Vandag se sportnuus

Gert Smal. Foto: twitter.com/SuperSportTV/ANA

Rugby

  • Die Japanse klub Verblitz het bevestig dat Gert Smal hom by dié klub gaan aansluit as die assistent- en voorspeler-afrigter vir die 2019/20-seisoen.
  • Die Crusaders het die voortou op die saamgestelde punteleer van die Superrugby-reeks geneem.

1 Crusaders 12

2 Sharks 11

3 Rebels 8

4 Bulls 9

5 Hurricanes 9

6 Jaguares 9

7 Highlanders 9

8 Stormers 8

9 Brumbies 6

10 Waratahs 5

11 Lions 5

12 Sunwolves 5

13 Blues 2

14 Reds 1

15 Chiefs 1

  • Die kaptein van die Bulls, Lood de Jager, sal vir nagenoeg vier maande op die kantlyn wees vir ʼn skouerbesering waarvoor hy ʼn operasie moet ondergaan.
  • In die Pro14-reeks is die Glasgow Warriors die voorlopers in Konferensie A terwyl Leinster gemaklik voor is in Konferensie B. Die Cheetahs is sesde en die Kings sewende in hul twee onderskeie konferensies.

Die Blitsbokke het vroeg Sondagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) Engeland in hul derde en laaste groepwedstryd met 29-12 geklop. (Foto: Twitter via @Blitzboks)

Sewesrugby

  • Ná die vyfde toernooi in die wêreldreeks het Suid-Afrika teruggesak na die vyfde posisie op die punteleer.

1 VSA 98

2 Nieu-Seeland 93

3 Fidji 84

4 Engeland 68

5 Suid-Afrika 67

6 Australië 57

  • Intussen is Zain Davids en Kurt-Lee Arendse opgeroep om hulle by die Blitsbokke se groep aan te sluit vir komende naweek se toernooi in Kanada.

Varsitybeker

  • Vier wedstryde is gister in ronde vyf van dié kompetisie afgehandel.

UJ 37 – 16 Wits

Shimlas 51 – 40 UCT Ikeys

UWC 12 – 70 UP-Tuks

Maties 43 – 15 NWU

Imran Tahir, speler van die wedstryd met sy 4/27. (Foto: twitter cricketsa)

Krieket

  • Suid-Afrika se tweede Eendagwedstryd teen Sri Lanka word môre gespeel. Suid-Afrika loop met een nul voor in die reeks van vyf wedstryde.
  • Die Proteas se draaibalbouler, Imran Tahir, het bevestig dat hy ná vanjaar se Wêreldbeker nie meer Suid-Afrika in eendag internasionale wedstryde sal verteenwoordig nie. Die 39-jarige Tahir se kontrak verstryk aan die einde van Julie. Hy sal nog beskikbaar wees vir T20-wedstryde.
  • Indië en Australië se tweede eendagwedstryd word vandag gespeel.

Indië loop met een nul voor in dié reeks.

  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se eerste T20-wedstryd word ook vandag afgehandel.
  • In die plaaslike eendagreeks is die Warriors die voorlopers op die punteleer.

1 Warriors 18

2 Dolphins 16

3 Titans 14

4 Highveld Lions 8

5 Cape Cobras 8

6 Knights 2

Kevin Anderson. Foto: AP Photo/Ben Curtis

Tennis

  • Op die jongste wêreldranglys het Suid-Afrika se Kevin Anderson met een posisie teruggesak.
  1. Novak Djokovic (SER)
  2. Rafael Nadal (SPA)
  3. Alexander Zverev (DUI)
  4. Roger Federer (SWI)
  5. Juan Martin Del Potro (ARG)
  6. Kevin Anderson (RSA)

Gholf

  • Tiger Woods sukkel met ʼn nekbesering en het hom onttrek aan dié week se Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi.
  • Op die jongste wêreldranglys is Justin Rose sy eerste plek kwyt.

1 Dustin Johnson

2 Justin Rose

3 Brooks Koepka

4 Justin Thomas

5 Bryson DeChambeau

25 Louis Oosthuizen      

41 Branden Grace

Sokker

  • In Eufa se Kampioeneliga word twee wedstryde vanaand gespeel.

Real Madrid 22:00 Ajax

Borussia Dortmund 22:00 Tottenham Hotspur

  • In die plaaslike Premierliga word twee wedstryde vanaand gespeel.

Orlando Pirates 19:30 Bloemfontein Celtic

Cape Town City 19:30 Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.