Vandag se sportnuus

Rugby

  • In die Sesnasies-reeks is daar die naweek drie wedstryde gespeel.

Engeland se Jonny May. Foto: Gareth Fuller/PA via AP

Skotland 13–22 Ierland

Italië 15–26 Wallis

Engeland 44–8 Frankryk

  • Die Stormers het die naweek teen die Boland in ʼn voorseisoen-wedstryd op Wellington gespeel. Die Stormers het met 87–5 geseëvier.
  • Die Bulls en Sharks het Saterdag in ʼn oefenwedstryd kragte gemeet en met sewe elk gelykop gespeel.
  • Die Varsitybeker word vanaand voortgesit wanneer die tweede ronde gespeel word.

UWC 16:45 Shimlas

Wits 18:30 CUT

UJ 18:30 UP-Tuks

UCT Ikeys 19:00 Maties

Krieket

  • Suid-Afrika se toetsreeks teen Sri Lanka begin Woensdag.
  • Nieu-Seeland en Indië se derde T20-wedstryd is in Hamilton gespeel.

Nieu-Seeland 212/4

Indië 208/6

Nieu-Seeland het met 4 lopies geseëvier.

Nieu-Seeland wen die reeks met 2–1.

  • Nieu-Seeland se vrouespan het ook teen Indië in hul derde T20-wedstryd gespeel en met 2 lopies gewen. Nieu-Seeland wen die reeks met 2–1.
  • Die derde toets tussen die Windies en Engeland het gister sy tweede dag beleef.

Engeland se Jack Leach. Foto: AP Photo/Ricardo Mazalan

Engeland 277 en 19/0

Windies 154

Engeland is met 142 lopies voor met 10 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Die Windies loop met 2–0 voor in dié reeks.

  • Suid-Afrika se vrouespan speel vandag teen Sri Lanka in hul eerste wedstryd. Suné Luus vervang Lizelle Lee terwyl Nadine de Klerk in die beseerde Chloe Tryon se plek speel.
  • In die plaaslike eendagreeks is drie wedstryde die naweek gespeel.

Cape Cobras verloor teen die Warriors met 3 paaltjies.

Dolphins klop die Highveld Lions met 19 lopies.

Titans reken met die Knights af deur hulle met 9 paaltjies te klop.

Tennis

  • Suid-Afrika het vierde in Groep D geëindig in hul Euro/Afrika-groep twee van die Federasiebeker-toernooi in Luxemburg. Suid-Afrika het teen Italië, Luxemburg en Portugal verloor.
  • Jo-Wilfried Tsonga het sy 17de titel van sy loopbaan verower toe hy sy landgenoot, Pierre-Hugues Herbert, geklop het om die Montpellier-toernooi te wen.

Gholf

  • In die Europese reeks is die Handa Vic Ope in Australië voltooi.

1 David Law -18

2 Brad Kennedy -17

Wade Ormsby -17

4 Justin Harding -16

5 Jason Scrivener -15

David Bransdon -15

David Drysdale -15

  • In die VSA is die AT&T Pebble Beach Pro-Am in Kalifornië byna afgehandel nadat reën spel vertraag het.

Phil Mickelson in aksie. Foto: AP Photo: Eric Risberg

1  Phil Mickelson -18  (ná 16 putjies)

2 Scott Stallings -15

Paul Casey -15

4  Jason Day -13

Si Woo Kim -13

28 Ernie Els -6

  • In die Sonskynreeks is die RAM Kaapstad Ope ook voltooi.

1 Benjamin Follett-Smith -13

2 Jean-Paul Strydom -11

   Zander Lombard -11

4 Peter Karmis -10

5 Hennie Otto -9

   Jaco Ahlers -9

   Jack Harrison -9

Kanovaart

  • Die Dusi Kanomarathon begin Donderdag en duur tot Saterdag. Meer as 1 000 roeiers sal in aksie wees.

Driekamp

  • Die Kaapstad-been van die Wêreldbeker is gister in die Moederstad aangebied. In die mansafdeling het Henri Schoeman vierde geëindig. In die vroue-afdeling het Gillian Sanders vyfde oor die eindstreep gedraf.

Fietsry

  • Daryl Impey het sy Nasionale padfiets-kampioenskaptitel suksesvol verdedig toe hy gister in Pretoria dié wedren oor 162 km gewen het. Impey is 34 jaar oud.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.

Tottenham Hotspur 3–1 Leicester City

Manchester City 6–0 Chelsea

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gister afgehandel.

Baroka 2–2 Bloem Celtic

Golden Arrows 2–3 SuperSport United

  • Die sogenaamde Soweto Derby is Saterdag gespeel. Kaizer Chiefs en Orlando Pirates het met een elk gelykop gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.