- Die 2019 Superrugby-reeks, met vyftien spanne in drie konferensies, begin vandag met twee wedstryde wat gespeel word.
Vandag
Chiefs 08:35 Highlanders
Brumbies 10:45 Rebels
Saterdag
Blues 08:35 Crusaders
Waratahs 10:45 Hurricanes
Sunwolves 12:55 Sharks
Bulls 17:15 Stormers
(Die Stormers se stut, Steven Kitshoff, is vir ʼn paar weke op die krukkelys.)
Jaguares 23:40 Lions
- Die Cheetahs en die Kings speel die naweek in Ierland in die Pro14-reeks.
Vandag
Ospreys 21:35 Ulster
Munster 21:35 Kings
Edinburgh 21:35 Dragons
Saterdag
Zebre 16:30 Leinster
Benetton Treviso 19:15 Llanelli Scarlets
Connacht 19:30 Cheetahs
Cardiff Blues 21:35 Glasgow Warriors
Krieket
- Suid-Afrika en Sri Lanka se eerste toets het gister sy tweede dag op Kingsmead in Durban beleef.
Proteas 235 en 126/4
Sri Lanka 191 (Dale Steyn 4/48, Vernon Philander en Kagiso Rabada het 2 paaltjies elk platgetrek)
Suid-Afrika is 170 lopies voor met 6 paaltjies staande in hul tweede beurt.
- Nieu-Seeland en Bangladesj se tweede T20‑wedstryd word môre in Christchurch gespeel. Nieu-Seeland het die eerste wedstryd met 8 paaltjies gewen.
- Suid-Afrika se vrouespan het gister op Potchefstroom teen Sri Lanka in hul tweede eendagwedstryd gespeel.
Suid-Afrika 268/7 (Marizanne Kapp 69)
Sri Lanka 231 (46.2/47 bb, teiken was 262)
Suid-Afrika wen met 30 lopies (D/L‑metode) en palm die reeks met 2 – 0 in.
- In die plaaslike eendagreeks speel die Highveld Lions môre teen die Knights in Johannesburg. Sondag meet die Titans en Dolphins kragte.
Tennis
- By die New York Ope het Sam Querrey en John Isner na die kwarteind deurgedring.
- By die Katar Ope het Simona Halep, Angelique Kerber en Elina Svitolina deurgedring na die halfeindronde.
Gholf
- Ná die eerste ronde van die Wêreld Super 6-toernooi in Perth is Kristoffer Reitan en Miguel Tabuena die gesamentlike voorlopers op -7. Thomas Aiken en Justin Harding is op -1.
- In die Sonskynreeks is die Dimension Data Pro-Am se eerste ronde op Fancourt in George voltooi. Die drie voorlopers het almal op die Outeniqua‑baan gespeel.
1 Riekus Nortje -9
2 Justin Walters -8
3 Jaco Van Zyl -7
4 Jbe’ Kruger -6
- In Amerika is die eerste ronde van die Genesis Ope in Kalifornië vroeg gestaak weens reën.
1 Sung Kang -5
Jordan Spieth -5
3 Patrick Rodgers -4
Jimmy Walker -4
17 Branden Grace -1
Kanovaart
- Die eerste dag van die Dusi‑kanomarathon is gister tussen Kamps Drift en die Dusi‑brug voltooi. Die gunsteling in die mansafdeling, Andy Birkett, het by die Mission‑stroomversnelling gesukkel en hy is 1 minuut en 20 sekondes agter die voorloper, Sbonelo Khwela. Hank McGregor het op sy beurt 25 minute by die Taxi‑stroomversnelling verloor.
- Tamika Haw het die vroue-afdeling se eerste skof gewen met Christie Mackenzie tweede en Jenna Ward derde.
Motorwedrenne
- Minstens drie Formule Een‑spanne spook hard om gereed te wees vir aanstaande week se wintertoets vir die spanne en motors. Renault is een van dié spanne. Hulle gebruik op die oomblik nog die 2018‑onderstel. Die ander twee is Williams en Haas.
Sokker
- In die FA-beker word vandag een wedstryd gespeel en môre drie.
Vandag
Queens Park Rangers 21:45 Watford
Môre
Brighton & Hove Albion 14:30 Derby County
Wimbledon 17:00 Millwall
Newport County 19:30 Manchester City
- In die Nedbank‑uitdaagreeks word vanaand twee wedstryde gespeel en môre drie.
Vandag
Cape Umoya United 15:00 Mbombela United
Cape Town City FC 20:00 Highlands Park
Môre
Chippa United 15:00 Tshakhuma Tsha Madzivhandila
Witbank Spurs 15:00 Golden Arrows
Bloem Celtic 20:15 Richards Bay