehandel.
  • Nieu-Seeland en Indië se vyfde en laaste eendagwedstryd is in Wellington gespeel.

Indië 252

Nieu-Seeland 217

Indië wen met 35 lopies en wen die reeks met 4 – 1.

  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se tweede toets is in North Sound deur die Windies met 10 paaltjies gewen.
  • Australië en Sri-Lanka se tweede toets word in Canberra gespeel. Australië is in ʼn gunstige posisie om ook dié toets te wen.
  • Suid-Afrika se vrouespan het Sri-Lanka in die tweede T20-kragmeting met twee paaltjies geklop om die reeks te beklink.

Gholf

  • In die Sonskynreeks het die PGA‑kampioenskap gister op die Eye of Africa‑gholflandgoed geëindig.

1 Louis de Jager -12 (valbylstryd)

2 Trevor Fisher Jnr -12

3 Daniel Greene -11

4 Thriston Lawrence -10

5 Bennie van der Merwe -9

  • In Europa het die Saudi Internasionale Toernooi gister in Saoedi-Arabië ten einde geloop.

1 Dustin Johnson -19

2 Haotong Li -17

3 Tom Lewis -16

11 Justin Harding -10

13 Richard Sterne -9

  • In Amerika is die Phoenix Ope in Scottsdale voltooi. Suid-Afrika se Branden Grace het tweede geëindig.

Branden Grace in aksie tydens die Phoenix Ope. AP Photo/Matt York

1 Rickie Fowler -17

2 Branden Grace -15

3 Justin Thomas -14

4 Chez Reavie -12

Bubba Watson -12

Matt Kuchar -12

  • By Canon se Sonskynreeks vir vroue se Ope-toernooi het Ashleigh Buhai met vier houe geseëvier.

208 – Ashleigh Buhai 67 68 73

212 – Stacy Bregman 72 72 68

214 – Lejan Lewthwaite 76 70 68

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is gister twee wedstryde afgehandel.

Manchester City 3 – 1 Arsenal

Leicester City 0 – 1 Manchester United

In die plaaslike Premierliga is gister twee wedstryde gespeel.

Bloemfontein Celtic 3 – 0 Black Leopards

Baroka 1 – 1 Chippa United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.