Vandag se sportnuus

Rosko Specman. Foto: GB Jordaan

Rugby

  • Sewe wedstryde is tydens naweek een van die 2019-Superrugby-reeks gespeel en ses van die besoekende spanne het geseëvier.

Vrydag

Chiefs 27–30 Highlanders

Brumbies 27–34 Rebels

Saterdag

Blues 22–24 Crusaders

Waratahs 19–20 Hurricanes

Sunwolves 10–45 Sharks

Bulls 40–3 Stormers

Jaguares 16–25 Lions

  • Die Cheetahs en die Kings was in Ierland in die Pro14-reeks in aksie.

Vrydag

Ospreys 0–8 Ulster

Munster 43–0 Kings

Edinburgh 34–17 Dragons

Saterdag

Zebre 24–40 Leinster

Benetton Treviso 25–19 Llanelli Scarlets

Connacht 25–17 Cheetahs

Cardiff Blues 34–38 Glasgow Warriors

  • Vier wedstryde word vandag in die Varsitybeker gespeel.

CUT 16:45 UJ

NWU-Pukke 18:30 UWC

Wits 18:30 Shimlas

UP-Tuks 19:00 Maties

Chris Gayle in aksie. Foto: AP Photo/Ricardo Mazalan

Krieket

  • Die veteraankolwer van die Wes-Indiese Eilande, Chris Gayle, het aangekondig dat hy ná vanjaar se Wêreldbeker uit internasionale eendagkrieket gaan tree. Gayle is 39 jaar oud.
  • Suid-Afrika en Sri Lanka se eerste toets is Saterdag op Kingsmead in Durban deur Sri Lanka gewen.

Proteas 235 en 259 (Faf du Plessis 90)

Sri Lanka 191 en 304/9 (Kusal Perera 153 nie uit nie van 200 balle met 12 viere en 5 sesse)

Sri Lanka wen met 1 paaltjie en loop met 1–0 voor in dié reeks van twee toetse.

  • Nieu-Seeland en Bangladesj se tweede T20-wedstryd is Saterdag in Christchurch gespeel. Nieu-Seeland het dié wedstryd met 8 paaltjies gewen en loop met 2–0 voor in die reeks.
  • Suid-Afrika se vrouespan het gister op Potchefstroom teen Sri Lanka in hul derde eendagwedstryd gespeel.

Sri Lanka 139

Suid-Afrika 141/4

Suid-Afrika wen met 6 paaltjies en verower die reeks met 3–0.

  • In die plaaslike eendagreeks is twee wedstryde die naweek beslis.
  • Die Highveld Lions teen die Knights se wedstryd eindig onbeslis weens reën.
  • Dolphins 308/7

Titans 296/8 (50 bb, teiken was 309)

Dolphins wen met 12 lopies.

Die Laureus-sporttoekenning. Foto: Laureus/Facebook

Sporttoekennings

  • Die bekende Laureus Wêreld-sporttoekennings word vandag in Monaco gemaak. Dit sal die 19de jaar wees dat die wêreld se topsportlui gekroon word vir hul prestasies.

Tennis

  • Gael Monfils het Stan Wawrinka in die eindstryd van die Rotterdam Ope geklop om as kampioen gekroon te word.
  • By die Katar Ope het Elise Mertens vir Simona Halep in die eindstryd geklop. Die telling was 3–6, 6–4 en 6–3.

Gholf

  • Die Wêreld- Super 6-toernooi is in Perth afgehandel. Adrian Otaegui het in die eindstryd met 3&2 oor Ryan Fox geseëvier. Scott Vincent was derde en Paul Dunne vierde.
  • In die Sonskynreeks is die Dimension Data Pro-Am op Fancourt in George voltooi.

1 Philip Eriksson -21

2 Justin Walters -18

3 Dean Burmester -17

4 Jaco van Zyl -16

5 Merrick Bremner -15

 Jaco Ahlers -15

 Jbe’ Kruger -15

  • In die vrouekompetisie het Nobuhle Dlamini vir ʼn derde keer gewen toe sy met twee houe gewen het. Lejan Lewthwaite en Ivanna Samu was gesamentlike tweede.
  • In Amerika is die Genesis Ope in Kalifornië afgehandel.

1 JB Holmes -14

2 Justin Thomas -13

3 Si Woo Kim -12

4 Marc Leishman -11

Rory McIlroy -11

Andy Birkett. Foto: Anthony Grote/Gameplan Media/ANA

Kanovaart

  • Die Dusi Kanomarathon het Saterdag in Durban geëindig en die gunsteling in die mansafdeling, Andy Birkett, het sy negende oorwinning behaal.
  1. Andy Birkett 2:31:23 – 8:09:48
  2. Sbonelo Khwela 2:28:29 – 8:11:55
  3. Thulani Mbanjwa 2:35:52 – 8:29:07
  4. Khumbulani Nzimande 2:34:01 – 8:32:21
  5. Andrew Houston 2:34:05 – 8:32:25
  • In die vroue-afdeling het Christie Mackenzie met die louere weggestap.
  1. Christie Mackenzie (U23) 3:00:38 10:00:11
  2. Tamika Haw 3:00:38 10:00 12
  3. Amy Peckett (U18) 3:05:29 10:28:07
  4. Jenna Ward 3:08:46 10:28:09
  5. Tracey Oellerman (U23) 3:22:31 11:23:11

Motorwedrenne

  • Die Formule Een-spanne vir 2019 kry die week kans om hulself te slyp vir die komende seisoen wanneer die sogenaamde wintertoetsing plaasvind. Die aksie begin vandag in Barcelona.

Sokker

  • In die FA-beker is daar gister drie wedstryde gespeel.

Doncaster Rovers 0–2 Crystal Palace

Swansea City 4–1 Brentford

Bristol City 0–1 Wolverhampton Wanderers

  • In Nedbank se uitdaagreeks is daar gister twee wedstryde gespeel.

The Magic 0–3 Kaizer Chiefs

Jomo Cosmos 0–1 Galaxy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrik De Wet ·

Jul beriggewing oor die uitkoms van die Wêreld-Super-Ses Toernooi in Perth is onakkuraat. Fox het geseëvier oor Otaegui; nie andersom nie. En Dunne was derde; nie vierde nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.