Vandag se sportnuus

Die Stormers, Bulls, Sharks en Lions se helde spog met hul nuwe truie. Foto: Twitter.

Rugby

  • In die Superrugby-reeks spog die Sharks met die eerste plek op die jongste saamgestelde punteleer.

1 Sharks 10

2 Crusaders 8

3 Brumbies 6

4 Highlanders 8

5 Bulls 5

6 Lions 5

7 Jaguares 5

8 Waratahs 5

9 Rebels 4

10 Hurricanes 4

11 Stormers 4

12 Reds 1

13 Blues 1

14 Sunwolves 1

15 Chiefs 1

  • Die Sale Sharks het aangekondig dat Robert du Preez en Akker van der Merwe aanstaande seisoen na dié klub verhuis.
  • Die twee kapteine van die Bulls en Lions sal komende Saterdag se wedstryd in Johannesburg misloop. Lood de Jager en Warren Whiteley is albei beseer.
  • Die WP se direkteur van rugby, Gert Smal, gaan sy pos op 1 Julie verlaat terwyl Paul Treu by die unie sal aanbly.
  • In die Pro14-reeks is Munster die voorlopers in Konferensie A en Leinster is bo in Konferensie B. Die Cheetahs is sesde en die Kings sewende in hul onderskeie konferensies.
  • In die Sesnasies-reeks is Wallis die voorlopers op die punteleer na afloop van drie rondes.

Foto: AP Photo/Alessandra Tarantino

1 Wallis 12

2 Engeland 10

3 Ierland 9

4 Frankryk 6

5 Skotland 5

6 Italië 0

  • Op die jongste Rugby-wêreldranglys het Engeland, na hul pakslae teen Wallis, nou afgeskuif na die vierde plek.
  1. Nieu-Seeland 92.54
  2. Ierland 89.92
  3. Wallis 88.30
  4. Engeland 87.27
  5. Suid-Afrika 84.58
  6. Australië 82.40
  7. Skotland 79.61
  8. Frankryk 78.71
  9. Fidji 77,95
  10. Argentinië 77.05
  • Vier wedstryde is gister in die Varsitybeker gespeel.

UCT Ikeys 42 – 23 UJ

CUT 15 – 50 Maties

UP-Tuks 46 – 12 Wits

Shimlas 13 – 26 NWU

Sewesrugby

  • Die wêreldreeks word komende naweek in die VSA voortgesit. Die Blitsbokke het 40 uur lank gereis om in Las Vegas uit te kom. Op die jongste punteleer is die VSA en Nieu-Seeland kop aan kop.

1 Nieu-Seeland 76

2 VSA 76

3 Fidji 72

4 Suid-Afrika 57

5 Engeland 55

6 Australië 47

Die Proteas se kolwers het harde bene teen Sri Lanka gekou. Foto: Cricinfo.

Krieket

  • Suid-Afrika het op die jongste toetsranglys na die derde plek teruggesak nadat hulle die reeks teen Sri Lanka verloor het.

1 Indië 116

2 Nieu-Seeland 107

3 Suid-Afrika 105

4 Australië 104

5 Engeland 104

6 Sri Lanka 93

  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se derde eendagwedstryd het gister uitgereën.
  • Indië en Australië se tweede T20-wedstryd word môre gespeel.
  • AB De Villiers sal vir Middlesex speel tydens vanjaar se 2019 Vitality Blast- kompetisie.
  • In die plaaslike eendagreeks word vandag een wedstryd afgehandel. Die voorlopers op die punteleer, die Dolphins, speel om 13:30 op Kingsmead teen die Warriors.

1 Dolphins 12

2 Warriors 10

3 Cape Cobras 8

4 Titans 5

5 Highveld Lions 4

6 Knights 2

Roger Federer. Foto: Ng Han Guan, AP

Tennis

  • In Dubai se kampioenskap het Roger Federer sy aanslag op ʼn 100ste titel met ʼn oorwinning oor Philipp Kohlschreiber begin.

Gholf

  • Ná die Mexikaanse kampioenskap is Dustin Johnson nou tweede op die wêreldranglys.

1 Justin Rose

2 Dustin Johnson

3 Justin Thomas

4 Brooks Koepka

5 Bryson DeChambeau

6 Rory McIlroy

27 Louis Oosthuizen

41 Branden Grace

  • In vroue gholf is die fokus op die SuperSport uitdaging vir vroue wat vandag begin. Kim Williams is een van die gunstelinge in dié toernooi wat by die Wildekus gespeel word.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is Liverpool net een punt voor Man City.

1 Liverpool 66

2 Manchester City 65

3 Tottenham Hotspur 60

4 Arsenal 53

5 Manchester United 52

6 Chelsea 50

  • In die plaaslike Premierliga slaan Wits tans die kitaar op die punteleer.

1 Wits 38

2 Orlando Pirates 36

3 Mamelodi Sundowns 36

4 Cape Town City 33

5 SuperSport United 32

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus Steyn ·

Die krietet toets ranlys is vleiend. Met die kaptein en afrigter verdien ons nie die 10de plek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.