Vandag se sportnuus

Argieffoto

Rugby

  • Vandag word daar een wedstryd in die Superrugby-reeks gespeel.

Vandag

Highlanders 08:35 Reds

Saterdag

Sunwolves 06:15 Waratahs
Crusaders 08:35 Hurricanes
Brumbies 10:45 Chiefs
Sharks 15:05 Blues (Die Sharks het ʼn onveranderde span aangewys terwyl Sonny Bill Williams in die Blues se beginspan is.)
Stormers 17:15 Lions (Jean-Luc du Plessis is die Stormers se losskakel en  Damian Willemse die heelagter. Kwagga Smith sal flank speel vir die Lions en Stephan Lewies sal op slot uitdraf.)
Jaguares 23:40 Bulls (Cornal Hendricks sal op vleuel uitdraf vir die Bulls.)

  • Die Kings en Cheetahs is die naweek in aksie in die Pro14-reeks.

Vandag

Ospreys 21:35 Munster
Glasgow Warriors 21:35 Connacht
Leinster 21:55 Kings

Môre

Benetton Treviso 15:00 Dragons
Edinburgh 21:35 Cardiff Blues
Ulster 21:35 Zebre

Sondag

Llanelli Scarlets 15:00 Cheetahs

  • In die Sesnasies-reeks word daar môre twee wedstryde gespeel.

Môre

Frankryk 16:15 Skotland
Wallis 18:45 Engeland

Sondag

Italië 17:00 Ierland

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke se afrigter, Neil Powell, het die 20-jarige Sako Makata ingesluit in die groep van 13 spelers vir die twee toernooie in die VSA en Kanada. Drie spelers, Ryan Oosthuizen, Mfundo Ndhlovu en Muller du Plessis, is ook terug in die groep wat vandag na die VSA vertrek. Chris Dry is beseer terwyl Kyle Brown, Dewald Human en Zain Davids tuisbly. 

Suid-Afrika se Quinton de Kock tydens dag een van die tweede kriekettoets tussen Suid-Afrika en Sri Lank by St. George’s Park in Port Elizabeth [21 Februarie 2019]. (Foto: Michael Sheehan/AP)

Krieket

  • Suid-Afrika en Sri Lanka se tweede en laaste toets het gister sy eerste dag in Port Elizabeth beleef. Die Proteas het die loot gewen en eerste gekolf en was vinnig op 15/3.

Suid-Afrika 222 (Quinton de Kock 86)
Sri Lanka 60/3 (Duanne Olivier het reeds twee paaltjies platgetrek.)

Sri Lanka is nog 162 lopies agter met sewe paaltjies staande.

  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se tweede eendagwedstryd word vandag gespeel. Engeland het die eerste wedstryd gewen.
  • In die plaaslike eendagreeks word daar vandag twee wedstryde afgehandel.

Cape Cobras 13:30 Dolphins
Knights 13:30 Warriors

Tennis

  • By die Delray Beach Ope het John Isner en Andreas Seppi na die halfeind deurgedring. Nick Kyrgios is egter uitgeskakel.
  • By Dubai se Kampioenskap vir vroue het Petra Kvitová na die halfeind deurgedring, maar Karolína Plíšková en Simona Halep is uitgeskakel. 

Gholf

  • Die Mexikaanse Kampioenskap, wat deel vorm van die Wêreld-gholfkampioenskap, se eerste ronde is voltooi.

1 Rory McIlroy -8
2 Dustin Johnson -7
3 Justin Thomas -5
Matt Kuchar -5
5 George Coetzee -4
11 Richard Sterne -2 

  • Charl Schwartzel. (Foto: ANA)

    Die Puerto Rico Ope het ook by die Coco Beach Buiteklub begin.

1 Andres Romero -6
2 Sepp Straka -5
3 Ben Crane -4
36 Charl Schwartzel -1 

  • In Suid-Afrika is die eerste ronde van die SA Meesters vir vroue op San Lameer voltooi.

1 Sofie Bringner -1
2 Symone Henriques (a) 0
   Hannah McCook 0
4 Yolanda Duma +1
   Anna Magnusson +1
Kiran Matharu +1 

Motorwedrenne

  • Formule Een se wintertoetsing is gister in Catalunya voortgesit. Daniil Kvyat het in sy Honda-aangedrewe Toro Rosso die vinnigste ronde nog in 2019 aangeteken. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar vanaand twee wedstryde gespeel.

Cardiff City 21:45 Watford
West Ham United 21:45 Fulham 

  • In die plaaslike Premierliga word daar vanaand een wedstryd afgehandel.

Chippa United 20:00 Golden Arrows

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet ·

Nou waar is die wat vir my gese het Elgar is n masjien en die beste?! Erger as n kwota speler

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.