Vandag se sportnuus

Foto: Cricket South Africa/Twitter

Krieket

  • Suid-Afrika en Pakistan se derde en laaste T20-wedstryd word vandag in Centurion afgehandel. Die Proteas het reeds die reeks met 2-0 ingepalm. Die wedstryd begin om 18:00 en word voorafgegaan deur Suid-Afrika se vrouespan wat teen Sri Lanka in hul derde T20-wedstryd om 13:00 speel.
  • Intussen het Sri Lanka hul toetskaptein, Dinesh Chandimal, weggelaat uit hul toetsgroep vir die komende reeks teen Suid-Afrika. Dimuth Karunaratne is as tydelike kaptein aangewys van die groep van 17 spelers vir die twee toetse teen Suid-Afrika wat op 13 Februarie begin.
  • Nieu-Seeland en Indië speel vandag (09:00) in hul eerste T20-wedstryd teen mekaar.
  • Die IKR het die Windies se kaptein, Jason Holder, vir die derde toets teen Engeland geskors weens ʼn stadige boultempo in die tweede toets. Holder is tans die angel in die Windies se span en het tot dusver 229 lopies gemoker en 7 paaltjies in dié reeks geneem.

Tennis

  • Op die jongste ATP wêreldranglys is Kevin Anderson steeds in posisie nommer vyf (Foto: Kevin Anderson/Facebook)

    Suid-Afrika speel van vandag af in ʼn Euro/Afrika Groep twee Federasiebeker kragmeting teen Luxembourg. Die wedstryd begin om 17:00. Channel Simmonds en Madrie le Roux hou die sleutel tot sukses vir Suid-Afrika.

  • Op die jongste ATP wêreldranglys is Kevin Anderson steeds in posisie nommer vyf.

1 Novak Djokovic
2 Rafael Nadal
3 Alexander Zverev
4 Juan Martín del Potro
5 Kevin Anderson

Rugby

  • Suid-Afrika sal môre weet wie is ons Rugbyspeler van die jaar vir 2018. Die wenner word môre bekend gemaak.
  • Engeland het hul slot, Maro Itoje, weens ʼn kniebesering vir die volgende twee wedstryde teen Frankryk en Wallis verloor. Maro word deur Nick Isiekwe vervang.
  • Die All Black senter, Sonny Bill Williams, het aangedui dat vanjaar sy laaste jaar by die Auckland Blues sal wees. Williams, wat reeds twee wêreldbekers gewen het, word later vanjaar 34 jaar oud.

Varsitybeker

  • Ná die eerste ronde van die Varsitybeker is die Ikeys die voorlopers op die punteleer.

1 UCT Ikeys 5
2 UP-Tuks 4
3 Maties 4
4 NWU-Pukke 4
5 Shimlas 0
6 UWC 80
7 UJ 0
8 Wits 0
9 CUT 0

Gholf

  • In die Europese-reeks begin die Handa Vic Ope vandag in Australië. Drie Suid-Afrikaners sal hul staal toon naamlik Justin Harding, Thomas Aiken en Louis de Jager.
  • In die VSA begin die AT&T Pebble Beach Pro-Am môre in Kalifornië.
  • Die fokus in die Sonskynreeks is die week op die RAM Kaapstad Ope wat op die Royal Cape Gholfbaan gespeel word.
  • In die Sonskynreeks vir vroue is die eerste ronde van die Serengeti spankompetisie gister afgehandel.

46 – Marion Duvernay (FRA) & Flora Peuch (FRA)
43 – Ellie Givens (ENG) & Kiran Matharu (ENG)
42 – Ivanna Samu & Lauren Taylor (ENG)
41 – Anne-Lise Caudal (FRA) & Bertine Faber

Kanovaart

  • Meer as 1 000 roeiers het reeds ingeskryf vir Dusi Kanomarathon wat van 14 tot 16 Februarie plaasvind. Daar het die afgelope tyd baie reën geval en die riviervlakke is hoog wat goeie roeitoestande vir dié drie dae lange sportskouspel voorspel.

Atletiek

  • ASA het aangekondig dat die Grand Prix-reeks wat vir April beplan word op koers is om plaas te vind. Daar sal drie bene aangebied word waarvan die eerste op 9 April sal aangebied word.

Marathon

  • Die Wêreld Marathon-uitdaging, waar atlete sewe marathonne in sewe dae op sewe kontinente hardloop, staan einde se kant toe. Vyf van die sewe bene was reeds teen gister voltooi.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar vanaand een wedstryd gespeel.

Everton 21:45 Manchester City

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd vir vanaand geskeduleer.

Mamelodi Sundowns 19:30 Black Leopards

  • In die 0/20 Afrika Nasiesbeker het Suid-Afrika teen Nigerië uitgedraf en met nul elk gelykop gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.