Vandag se sportnuus

Louis Oosthuizen. Foto: Michael Sherman/ANA

Rugby

  • Komende naweek se Superrugby-reeks begin reeds môre wanneer een wedstryd afgehandel word.

Vrydag
Highlanders 08:35 Reds

Saterdag
Sunwolves 06:15 Waratahs
Crusaders 08:35 Hurricanes
Brumbies 10:45 Chiefs
Sharks 15:05 Blues
Stormers 17:15 Lions
Jaguares 23:40 Bulls

Suid-Afrika se Egon Seconds sal in beheer wees van die wedstryd tussen die Stormers en Lions op Nuweland. AJ Jacobs sal die fluitjie hanteer in die wedstryd in Tokio tussen die Sunwolves en Waratahs.

  • In die Pro14-reeks word daar die naweek sewe wedstryde gespeel.

Vrydag
Ospreys 21:35 Munster
Glasgow Warriors 21:35 Connacht
Leinster 21:55 Kings

Saterdag
Benetton Treviso 15:00 Dragons
Edinburgh 21:35 Cardiff Blues
Ulster 21:35 Zebre

Sondag
Llanelli Scarlets 15:00 Cheetahs

  • Intussen is die Cheetahs se senter, Nico Lee, vir 13 weke geskors en hy sal die res van die reeks misloop. Lee is uitgewys vir swak sportmanskap toe hy die afgelope naweek sy neus in die rigting van ʼn opponent uitgeblaas het.
  • In die Sesnasies-reeks word daar komende Saterdag twee wedstryde en Sondag een wedstryd afgehandel. Josh Strauss sal beskikbaar wees vir Skotland teen Frankryk al het hy sy paspoort verloor.

Saterdag
Frankryk 16:15 Skotland
Wallis 18:45 Engeland

Sondag
Italië 17:00 Ierland

Krieket

  • Suid-Afrika en Sri Lanka se tweede en laaste toets begin Donderdagoggend om 10:00 in Port Elizabeth. Die beseerde Vernon Philander behoort deur die veelsydige Wiaan Mulder vervang te word. Sri Lanka loop met 1 – 0 voor in dié reeks.
  • Nieu-Seeland en Bangladesj se derde eendagwedstryd is gister in Dunedin afgehandel.

Nieu-Seeland 330/6
Bangladesj 242 (47.2/50 bb, teiken was 331)
Nieu-Seeland wen met 88 lopies en palm die reeks met 3 – 0 in.

  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se eerste eendagwedstryd is in Bridgetown voltooi.

Windies 360/8 (Chris Gayle 135 lopies van 129 balle)
Engeland 364/4 (48.4/50 bb, teiken was 361)
Jason Roy en Joe Root behaal honderdtalle en Engeland wen met 6 paaltjies met 8 balle oor.

  • In die plaaslike eendagreeks word daar Vrydag twee wedstryde gespeel.

Cape Cobras 13:30 Dolphins
Knights 13:30 Warriors

Tennis

  • By die Delray Beach Ope het John Isner en Andreas Seppi na die halfeind deurgedring. Suid-Afrika se Lloyd Harris is egter uitgeskakel.
  • By Dubai se Kampioenskap vir vroue het Carla Suárez Navarro, Simona Halep en Petra Kvitová na die halfeind deurgedring.

Gholf

  • Die Mexikaanse Kampioenskap, wat deel vorm van die Wêreld Gholfkampioenskap, begin vandag in Mexiko Stad. Ses Suid-Afrikaners is in aksie. George Coetzee, Shaun Norris, Louis Oosthuizen, Branden Grace, Richard Sterne en Erik van Rooyen.
  • Die Puerto Rico Ope begin vandag by die Coco Beach Buiteklub.
  • In Suid-Afrika slaan die spelers vanoggend op San Lameer af in die SA Meesters vir vroue. Nobuhle Dlamini is die gunsteling om dié toernooi te wen.

Motorwedrenne

  • Formule Een se wintertoetsing is gister in Barcelona voortgesit. Kevin Magnussen van Haas moes noodgedwonge gister se sessie prysgee as gevolg van ʼn sitplekprobleem.

Sokker

  • In Uefa se kampioeneliga is daar Woensdag twee wedstryde gespeel.

Schalke 2 – 3 Manchester City
Atlético Madrid 2 – 0 Juventus

  • In die plaaslike Premierliga is daar Woensdag een wedstryd afgehandel.

SuperSport United 1 – 0 Orlando Pirates

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet ·

Vieslik Nico Lee, ek kry lekker met jou ban, jammer hul skors jou nie summier uit die Pro14 uit nie.

Pieter ·

Ek wonder hoe lank nog moet ons gebuk gaan onder Amla se onvermoë. En saam met hom kan Faf en Otis ook maar gerus hul tasse pak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.