Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale krieket

Die tweede toets tussen die Proteas en Nieu-Seeland het vanoggend in Wellington begin. Ross Taylor is nie in aksie vir die swart pette nie weens ʼn besering.

Die Proteas het die loot gewen en Nieu-Seeland ingstuur om te kolf. Teen middagete was Nieu-Seeland op 73 lopies vir die verlies van 4 paaltjies.

In die tweede toets tussen Sri Lanka en Bangladesj staan sake so teen uitskeityd op dag 1:

Sri Lanka 238/7 (83.1 ov)

Die derde toets tussen Indië en Australië begin ook vandag.

T20-krieket

Afghanistan en Ierland het kragte gemeet in hul eerste T20-wedstryd.

Afghanistan 292/7 (50 ov)

Ierland 262 (46.5/50 ov)

Afghanistan wen met 30 lopies.

In die Momentum-eendagreeks is een wedstryd gister beslis:

Dolphins 344/7 (50.0 bb)

Lions 226/9 (42.1 bb)

Dolphins wen met 118 lopies en verdien ook ʼn bonuspunt.

Môre word daar twee wedstryde gespeel:

sport1

Tennis

By die ATP Indian Wells Meesters het die negende gekeurde Roger Federer die vyfde gekeurde Rafa Nadal met 6-2 en 6-3 uitgestof.

Angelique Kerber het pak gekry in die vierde ronde toe Elena Vesnina met 6-3 en 6-3 geseëvier het.

Superrugby

Die Bulls het besluit om nie aan die Springbok Cornal Hendricks ʼn kontrak vir die Superseisoen aan te bied nie.

Kom ons loer na die naweek se Superrugby-bepalings:

 sport2 

Sesnasiesrugby

Die reeks loop die naweek ten einde.

sport4

Gholf

In die Amerikaanse reeks slaan die spelers vandag af in die Arnold Palmer Uitnodigingstoernooi wat op Bay Hill in Orlando, Florida, gespeel word. Jason Day en die wêreldnommer drie, Rory McIlroy, sal onder meer hul staal toon. Vir Suid-Afrika sal Charl Schwartzel, Branden Grace, Louis Oosthuizen en Ernie Els die stokke swaai.

Sokker

In die EUFA-kampioeneliga is daar twee wedstryde afgehandel:

Atlético Madrid         0-0      Bayer Leverkusen

Monaco                  3-1      Manchester City

Vier Nedbankbekerwedstryde is gisteraand gespeel.

Platinum Stars      3-2      AmaZulu FC

Cape Town Stars     0-2      Bidvest Wits

Royal Eagles        1-2      SuperSport United

Chippa United       1-0      Witbank Spurs

En in die plaaslike Premierliga lyk die naweek se aksie so:

sport3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.