Vandag se sportnuus

Werner Kok (Foto Twitter @Blitzboks)

Sewesrugby

  • Ná die vierde toernooi van die wêreldreeks in Sydney is Suid-Afrika steeds vierde op die punteleer.
  1. Nieu-Seeland 76
  2. VSA 76
  3. Fidji 72
  4. Suid-Afrika 57
  5. Engeland 55
  • Die topverdediger in die reeks is Werner Kok met 56 duikslae. Die voorste puntemaker in die reeks is Siviwe Soyizwapi met 80 punte (16 drieë).
  • Die volgende been van die wêreldreeks word van 1 tot 3 Maart in Las Vegas gespeel.

Rugby

  • Ná die naweek se eerste ronde van die Sesnasies-toernooi is Skotland die voorloper op die punteleer.

1 Skotland 5

2 Engeland 5

3 Wallis 4

4 Frankryk 1

5 Ierland 0

6 Italië 0

  • Intussen het dit bekend geword dat CJ Stander (Ierland se agtsteman) minstens die volgende twee wedstryde in die Sesnasies-toernooi gaan misloop weens ʼn gesigbesering. Skotland se WP Nel het ʼn kuitbesering opgedoen en daar is vraagtekens oor sy beskikbaarheid vir die wedstryd teen Ierland dié naweek.
  • Op die jongste wêreldranglys vir rugbyspelende lande is Nieu-Seeland steeds eerste.
  1. Nieu-Seeland 92.54
  2. Ierland 89.37
  3. Engeland 88.02
  4. Wallis 87.55
  5. Suid-Afrika 84.58
  6. Australië 82.40
  7. Skotland 81.84
  8. Fidji 77,95
  9. Argentinië 77.05
  10. Frankryk 77.02
  • In die Pro14-kompetisie is Munster steeds die voorloper in Konferensie A terwyl Leinster die pas aangee in Konferensie B. Die Cheetahs is sesde in Konferensie A en die Kings sewende in B.
  • Die Suid-Afrikaanse skeidsregter AJ Jacobs is aangestel as een van twee nuwe wedstrydbeamptes vir vanjaar se Superrugby-reeks.

Die kapteins vir die komende Varsitybeker. Foto: Varsitybeker Facebookblad.

Varsitybeker

  • Die 2019-seisoen het gister afgeskop met vier wedstryde wat gespeel is.

UJ 8–23 NWU-Pukke

UP-Tuks 23–6 CUT

UCT Ikeys 32–24 UWC

Maties 33–17 Wits

Krieket

  • Suid-Afrika en Pakistan se derde en laaste T20-wedstryd word môre in Centurion afgehandel. Suid-Afrika is tans derde op die T20-wêreldranglys.

1 Pakistan 134

2 Indië 126

3 Suid-Afrika 120

4 Engeland 118

5 Australië 117

6 Nieu-Seeland 113

  • Nieu-Seeland en Indië se eerste T20-wedstryd word môre beslis.

Branden Grace in aksie tydens die Phoenix Ope. AP Photo/Matt York

Gholf

  • Branden Grace het ná sy tweede plek in die naweek se Phoenix Ope na die 40ste posisie op die wêreldranglys opgeskuif.

1 Justin Rose

2 Brooks Koepka

3 Dustin Johnson

4 Justin Thomas

5 Bryson DeChambeau

25 Louis Oosthuizen

40 Branden Grace

  • In die Sonskynreeks vir vroue begin Serengeti se spankompetisie, met ʼn prysgeld van R100 000, vandag. Lejan Lewthwaite en Nobuhle Dlamini is Suid-Afrika se groot hoop in dié toernooi.

Kanovaart

  • Die Spaanse ster, Ivan Alonso, het hom ingeskryf vir die Dusi-kanomarathon wat oor minder as twee weke plaasvind. Alonso spog met drie wêreldtitels agter sy naam.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is gister een wedstryd afgehandel.

West Ham United 1–1 Liverpool

In die plaaslike Premierliga is Wits gemaklik voor op die punteleer.

1 Bidvest Wits 37

2 Orlando Pirates 32

3 Mamelodi Sundowns 31

4 Cape Town City 30

5 Bloemfontein Celtic 28

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.