Vandag se sportnuus

Novak Djokovic is as sportman van die jaar aangewys by die Laureus Wêreld-sporttoekennings. Foto: Twitter via @DjokerNole

Sporttoekennings

  • Die Laureus Wêreld-sporttoekennings vir 2018 is gister in Monaco gemaak.

Novak Djokovic is as sportman van die jaar aangewys.
Die sportvrou van die jaar is die gimnas Simone Biles.
Frankryk se sokkerspan is as span van die jaar aangewys.
Die prys vir deurbraak van die jaar is toegeken aan die tennisspeler Naomi Osaka.
Die sportpersoon wie se terugkeer na die sportveld die beste was, is Tiger Woods. 

Rugby

  • Ná afloop van die naweek se sewe wedstryde in die Superrugby-reeks is die Bulls die voorlopers op die saamgestelde punteleer van al drie konferensies.

1 Bulls 5
2 Rebels 4
3 Highlanders 4
4 Sharks 5
5 Lions 4
6 Crusaders 4
7 Hurricanes 4

  • In die Pro14-reeks is die Cheetahs sesde in Konferensie A en die Kings sewende in Konferensie B. 
  • Vier wedstryde is gisteraand in die Varsitybeker afgehandel.

CUT 27-26 UJ

NWU-Pukke 37-21 UWC
Wits 26-33 Shimlas
UP-Tuks 24-26 Maties 

Krieket

  • Suid-Afrika het tans drie kolwers in die top-tien op die wêreldranglys.
  1. Virat Kohli (IND) – 922
  2. Kane Williamson (NS) – 897
  3. Cheteshwar Pujara (IND) – 881
  4. Steve Smith (AUS) – 857
  5. Joe Root (ENG) – 763
  6. Henry Nichols (NS) – 756
  7. David Warner (AUS) – 772
  8. Aiden Markram (SA) – 710
  9. Quinton de Kock (SA) – 710
  10. Dimuth Karunaratne (SRI) – 688
  11. Faf du Plessis (SA) – 688

Kagiso Rabada. Foto: Michael Sherman/ANA

Onder die boulers het Kagiso Rabada sy eerste plek as toetsbouler verloor.

  1. Pat Cummins (AUS) – 878
  2. James Anderson (ENG) – 862
  3. Kagiso Rabada (SA) – 849
  4. Vernon Philander (SA) – 821
  5. Ravindra Jadeja (IND) – 794
  6. Trent Boult (NZ) – 771
  7. Jason Holder (WI) – 770
  8. Mohammad Abbas (PAK) – 770
  9. Tim Southee (NZ) – 767
  10. Ravichandran Ashwin (IND) – 763

Vernon Philander is vyfde op die toetsranglys vir veelsydige spelers.

  1. Jason Holder (WI) – 439
  2. Shakib Al Hasan (BANG) – 415
  3. Ravindra Jadeja (IND) – 387
  4. Ben Stokes (ENG) – 357
  5. Vernon Philander (SA) – 332
  • Suid-Afrika en Sri Lanka se tweede toets begin Donderdag in Port Elizabeth. Die Proteas se span is onveranderd vir dié kragmeting terwyl Wiaan Mulder en Theunis de Bruyn ook hul terugkeer na die groep maak na hul diens in die plaaslike eendagreeks. Sri Lanka loop met 1 – 0 voor in dié reeks van twee toetse.
  • Nieu-Seeland en Bangladesj se derde T20-wedstryd word Woensdag gespeel. Nieu-Seeland loop met 2 – 0 voor in dié reeks.
  • In die plaaslike eendagreeks word een wedstryd vandag in Bloemfontein gespeel.

Knights 13:30 Cape Cobras

Op die jongste punteleer is die Dolphins die voorlopers en spog met agt punte.

1 Dolphins 8
2 Warriors 6
3 Titans 5
4 Highveld Lions 4
5 Knights 2
6 Cape Cobras 0

Tennis

  • Op die jongste wêreldranglys is Kevin Anderson van Suid-Afrika steeds vyfde.

1 Novak Djokovic
2 Rafael Nadal
3 Alexander Zverev
4 Juan Martín del Potro
5 Kevin Anderson 

In die vroue-afdeling is Naomi Osaka steeds eerste op die wêreldranglys.

1 Naomi Osaka
2 Simona Halep
3 Sloane Stephens
4 Petra Kvitová
5 Karolína Plíšková 

Justin Rose. Foto: Michael Dwyer/AP Photo

Gholf

  • Op die jongste wêreldranglys is Justin Rose steeds die voorste speler.

1 Justin Rose
2 Brooks Koepka
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau    
27 Louis Oosthuizen
41 Branden Grace 

Motorwedrenne

  • Formule Een se wintertoetsing het gister in Barcelona begin. Ferrari het goed begin en Sebastian Vettel het die vinnigste tyd opgestel en ook die meeste rondes voltooi. 
  • Denny Hamlin het ʼn groot ongeluk, waarin verskeie motors betrokke was, vrygespring om Nascar se Daytona 500 te wen. Dit was Hamlin se tweede oorwinning in vier jaar op Daytona. 

Sokker

  • In die FA-beker was daar gister een wedstryd afgehandel.

Chelsea 0 – 2 Manchester United

  • In Uefa se kampioeneliga word daar vanaand twee wedstryde gespeel.

Liverpool 22:00 Bayern München
Olympique Lyonnais 22:00 Barcelona 

  • In Nedbank se uitdaagreeks is daar gister een wedstryd gespeel.

Black Leopards (2) 1 – 1 (3) Bidvest Wits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.