Vandag se sportnuus

Rugby

  • Die eerste wedstryde in die Superrugby-reeks word komende naweek gespeel. Die eerste wedstryd van die seisoen is Vrydag tussen die Chiefs en die Highlanders (08:35). Saterdag word vyf wedstryde gespeel en al vier Suid-Afrikaanse spanne sal in aksie wees.

Sunwolves 12:55 Sharks

Bulls 17:15 Stormers

Jaguares 23:40 Lions

  • Die Cheetahs vertrek vandag vir hul Pro14-toer na Ierland en Wallis. Hulle sal drie wedstryde speel, naamlik teen Connacht, die Scarlets en Leinster.
  • Een Varsitybeker-wedstryd is gister afgehandel.

UJ 19 – 40 Tuks

Die kapteins vir die komende Varsitybeker. Foto: Varsitybeker Facebookblad.

Op die jongste punteleer is Maties die voorlopers.

1 Maties 9

2 UP-Tuks 9

3 Shimlas 5

4 Wits 5

5 Ikeys 5

6 NWU 4

7 CUT 0

8 UWC 0

9 UJ 0

Krieket

  • Suid-Afrika en Sri Lanka se eerste van twee toetse is geskeduleer om vanoggend om 10:00 op Kingsmead in Durban te begin. Keshav Maharaj sal as draaibalbouler sy terugkeer na die Proteas se span maak. Sri Lanka het hul laaste drie toetse verloor.
  • Die derde toets tussen die Windies en Engeland het gister sy vierde dag beleef.

Engeland 277 en 361/5 verklaar

Windies 154 en 252 (teiken was 485)

Engeland wen die wedstryd met 232 lopies. Die Windies wen die reeks met 2 – 1.

  • Suid-Afrika se vrouespan speel môre teen Sri Lanka in hul tweede eendagwedstryd op Potchefstroom. Suid-Afrika het die eerste wedstryd gewen.
  • In die plaaslike eendagreeks speel die Highveld Lions vandag teen die Warriors (13:30).

Lloyd Harris. Foto: GB Jordaan

Tennis

  • By die New York Ope speel (6) Sam Querrey vandag in die ronde van 32 teen Suid-Afrika se Lloyd Harris. Intussen is (5) Adrian Mannarino en (8) Tennys Sandgren albei in drie stelle uitgeskakel.

Gholf

  • Die fokus val die week op die Europese reeks se Wêreld Super 6-toernooi in Perth. Drie Suid-Afrikaners sal afslaan. Hulle is Thomas Aiken, Louis de Jager en Justin Harding.
  • In die Sonskynreeks begin die Dimension Data Pro-Am môre op Fancourt in George.
  • In Amerika is die fokus hierdie week op die Genesis Ope in Kalifornië.

Kanovaart

  • Die Dusi‑kanomarathon begin môre in Pietermaritzburg en hoë riviervlakke word verwag nadat goeie reën in die opvangsgebied van die Msundusi- en Mngenirivier geval het.

Sokker

  • In Eufa se kampioeneliga is gister twee wedstryde gespeel.

Manchester United 0 – 2 Paris Saint-Germain

Roma 2 – 1 Porto

Vanaand word twee wedstryde afgehandel.

Ajax 22:00 Real Madrid

Tottenham Hotspur 22:00 Borussia Dortmund

  • Suid-Afrika se onder 20‑sokkerspan het die halfeind van die Afrika- kampioenskappe gehaal en hulle het ook daarmee vir Fifa se onder 20‑Wêreldbeker-toernooi gekwalifiseer. Suid-Afrika se halfeind word vandag om 20:30 teen Senegal gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.