Vandag se sportnuus

Elton Jantjies van die Emirates Lions word aangevat deur Pieter-Steph du Toit van die DHL Stormers in hul eerste tuiswedstryd van die Super 15 by Newlands-stadion. (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Rugby

  • Sewe wedstryde is die naweek in die Superrugby-reeks gespeel.

Jaguares 27 – 12 Bulls
Stormers 19 – 17 Lions
Sharks 26 – 7 Blues
Brumbies 54 – 17 Chiefs
Crusaders 38 – 22 Hurricanes
Waratahs 31– 30 Sunwolves
Highlanders 36 – 31 Reds

  • Die Kings en Cheetahs was die naweek in aksie In die Pro14-reeks.

Llanelli Scarlets 43 – 21 Cheetahs
Edinburgh 17 – 19 Cardiff Blues
Ulster 54 – 7 Zebre
Benetton Treviso 57 – 7 Newport Gwent Dragons
Leinster 59 – 19 Kings
Ospreys 13 – 19 Munster
Glasgow Warriors 43 – 17 Connacht

  • In die Sesnasies-reeks is drie wedstryde gespeel.

Wallis 21 – 13 Engeland
Frankryk 27 – 10 Skotland
Italië 16 – 26 Ierland

  • Vier wedstryde word vandag in die Varsitybeker gespeel.

UCT Ikeys 16:45 UJ
CUT 18:30 Maties
UP-Tuks 18:30 Wits
Shimlas 19:00 NWU

Sewesrugby

  • Die wêreldreeks word komende naweek voortgesit wanneer die vyfde toernooi in die VSA aangebied word. 

Suid-Afrika se Faf du Plessis. (Foto: Krieket SA via ANA)

Krieket

  • Suid-Afrika en Sri Lanka se tweede en laaste toets het Saterdag reeds op dag drie in Port Elizabeth geëindig. Sri Lanka het geskiedenis gemaak deur die eerste land van die subkontinent te word wat ʼn toetsreeks in Suid-Afrika kon wen.

Suid-Afrika 222 en 128
Sri Lanka 154 en 197/2

Sri Lanka wen met 8 paaltjies en hulle wen die reeks met twee nul.

  • Intussen is Lungi Ngidi terug in die Proteas se groep vir die drie eendagwedstryde teen Sri Lanka. Die snelbouler Anrich Nortje van die Warriors is die nuweling in die groep. Hashim Amla is egter weggelaat uit die groep. Die eerste wedstryd word Sondag gespeel.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se derde eendagwedstryd word vandag gespeel. Die reekstelling is een elk.
  • Indië en Australië het gister in hul eerste T20-wedstryd kragte gemeet.

Indië 126/7
Australië 127/7 (20 bb, teiken was 127)

Australië wen met 3 paaltjies vanaf die laaste bal.

  • In die plaaslike eendagreeks is gister een wedstryd gespeel.

Cape Cobras 298/5
Highveld Lions 277

Die Cape Cobras wen met 21 lopies. 

Radu Albot van Moldova slaan die bal terug na Daniel Evans van Brittanje gedurende die finale tenniswedstryd by die Delray Beach Ope in Florida. (Foto: Wilfredo Lee/AP)

Tennis

  • By die Delray Beach Ope het Radu Albot vir Daniel Evans in drie stelle geklop om die titel in te palm.
  • By Dubai se Kampioenskap vir vroue het Belinda Bencic in die eindstryd met Petra Kvitová in drie stelle afgereken. Die telling was 6 – 3, 1 – 6 en 6 – 2. 

Gholf

  • Die Mexikaanse Kampioenskap is die naweek afgehandel.

1 Dustin Johnson -21
2 Rory McIlroy -16
3 Paul Casey -11
Ian Poulter -11
Kiradech Aphibarnrat -11
25 Louis Oosthuizen -4 

  • Die Puerto Rico Ope is by die Coco Beach‑buiteklub afgehandel.

1 Martin Trainer -15
2 Daniel Berger -12
Roger Sloan -12
Johnson Wagner -12
Aaron Baddeley -12
6 Charl Schwartzel -11 

  • In Suid-Afrika is die SA Meesters vir vroue op San Lameer voltooi.

1        Lejan Lewthwaite  RSA   -1      
2        Kajal Mistry (a)      RSA   -1      
3        Hannah McCook     SCO   +1     
          Kim Williams         RSA   +1 

Manchester City se Oleksandr Zinchenko en Chelsea se Ngolo Kante in aksie tydens die Engelse Premierliga se finale sokkerwedstryd tussen Chelsea en Manchester City by Wembley-stadion in Londen, Engeland. (Foto: Alastair Grant/AP)

Sokker

  • Manchester City het Chelsea in ʼn doeluitskietstryd met 4 – 3 geklop om die ligabeker op Wembley te wen.
  • In die Engelse Premierliga is gister twee wedstryde gespeel.

Arsenal 2 – 0 Southampton
Manchester United 0 – 0 Liverpool 

  • In die plaaslike Premierliga is gister twee wedstryde afgehandel.

Black Leopards 0 – 0 Highlands Park
Bloem Celtic 2 – 3 Free State Stars

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jannie ·

PROTEAS PATETIES……en die 2de keer dat Seconds ooglopend kroek…..

Anna ·

Krieket – Proteas wil elke toets soos ‘n eendag wedstryd hanteer en kan nie ‘n beurt “bou” nie. Daar is seker ‘n visvangekspedisie gereël vir twee dae !

Rugby – Geloofwaardigheid is nie iets wat meer met rugby vereenselwig kan word nie.

Die kwaliteit van skeidregters het oor die laaste +/- 3 jaar geweldig verswak.

Driekamp ·

Toeskouergetalle by wedstryde wys duidelik hoe rugby agteruitgaan. Swak gehalte van sommige spelers wat basiese foute maak, skeidsregters wat duidelik een span bevoordeel en te veel rugby reg deur die jaar, veroorsaak dat rugby sy glans verloor het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.