Vandag se sportnuus

Pieter-Steph du Toit (Foto: @pietersteph/Twitter)

Rugby

  • Suid-Afrika se Rugbyspeler van die jaar vir 2018 is Pieter-Steph du Toit. Dit is die tweede keer in drie jaar dat du Toit dit vermag. Hy is net die vyfde speler sedert 1992 wat die titel twee keer kon opraap.

Ander toekennings sluit in:

  • Span van die jaar: Springbok Sewes.
  • Afrigter van die jaar: Neil Powell
  • Springbok Sewes se speler van die jaar: Dylan Sage
  • Skeidsregter van die jaar: Jaco Peyper
  • Die Stormers speel vandag teen die Boland in ʼn voorseisoen-wedstryd op Wellington. Môre, meet die Bulls en Sharks kragte.
  • In die Sesnasies-reeks word daar die naweek drie wedstryde gespeel.

Saterdag
Skotland om 16:15 teen Ierland (Rob Kearney is terug in Ierland se span as heelagter)
Italië om 18:45 teen Wallis

Sondag
Engeland om 17:00 teen Frankryk

Krieket

  • Die veelsydige 20-jarige Highveld Lions speler, Wiaan Mulder, is in die Proteas se toetsgroep ingesluit vir die komende reeks teen Sri Lanka.
  • Nieu-Seeland en Indië se tweede T20-wedstryd word vandag gespeel. Nieu-Seeland loop met 1 – 0 voor in die reeks van drie wedstryde. Die derde wedstryd sal Sondag afgehandel word.
  • Nieu-Seeland se vrouespan speel ook vandag teen Indië in hul tweede T20-wedstryd.
  • Die derde toets tussen die Windies en Engeland begin môre. Die Windies loop met 2 – 0 voor in dié reeks.
  • Chris Gayle is terug in die Windies se eendagspan vir hul eerste twee wedstryde teen Engeland.
  • Die plaaslike eendagreeks skop vandag af. Drie wedstryde word dié naweek gespeel.

Vrydag
Cape Cobras om 13:30 teen Warriors

Saterdag
Dolphins om 10:00 teen Highveld Lions

Sondag
Titans om 10:00 teen Knights

Tennis

  • Suid-Afrika het hul eerste Euro/Afrika Groep twee Federasiebeker kragmeting teen Luxembourg verloor. Gister in die tweede kragmeting het Suid-Afrika teen Israel gespeel en met 2 – 1 verloor. Vandag speel ons teen Portugal.

Gholf

  • Louis de Jager (Foto: SA Ope/Twitter)

    In die Europese-reeks is die tweede ronde van die Handa Vic Ope in Australië aan die gang. Op die vroeë voorlopersbord is Jason Scrivener die voorloper.

1 Jason Scrivener -13
2 Matt Jager -12
3 David Law -11
15 Louis De Jager -8

  • In die VSA is die AT&T Pebble Beach Pro-Am se eerste ronde in Kalifornië voltooi.

1 Brian Gay -7
Scott Langley -7
3 Phil Mickelson -6
Matt Every -6
Si Woo Kim -6
Kevin Kisner -6
Cody Gribble -6
Jason Day -6
9 Branden Grace -5

  • In die Sonskynreeks is die eerste ronde van die RAM Kaapstad Ope afgehandel.

1 Jean-Paul Strydom -10
2 Peter Karmis -9
3 Kyle McClatchie -7
4 MJ Viljoen -6
JC Ritchie -6
Thriston Lawrence -6
Daniel van Tonder -6
Justin Walters -6
Richard Bland -6

Kanovaart

  • Die Dusi Kanomarathon word aanstaande week van 14 tot 16 Februarie geroei.

Driekamp

  • Die Kaapstad-been van die Wêreldbeker word Sondag in die Moederstad aangebied.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar Saterdag sewe wedstryde gespeel.

Fulham om 14:30 teen Manchester United
Crystal Palace om 17:00 teen West Ham United
Liverpool om 17:00 teen AFC Bournemouth
Huddersfield Town om 17:00 teen Arsenal
Southampton om 17:00 teen Cardiff City
Watford om 17:00 teen Everton
Brighton & Hove Albion om 19:30 teen Burnley

  • In die plaaslike Premierliga word een wedstryd vanaand afgehandel.

Maritzburg United 20:00 Polokwane City

  • Saterdag word die sogenaamde Soweto Derby gespeel wanneer Kaizer Chiefs en Orlando Pirates om 15:30 swaarde kruis.
  • In die Onder-20 Afrika Nasiesbeker speel Suid-Afrika vandag om 17:30 teen Burundi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kiewiet ·

Pieter van den Berg. Lyk my jou kennis laat jou in die steek. Daar is nog in Pro 14 reeks ook aan die gang. Of is dit nie belangrik genoeg vir jou nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.