Vandag se sportnuus

SuperRugby_rugbybal.jpgRugby

  • Die 2019 Superrugby-reeks begin môre met twee wedstryde wat gespeel word.

Môre

Chiefs 8:35 Highlanders
Brumbies 10:45 Rebels

Saterdag

Blues 8:35 Crusaders
Waratahs 10:45 Hurricanes
Sunwolves 12:55 Sharks
Bulls 17:15 Stormers (Duane Vermeulen, Schalk Brits en Rosco Specman is in die Bulls se beginspan ingesluit).
Jaguares 23:40 Lions (Warren Whiteley is die kaptein van die Lions)

  • Die Cheetahs en die Kings is die naweek in wegwedstryde in die Pro14-reeks in aksie.

Môre

Ospreys 21:35 Ulster
Munster 21:35 Kings
Edinburg 21:35 Dragons

Saterdag

Zebre 16:30 Leinster
Benetton Treviso 19:15 Llanelli Scarlets
Connacht 19:30 Cheetahs
Cardiff Blues 21:35 Glasgow Warriors 

SA se Faf du Plessis in aksie. Foto: Leon Lestrade/ANA

Krieket

  • Suid-Afrika en Sri Lanka se eerste toets het gister op Kingsmead in Durban begin. Die Proteas is ingestuur om te kolf en het gesukkel.

Proteas 235 (59.4 bb) (Quinton de Kock 80)
Sri Lanka 49/1 (16 bb)

Sri Lanka is 186 lopies agter met nege eerste beurt paaltjies staande.

  • Nieu-Seeland en Bangladesj se eerste T20 wedstryd is gister gespeel.

Bangladesj 232
Nieu-Seeland 233/2 (44.3/50 bb, teiken 233)

Nieu-Seeland wen met agt paaltjies met 33 balle oor.

  • Suid-Afrika se vrouespan speel vandag teen Sri Lanka in hul tweede eendagwedstryd op Potchefstroom. Suid-Afrika het die eerste wedstryd gewen.
  • In die plaaslike eendagreeks het die Highveld Lions gister teen die Warriors gespeel. Die deurdringende reën het spel beïnvloed en slegs 16.2 boulbeurte is afgestuur en geen uitslag was moontlik nie.

Tennis

  • By die New York Ope het (6) Sam Querrey in die ronde van 32 Suid-Afrika se Lloyd Harris met 7-6 en 6-2 uitgeskakel. 

Gholf

  • Die VSA se kaptein vir die Presidentsbeker, Tiger Woods, het Fred Couples, Zach Johnson en Steve Stricker as sy drie assistente aangestel vir dié toernooi. 
  • In Australië het die Wêreld Super 6-toernooi vanoggend in Perth begin. Die spelers speel oor die eerste 54 putjies ʼn houespel-kompetisie waarna hulle op dag vier tydens slagspel die wenner bepaal. 
  • In die Sonskynreeks begin die Dimension Data Pro-Am vanoggend op Fancourt in George. Daar word van al drie bane gebruik gemaak naamlik Outeniqua, Montague en die Links-baan.
  • In Amerika is die fokus hierdie week op die Genesis Ope in Kalifornië. 

Kanovaart

  • Die Dusi-kanomarathon het vanoggend in Pietermaritzburg begin en eindig Saterdag in Durban.
    • 324 Roeiers is in die K1-afdeling in aksie terwyl 572 in die K2-afdeling ingeskryf het.
    • ʼn Totaal van 610 bote sal in aksie wees. 

Lewis Hamilton. Foto: AP Phtot/Laszlo Balogh

Netbal

  • Netbal Suid-Afrika het aangekondig dat hulle ʼn bod by die Internasionale Netbal Federasie ingedien het om die 2023 Wêreldbeker in Suid-Afrika aan te bied. 

Motorwedrenne

  • Die Formule Een wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het gister sy nuwe Mercedes op Silverstone getoets en sê hy wil nog beter vaar as in 2018. Hamilton het verlede jaar 11 van die 21 wedrenne gewen om sy vyfde wêreldtitel in te palm. 

Sokker

  • In Eufa se kampioeneliga is daar gister twee wedstryde gespeel.

Ajax 1 – 2 Real Madrid
Tottenham Hotspur 3 – 0 Borussia Dortmund

  • Suid-Afrika se onder-20 sokkerspan het die halfeind van die Afrika- kampioenskap teen Senegal gespeel en met 1 – 0 pak gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

KJ ·

Tyd dat Elgar gedrop word om vir die wat perform bietjie plek te maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.