Vandag se sportnuus

Pieter-Steph du Toit.(Twitter @All Blacks)

Rugby

  • Op die jongste wêreldranglys is Nieu-Seeland steeds eerste en Suid-Afrika is vyfde.
  1. Nieu-Seeland 92.54
  2. Ierland 89.92
  3. Engeland 88.02
  4. Wallis 87.55
  5. Suid-Afrika 84.58
  6. Australië 82.40
  7. Skotland 81.30
  8. Fidji 77.95
  9. Argentinië 77.05
  10. Frankryk 77.02
  • Ná die naweek se wedstryde in die Sesnasies-reeks is Engeland eerste op die punteleer.

1 Engeland 10
2 Wallis 8
3 Skotland 5
4 Ierland 4
5 Frankryk 1
6 Italië 0 

  • Die Stormers- en Springbokslot, Pieter-Steph du Toit, het volgens berigte ʼn aanbod van die Sale Sharks van die hand gewys. Daar is blykbaar nog klubs in Europa wat Du Toit se dienste wil bekom. Sy kontrak met die WP loop aan die einde van die jaar ten einde.
  • Die Varsitybeker se tweede ronde is gister gespeel en drie wedstryde is afgehandel.

UWC 25 – 47 Shimalas
Wits 25 – 15 CUT
UCT 5 – 66 Maties
UJ v Tuks – uitgestel na Dinsdag 12 Februarie om 14:00. 

Krieket

  • Suid-Afrika se toetsreeks teen Sri Lanka begin môre wanneer die eerste toets om 10:00 op Kingsmead in Durban afskop.
  • Die derde toets tussen die Windies en Engeland het gister sy derde dag beleef.

Engeland 277 en 325/4 (100 bb)
Windies 154

Engeland is met 448 lopies voor met 6 paaltjies staande in hul tweede beurt.

Die Windies loop met 2 – 0 voor in dié reeks.

  • SA se Dane van Niekerk. Foto: Twitter/KSA

    Suid-Afrika se vrouespan het gister teen Sri Lanka in hul eerste eendagwedstryd op Potchefstroom gespeel.

Suid-Afrika 225/7
Sri Lanka 218/9 (48 bb, teiken was 226)

Suid-Afrika wen met 7 lopies.

  • Op die jongste plaaslike eendagreeks se punteleer is die Titans die voorlopers.

1 Titans 5
2 Dolphins 4
3 Warriors 4
4 Cape Cobras 0
5 Highveld Lions 0
6 VKB Knights 0

  • Môre word een wedstryd in die eendagreeks gespeel.

Highveld Lions 13:30 Warriors.

Gholf

  • Ná die naweek se AT&T Pebble Beach Pro-Am, wat vir ʼn vyfde keer deur Phil Mickelson gewen is, is Justin Rose steeds eerste op die wêreldranglys.

1 Justin Rose
2 Brooks Koepka
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau
26 Louis Oosthuizen      
40 Branden Grace 

Kanovaart

  • Die Dusi‑kanomarathon begin Donderdag in Pietermaritzburg en eindig Saterdag in Durban. Die Springbok en Haaie se legende, Stefan Terblanche, sal aan sy eerste marathon deelneem. 

Rolbal

  • Suid-Afrika het ʼn sterk span gekies om dié land by die Atlantiese Kampioenskap in Cardiff te verteenwoordig. Dié gemengde span sal in Mei in aksie wees in die pare-, drieë- en viere-afdelings. Bekende spelers soos Gerry Baker en Collen Piketh is ook in dié span ingesluit. 

Toro Rosso het hulle nuwe Formule Een motor (STR14) met ʼn Honda enjin bekend gestel. Foto: Twitter

Motorwedrenne

  • Toro Rosso het hulle nuwe Formule Een‑motor (STR14) met ʼn Honda‑enjin bekend gestel en die span spog ook met nuwe renjaers vir 2019. Die eerste wedren word op 17 Maart in Australië gejaag. 

Sokker

  • In Eufa se kampioeneliga word vandag twee wedstryde gespeel.

Manchester United 22:00 Paris Saint-Germain
Roma 22:00 Porto

  • In die Engelse Premierliga is een wedstryd gister gespeel.

Wolverhampton Wanderers 1 – 1 Newcastle United

  • Suid-Afrika se onder 20‑sokkerspan het die halfeind van die Afrika- kampioenskappe gehaal en hulle het ook daarmee vir Fifa se onder 20‑Wêreldbeker-toernooi gekwalifiseer. Die halfeind word môreaand gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.