Vandag se sportnuus

Rugby

  • Wêreldrugby het die groen lig gegee vir ʼn nuwe Wêreldliga wat uit 12 spanne sal bestaan. Dié kompetisie sal saamgestel word uit die spanne van die Sesnasiesreeks, die Rugbykampioenskap asook die VSA en Japan.
  • Die Superrugbyreeks se wedstryde vir dié naweek begin vanoggend.

Vandag

Hurricanes 8:35 Brumbies

Rebels 10:45 Highlanders

Môre

Chiefs 8:35 Sunwolves

Reds 10:45 Crusaders

Malcolm Marx. (Foto: GB Jordaan)

Lions 15:05 Bulls

(Malcolm Marx sal as kaptein van die Lions uitdraf. Hacjivah Dayimani speel in die beseerde Warren Whiteley se plek en Rhyno Herbst vervang Marvin Orie. Aphiwe Dyantyi speel linkervleuel.)

Sharks 17:15 Stormers

(Die Sharks se span is onveranderd terwyl die Stormers drie veranderinge toon. Slot Eben Etzebeth, skrumskakel Herschel Jantjies en senter Dan du Plessis speel almal in hul eerste Superwedstryd van die seisoen.)

Jaguares 23:40 Blues

  • In die Pro14-reeks word daar sewe wedstryde gespeel.

Vandag

Leinster 21:35 Cheetahs

(Skrumskakel Tian Meyer is terug in die span en ook weer die kaptein.)

Môre

Connacht 16:45 Ospreys

Benetton Treviso 17:00 Edinburgh

Llanelli Scarlets 19:00 Munster

Zebre 19:15 Glasgow Warriors

Cardiff Blues 21:35 Kings

Sondag

Dragons 17:00 Ulster

Foto: Blitzboks/Twitter

Sewesrugby

  • Die wêreldreeks se vyfde toernooi begin môreoggend in die Sam Boyd-stadion in Las Vegas.

Suid-Afrika 03:12 Japan

Suid-Afrika 06:13 Chili

Sondagoggend

Engeland 00:10 Suid-Afrika

Krieket

  • Suid-Afrika se eerste Eendagwedstryd teen Sri Lanka word Sondag gespeel. Sri Lanka het gister sy opwarmingswedstryd teen ʼn uitnodigingspan gemaklik met ses paaltjies gewen.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se vyfde en laaste eendagwedstryd word môre afgehandel. Engeland loop met 2-1 voor in dié reeks van vyf wedstryde.
  • Indië en Australië se eerste eendagwedstryd word ook môre gespeel.
  • In die plaaslike eendagreeks word daar vandag twee wedstryde

Cape Cobras 13:30 Titans

Warriors 13:30 Highveld Lions

Roger Federer. (Foto: AP Photo/Andy Brownbill)

Tennis

  • By Dubai se Kampioenskap het (2) Roger Federer sy plek in die halfeind bespreek en daarmee is hy nog ʼn stappie nader aan sy 100ste toernooi-oorwinning van sy loopbaan. Die drie ander spelers in die halfeind is (5) Stefanos Tsitsipas, Gael Monfils en (6) Borna Coric.
  • Maria Sharapova het haar ná ʼn skoueroperasie aan die Miami Ope, wat later dié maand gespeel word, onttrek.

Gholf

  • In die Europese reeks het die Oman Ope gister begin.

1 Kurt Kitayama -6

2 Yusaku Miyazato -5

Scott Jamieson -5

15 Brandon Stone -2

     Christiaan Bezuidenhout -2

  • In Amerika is die Honda Classic se eerste ronde op Palm Beach Gardens in Florida voltooi.

1 Jhonattan Vegas -6

2 Zach Johnson -4

Ernie Els -4

Ben Silverman -4

Lucas Glover -4

6 Charl Schwartzel -3

   Rory Sabbatini -3

  • Die Sonskynreeks se Spankompetisie op Dainfern se eerste ronde is voltooi. Die verdedigende kampioene Jean Hugo en Hennie du Plessis het in die beterbal-kompetisie nie een brouhou aangeteken nie.

1 J Hugo & H Du Plessis    -14     (58 houe)

2 D Greene & J Redman    -13     (59 houe)

3 J Prinsloo & JC Ritchie    -11     (61 houe)

  • Die SuperSport Uitdaging vir Vroue se derde en laaste ronde is gister by die Wildekus gespeel.

206 Jane Turner (SKO) 69 69 68

210 Nobuhle Dlamini (SWZ) 68 72 70

212 Gabrielle Macdonald (SKO) 72 70 70

213 Kelsey Nicholas 78 68 67

Wayde van Niekerk tydens die Wêreld-atletiekkampioenskap in Londen (2017) Foto: AP Photo/Tim Ireland/File via ANA

Atletiek

  • Die 400 m- Olimpiese kampioen, Wayde Van Niekerk, sê hy werk baie hard om gereed te wees vir die Wêreldkampioenskapsreeks in Doha. Van Niekerk was verlede naweek terug op die baan nadat hy in 2017 ʼn besering tydens ʼn raakrugby-wedstryd opgedoen het.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre sewe wedstryde gespeel.

Tottenham Hotspur 14:30 Arsenal

Manchester United 17:00 Southampton

Wolverhampton Wanderers 17:00 Cardiff City

Burnley 17:00 Crystal Palace

Bournemouth 17:00 Manchester City

Brighton & Hove Albion 17:00 Huddersfield Town

West Ham United 19:30 Newcastle United

  • In die plaaslike Premierliga word een wedstryd vanaand afgehandel.

Maritzburg United 20:00 AmaZulu

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kobus Steyn ·

As die vis nie wil byt nie is daar genoeg sport om te kyk

Pieter ·

Ten minste kan ons uitsien na die feit dat daar 2 SA spanne aan die wenkant sal wees Saterdag.

Xtremely Boaring ·

Dit lyk nie of die toeskouers val vir die ” Superhero” grap nie, die gehalte van rugby en die skeidsregters is nie op standaard nie . Die stampkargeploeter is nie rugby nie..

ac ·

Julle kla almal oor die rugby,gaan speel jukskei dan doen jy iets.Almal net negatief aktief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.