Vandag se sportnuus

Argieffoto

Rugby

  • Die spanne vir komende naweek se wedstryde in die Superrugby-reeks sal almal vandag bekend wees. Die aksie begin môre wanneer twee wedstryde gespeel word (skeidsregters tussen hakies).

Môre

Hurricanes 08:35 Brumbies
Rebels 10:45 Highlanders (AJ Jacobs)

Saterdag

Chiefs 08:35 Sunwolves
Reds 10:45 Crusaders (Marius van der Westhuizen)
Lions 15:05 Bulls (Paul Williams van Nieu-Seeland). Die Bulls het Eli Snyman in die beseerde Lood de Jager se plek op slot gekies terwyl Dylan Sage op binnesenter uitdraf in Burger Odendaal se nommer 12‑trui.
Sharks 17:15 Stormers (Jaco Peyper)
Jaguares 23:40 Blues (Rasta Rasivhenge)

  • In die Pro14-reeks speel die Cheetahs môre en die Kings Saterdag in onderskeidelik Ierland en Wallis.

Môre

Leinster 21:35 Cheetahs

Saterdag 

Connacht 16:45 Ospreys
Benetton Treviso 17:00 Edinburgh
Llanelli Scarlets 19:00 Munster
Zebre 19:15 Glasgow Warriors
Cardiff Blues 21:35 Kings

Sondag

Dragons 17:00 Ulster

Werner Kok (Foto: Twitter @Blitzboks)

Sewesrugby

  • Die wêreldreeks se vyfde toernooi begin môre in Las Vegas. Die Blitsbokke het dié toernooi al vier keer gewen, naamlik in 2011, 2013, 2014 asook 2017. Branco du Preez was deel van die span tydens ál vier geleenthede. Werner Kok het reeds 96 drieë vir die Blitsbokke gedruk en kan dalk dié naweek sy 100ste drie aanteken. 

Krieket

  • Suid-Afrika se eerste eendagwedstryd teen Sri Lanka word Sondag gespeel.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se vierde eendagwedstryd is gister afgehandel.

Engeland 418/6
Windies 389 (Chris Gayle bereik die 10 000‑lopiemerk in eendagkrieket)

Engeland wen met 29 lopies en loop met 2–1 voor in dié reeks van vyf wedstryde.

  • Indië en Australië se tweede T20-wedstryd is ook gister afgehandel.

Indië 190/4
Australië 194/3 (19.4/20 bb, teiken was 191)

Australië wen met 7 paaltjies met 2 balle oor en loop met twee nul voor.

  • In die plaaslike eendagreeks is een wedstryd gister op Potchefstroom afgehandel.

Titans 309/7
Lions 311/2

Lions wen met 8 paaltjies met 18 balle oor.

Môre word twee wedstryde gespeel.

Cape Cobras 13:30 Titans
Warriors 13:30 Highveld Lions

Roger Federer in aksie. Foto: Mark Schiefelbein/AP

Tennis

  • By Dubai se Kampioenskap is (1) Kei Nishikori in die ronde van 16 uitgeskakel. (2) Roger Federer het sy plek in die kwarteind bespreek. 

Gholf

  • In die Europese reeks het die Oman Ope vanoggend begin. Dertien Suid-Afrikaners, wat Brandon Stone en George Coetzee insluit, is in aksie. 
  • In Amerika begin die Honda Classic later vandag op Palm Beach Gardens in Florida. Ernie Els, Charl Schwartzel en Dylan Frittelli sal ook hul stokke swaai.
  • Op Dainfern in Gauteng word die Sonskynreeks se Spankompetisie Daar is op die eerste twee dae 48 spanne met twee spelers elk waarvan 24 spanne vir die laaste dag sal kwalifiseer. Daar word in beterbal en beurtspel meegeding.
  • Die SuperSport Uitdaging vir Vroue se tweede ronde is gister by die Wildekus gespeel.

138 Jane Turner (SKO) 69 69
140 Nobuhle Dlamini (SWZ) 68 72
141 Chloe Williams (WAL) 69 72
142 Gabrielle Macdonald (SKO) 72 70, Kajal Mistry AMA 70 72, Jessica Dreesbeimdieke (NAM) 66 76 

Argieffoto: Andy03, Pixabay

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is gister ses wedstryde gespeel.

Arsenal 5 – 1 Bournemouth
Southampton 2 – 0 Fulham
Manchester City 1 – 0 West Ham United
Chelsea 2 – 0 Tottenham Hotspur
Crystal Palace 1 – 3 Manchester United
Liverpool 5 – 0 Watford

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gister afgehandel.

Mamelodi Sundowns 3 – 2 Cape Town City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.