Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohInternasionale krieket

Die tweede dag van die tweede toets tussen die Proteas en Nieu-Seeland het vanoggend in Wellington begin. Die Proteas het die loot gewen en Nieu-Seeland ingestuur om te kolf. Nieu-Seeland was almal terug in die paviljoen vir 268. JP Duminy het 4 paaltjies vir 47 lopies platgetrek. In SA se eerste beurt het hulle vanoggend voortgekolf op hul oornagtelling van 24/2 en vinnig paaltjies verloor. Die Proteas was op 94/6 in die moeilikheid, voordat Temba Bavuma en Quinton de Kock die sake reggeruk het. De Kock het ʼn briljante 91 van 118 balle gemoker en Bavuma het 89 lopies bygedra. Dit het die Proteas gehelp om by die swart pette se eerste beurt totaal verby te beweeg. Teen 9:20 was Sa se telling 349/9 (95).

In die tweede toets tussen Sri Lanka en Bangladesh staan sake so teen uitskeityd op dag 2.

Sri Lanka 338

Bangladesh 214/5 (60 bb)

Bangladesh is nog 124 lopies agter met 5 paaltjies staande.

Die 3de toets tussen Indië en Australië het ook gister begin en na dag een het sake so gestaan:

Australië 299/4 (90 bb)

T20 Krieket

In die Momentum Eendagreeks word twee wedstryde vandag gespeel:

sport1

Tennis

By die ATP Indian Wells Meesters sluit van die kwarteindwedstryde die volgende in:

Roger Federer speel teen Nic Kyrgios en J Sock teen Key Nishikori. In die vroue-afdeling het Kristina Mladenovic die Wêreld nr 1, Caroline Wozniacki, met 3-6, 7-6 en 6-2 geklop.

Superrugby

Die naweek se SuperRugby bepalings lyk so:

 

 

sport2

Sesnasiesrugby

Die laaste ronde wedstyde in vanjaar se reeks word more gespeel.

 

sport3

Sewesrugby

Die Blitsbokke sal die res van die 2017-seisoen sonder  die spelskepper Justin Geduld moet klaarkom weens ʼn besering.

Gholf

In die Amerikaanse reeks is die eerste ronde van die Arnold Palmer Uitnodigingstoernooi op Bay Hill in Florida voltooi.

sport4

Sokker

In die Engelse Premierliga lyk more se bepalings so:

 

sport5

En in die plaaslike Premierliga lyk die naweek se aksie so:

 

sport6

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.