Vandag se sportnuus

Die Bulls het vanmiddag hoog teen die Lions gerank om 30-12 in Johannesburg te wen. Foto: GB Jordaan.

Rugby

  • Sewe wedstryde is die naweek in die Superrugby-reeks gespeel:

Hurricanes 43 – 13 Brumbies

Rebels 24 – 19 Highlanders

Chiefs 15 – 30 Sunwolves

Reds 12 – 22 Crusaders

Lions 12 – 30 Bulls

Sharks 11 – 16 Stormers

Jaguares 23 – 9 Blues

  • In die Pro14-reeks is daar ook sewe wedstryde gespeel.

Leinster 19 – 7 Cheetahs

Connacht 46 – 5 Ospreys

Benetton Treviso 18 – 10 Edinburgh

Llanelli Scarlets 10 – 6 Munster

Cardiff Blues 26 – 19 Kings

Dragons 15 – 28 Ulster

Zebre 10 – 42 Glasgow Warriors

Die Blitsbokke het vroeg Sondagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) Engeland in hul derde en laaste groepwedstryd met 29-12 geklop. (Foto: Twitter via @Blitzboks)

Sewesrugby

  • Die wêreldreeks se vyfde toernooi is in die Sam Boyd Stadion in Las Vegas voltooi. Die Blitsbokke het in die groepfase met Japan en Engeland afgereken en gelykop gespeel teen Chili. In die kwarteind het die VSA die Blitsbokke met 29-10 geklop. Suid-Afrika is ook deur Fidji met 14-12 getroef om uiteindelik sewende te eindig. Die toernooi is deur die VSA gewen terwyl Samoa tweede was.

Varsitybeker

  • Vier wedstryde word vandag gespeel.

UJ 16:45 Wits

Shimlas 18:30 UCT Ikeys

UWC 18:30 UP-Tuks

Maties 19:00 NWU

Krieket

  • Suid-Afrika se eerste eendagwedstryd teen Sri Lanka is gister gespeel.

Sri Lanka 231 (Imran Tahir en Lungi Ngidi het elkeen 3 paaltjies geneem.)

Suid-Afrika 232/2 (Faf du Plessis 112 en Quinton de Kock 81)

Suid-Afrika wen met 8 paaltjies en loop met 1-0voor in die reeks van vyf wedstryde.

  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se vyfde en laaste eendagwedstryd is Saterdag afgehandel.

Engeland 113

Windies 115/3 (12.1/50 bb, teiken was 114)

Windies wen met 7 paaltjies en die reeks eindig gelykop met twee elk.

  • Indië en Australië se eerste eendagwedstryd is ook Saterdag gespeel.

Australië 236/7

Indië 240/4 (48.2 bb, teiken was 237)

Indië wen met 6 paaltjies met 10 balle oor en loop met 1-0 voor in die reeks.

  • In die plaaslike eendagreeks is een wedstryd gister gespeel.

Titans 369/5

Warriors 314 (47.1/50 bb, teiken was 370)

Titans wen met 55 lopies.

Roger Federer. (Foto: AP Photo/Andy Brownbill)

Tennis

  • By Dubai se Kampioenskap het (2) Roger Federer sy honderdste ATP-toernooi-oorwinning van sy loopbaan behaal. Federer het (5) Stefanos Tsitsipas in die eindstryd, in skoon stelle, met 6-4 en 6-4 geklop.

Gholf

  • In die Europese reeks het die Oman Ope gister ten einde geloop.

1 Kurt Kitayama -7

2 Jorge Campillo -6

Clément Sordet -6

Fabrizio Zanotti -6

Maximilian Kieffer -6

23 Louis de Jager +1

  • In Amerika is die Honda Classic op Palm Beach Gardens in Florida voltooi.

1 Keith Mitchell -9

2 Brooks Koepka -8

Rickie Fowler -8

Charl Schwartzel. Foto: Michael Sherman/ANA

16 Charl Schwartzel -2

  • Die Sonskynreeks-spankompetisie op Dainfern is Saterdag afgehandel.

Jaco Prinsloo en JC Ritchie het die toernooi met een hou gewen. Hulle het 189 houe gespeel en was op -27.

1        J Prinsloo & JC Ritchie -27 61      66      62      189

2        J Blaauw & M Bremner -26 62      65      63      190

Swem

  • Michelle Weber het die goue medalje ingeoes by die 5 km-wedren tydens gister se Nasionale Oopwater-kampioenskap in Jeffreysbaai. Robyn Kinghorn was tweede en Amica de Jager derde.
  • Die manswedren oor 5 km is deur Michael McGlynn gewen.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is drie wedstryde gister gespeel.

Fulham 1 – 2 Chelsea

Watford 2 – 1 Leicester City

Everton 0 – 0 Liverpool

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gister gespeel.

Baroka 1 – 3 Polokwane City

Chippa United 0 – 1 SuperSport United

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanL ·

Pieter, die Stormers het met 16-11 gewen teen Sharks -klein vingerfoutjie.

Lekker lag ·

Dalk moet mens eers jou volle naam en epos adres gee voor hulle notisie vat van jou aanbevelings anders dink hulle jy skryf onder ‘n skuilnaam soos die EFF of BLF.

Nico Strydom ·

Dagsê JohanL
Dankie dit is reggestel.
Vriendelike groete
Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.