Vandag se sportnuus

Suid-Afrika se Beuran Hendricks in aksie. (Foto: Krieket SA via ANA)

Krieket

  • Suid-Afrika en Pakistan se derde en laaste T20-wedstryd is gister in Centurion afgehandel.

Pakistan 168/9
Suid-Afrika 141/9 (20 bb)

Pakistan wen met 27 lopies.

Die Proteas beklink die reeks met 2 – 1. 

  • Suid-Afrika se vrouespan het gister in hul derde T20-wedstryd teen Sri Lanka gespeel en met 39 lopies gewen. Suid-Afrika wen daarmee die reeks met 3 – 0. 
  • Nieu-Seeland en Indië se eerste T20-wedstryd is gister afgehandel.

Nieu-Seeland 219/6
Indië 139 (19.2 bb)

Nieu-Seeland wen met 80 lopies en loop een nul voor in die reeks van drie wedstryde. Dit was Indië se grootste nederlaag nóg in T20-krieket.

  • Nieu-Seeland se vrouespan het gister hul wedstryde teen Indië met 23 lopies gewen.

Tennis

  • Suid-Afrika het sy Euro/Afrika Groep 2- Federasiebeker kragmeting teen Luxemburg verloor. Suid-Afrika is in Groep B saam met Israel, Portugal en Luxemburg vir dié rondomtalie-toernooi. 

Suid-Afrika se Rugbyspeler van die jaar vir 2018 word vandag aangekondig.

Rugby

  • Suid-Afrika sal vandag weet wie is die land se Rugbyspeler van die jaar vir 2018. Dié aankondiging word vandag gemaak.
  • Daar is nege Springbokke in die Stormers se groep wat môre teen die Boland in ʼn voorseisoen-wedstryd speel. Die wedstryd vind op Wellington plaas.
  • In die Sesnasies-reeks word daar die naweek weer drie wedstryde gespeel.

Saterdag

Skotland 16:15 Ierland
Italië 18:45 Wallis

Sondag

Engeland 17:00 Frankryk 

Sewesrugby

  • Twee voormalige kapteine, Marithy Pienaar and Veroeshka Grain, is onder vyf spelers wat hul uittrede uit vroue-sewes aangekondig het. Die ander drie is Chane Stadler, Megan Comley en Nomsa Mokwai. 

Wade Ormsby. Foto: Twitter

Gholf

  • In die Europese reeks het die Handa Vic Ope in Australië begin. Daar is vier spelers saam voor op die vroeë voorlopersbord.

1 Stuart Manley -7
Wade Ormsby -7
James Anstiss -7
Kurt Kitayama -7

  • In die VSA begin die AT&T Pebble Beach Pro-Am vandag in Kalifornië. Branden Grace, Tyrone van Aswegen, Ernie Els en Dylan Frittelli sal ook in aksie wees.
  • In die Sonskynreeks word die eerste ronde van die RAM Kaapstad Ope vandag gespeel. Die eerste drie spelers op die bof is Michiel Bothma, Alan Michell en Phumlani Maluka.
  • In die Sonskynreeks vir vroue is die Serengeti-spankompetisie gister afgehandel.

85 – Marion Duvernay (FRA) & Flora Peuch (FRA) 46 39
83 – Shawnelle de Lange & Pasqualle Coffa (NED) 38 45; Ivanna Samu & Lauren Taylor (ENG) 42 41 

Kanovaart

  • Die meeste oorsese roeiers nóg het reeds ingeskryf vir vanjaar se Dusi Kanomarathon wat aanstaande week geroei word. Guillermo Perez Garcia en Javier Gonzalez is uit Spanje afkomstig. Daar is ook roeiers uit Denemarke, Jersey, die VSA en Oostenryk. 

Dwain Chambers. Foto: Twitter

Atletiek

  • Die voormalige wêreld- binnenshuise kampioen, Dwain Chambers, maak dié naweek sy terugkeer na die baan op die ouderdom van 40. Hy sal Saterdag aan die 60 m by die Britse binnenshuise kampioenskap in die blokke sak. 

Driekamp

  • Die 2018 seisoen het nie baie goed vir Suid-Afrika se elite vroue begin nie. Gillian Sanders en Simone Ackermann hoop egter om sake reg te stel en selfs te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele in 2020 in Tokio. Dié twee atlete sal Sondag Suid-Afrika se aanslag by die Wêreldbeker vir driekamp in Kaapstad lei. 

Motorsport

  • Die MotoGP wêreldkampioen, Marc Marquez, het gister die vinnigste tyd tydens die eerste voorseisoen se oefenrondes in Maleisië behaal. Marquez het in Desember ʼn skoueroperasie ondergaan. 
  • Force India het aangekondig dat hul spannaam in Formule Een nou Racing Point sal wees. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga het Man City die voortou op die punteleer geneem.

Everton 0 – 2 Manchester City

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand afgehandel.

Mamelodi Sundowns 3 – 0 Black Leopards

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.