Vandag se sportnuus

Atletiek

  • Die IAAF het bekend gemaak dat hulle vir die eerste keer ʼn splinternuwe ranglysstelsel vir elke item en atleet daar gaan stel. Die atlete se posisie sal gebaseer word op die punte wat hulle aanteken na gelang van prestasie en uitslae asook die belangrikheid van die byeenkoms.

Rugby

  • In die Superrugby-reeks sal al vier Suid-Afrikaanse spanne die naweek in plaaslike kragmetings in aksie wees.

Die Stormers, Bulls, Sharks en Lions se helde spog met hul nuwe truie. Foto: Twitter.

Saterdag

Lions 15:05 Bulls

Sharks 17:15 Stormers

  • In die Pro14-reeks is die Cheetahs en die Kings weer in wegwedstryde betrokke.

Vrydag

Leinster 21:35 Cheetahs

Saterdag

Cardiff Blues 21:35 Kings

  • In die Sesnasies-reeks rus die spanne tot aanstaande naweek.
  • In die Varsitybeker is Maties die voorloper op die jongste punteleer.

1 Maties 19

2 UP-Tuks 15

3 NWU 14

4 Shimlas 10

5 UCT Ikeys 10

6 Wits 6

7 CUT 4

8 UJ 2

9 UWC 0

Sewesrugby

  • Die wêreldreeks word komende naweek in die VSA voortgesit wanneer die vyfde toernooi in die reeks gespeel word. Die Blitsbokke is in groep D saam met Japan, Chili en Engeland vir die groepfase. Die voorste puntemakers in die eerste vier toernooie vir die Blitsbokke is:
  1. Siviwe Soyizwapi 80
  2. Selvyn Davids 63
  3. Werner Kok 60
  4. Justin Geduld 56
  5. Branco du Preez 42

Duanne Olivier in aksie. Foto: Twitter/ANA

Krieket

  • Suid-Afrika se eerste eendagwedstryd teen Sri Lanka word Sondag gespeel.
  • Intussen het KSA hul teleurstelling uitgespreek oor die snelbouler, Duanne Olivier, se besluit om sy loopbaan in Engeland voort te sit.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se vierde eendagwedstryd word vandag gespeel. Die reekstelling is een elk.
  • Indië en Australië se tweede T20-wedstryd word ook vandag afgehandel.
  • In die plaaslike eendagreeks is een wedstryd gister afgehandel.

Dolphins 244

Warriors 152/2

Die Warriors het hul wedstryd in Durban teen die Dolphins met 8 paaltjies op die D/L‑metode gewen en ook opgeskuif na die eerste plek op die punteleer.

Vandag speel die Lions om 13:30 teen die Titans op Potchefstroom.

Tennis

  • By Dubai se Kampioenskap het (1) Kei Nishikori vir Benoit Paire in die ronde van 32 met 6 – 4 en 6 – 3 geklop. In die ronde van 16 speel (2) Roger Federer vandag teen Fernando Verdasco.

Gholf

  • In die Europese reeks begin die Oman Ope môre.
  • In Amerika word die Honda Classic die week gespeel.
  • Op die plaaslike front is die fokus op Dainfern waar die Sonskynreeks se spankompetisie gespeel gaan word.
  • Die SuperSport Uitdaging vir Vroue se eerste ronde is gister by die Wildekus gespeel. Die buitelandse spelers het die beste gevaar.

66 – Jessica Dreesbeimdieke (NAM)

68 – Nobuhle Dlamini (SWZ), Laura Murray (SKO)

69 – Bertine Faber (RSA), Emilie Piquot (FRA), Chloe Williams (WAL), Jane Turner (SKO)

70 – Kiran Matharu (ENG), Kajal Mistry AMA

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is gister vier wedstryde gespeel.

Cardiff City 0 – 3 Everton

Leicester City 2 – 1 Brighton & Hove Albion

Huddersfield Town 1 – 0 Wolverhampton Wanderers

Newcastle United 2 – 0 Burnley

  • Banyana Banyana speel vandag in hul eerste wedstryd in die Ciprus-toernooi teen Finland. Twaalf lande is in aksie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Robert ·

Met die feit dat ‘n speler nie altyd seker is of hy nog more in die krieket span gaan wees nie sal ek ook my goed vat en geld gaan maak in die noorde. So KSA kry vir julle met julle politieke dinge en hou julle neuse uit ASA se sake wat die Caster saak betref en kry julle bestuur/afrigter span reg julle is pateties.

OudP ·

Geluk Duane! Wie wil nou vir so n protea span speel, met patetiese kapteinskap, swak houding, blameer alles en almal vir mislukking. Sterkte en enjoy!!

D B ·

Die geld het verseker ‘n rol gespeel, maar lees bietjie meer oor hoe Duane dit sien, geen BEE gemors in ‘n span nie, hy kan daar bly en sy toekoms as mens verseker in ‘n baie “veiliger” land as S.A.

ABA ·

Net soos AB meer tyd saam “familie” wil spandeer, maar in al wat n 20/20 is jol? Soms is die spelers slimmer as om te se oor wat dit werklik gaan.

Pieter ·

Mooi so Duanne. Jy word misken in jou eie land so gaan soek gerus erkenning elders. Die proteas is in elk geval so verlep dat jou talente vermors is op hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.