Rugby
- Die Japanse klub Verblitz het bevestig dat Gert Smal hom by dié klub gaan aansluit as die assistent- en voorspeler-afrigter vir die 2019/20-seisoen.
- Die Crusaders het die voortou op die saamgestelde punteleer van die Superrugby-reeks geneem.
1 Crusaders 12
2 Sharks 11
3 Rebels 8
4 Bulls 9
5 Hurricanes 9
6 Jaguares 9
7 Highlanders 9
8 Stormers 8
9 Brumbies 6
10 Waratahs 5
11 Lions 5
12 Sunwolves 5
13 Blues 2
14 Reds 1
15 Chiefs 1
- Die kaptein van die Bulls, Lood de Jager, sal vir nagenoeg vier maande op die kantlyn wees vir ʼn skouerbesering waarvoor hy ʼn operasie moet ondergaan.
- In die Pro14-reeks is die Glasgow Warriors die voorlopers in Konferensie A terwyl Leinster gemaklik voor is in Konferensie B. Die Cheetahs is sesde en die Kings sewende in hul twee onderskeie konferensies.
Sewesrugby
- Ná die vyfde toernooi in die wêreldreeks het Suid-Afrika teruggesak na die vyfde posisie op die punteleer.
1 VSA 98
2 Nieu-Seeland 93
3 Fidji 84
4 Engeland 68
5 Suid-Afrika 67
6 Australië 57
- Intussen is Zain Davids en Kurt-Lee Arendse opgeroep om hulle by die Blitsbokke se groep aan te sluit vir komende naweek se toernooi in Kanada.
Varsitybeker
- Vier wedstryde is gister in ronde vyf van dié kompetisie afgehandel.
UJ 37 – 16 Wits
Shimlas 51 – 40 UCT Ikeys
UWC 12 – 70 UP-Tuks
Maties 43 – 15 NWU
Krieket
- Suid-Afrika se tweede Eendagwedstryd teen Sri Lanka word môre gespeel. Suid-Afrika loop met een nul voor in die reeks van vyf wedstryde.
- Die Proteas se draaibalbouler, Imran Tahir, het bevestig dat hy ná vanjaar se Wêreldbeker nie meer Suid-Afrika in eendag internasionale wedstryde sal verteenwoordig nie. Die 39-jarige Tahir se kontrak verstryk aan die einde van Julie. Hy sal nog beskikbaar wees vir T20-wedstryde.
- Indië en Australië se tweede eendagwedstryd word vandag gespeel.
Indië loop met een nul voor in dié reeks.
- Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se eerste T20-wedstryd word ook vandag afgehandel.
- In die plaaslike eendagreeks is die Warriors die voorlopers op die punteleer.
1 Warriors 18
2 Dolphins 16
3 Titans 14
4 Highveld Lions 8
5 Cape Cobras 8
6 Knights 2
Tennis
- Op die jongste wêreldranglys het Suid-Afrika se Kevin Anderson met een posisie teruggesak.
- Novak Djokovic (SER)
- Rafael Nadal (SPA)
- Alexander Zverev (DUI)
- Roger Federer (SWI)
- Juan Martin Del Potro (ARG)
- Kevin Anderson (RSA)
Gholf
- Tiger Woods sukkel met ʼn nekbesering en het hom onttrek aan dié week se Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi.
- Op die jongste wêreldranglys is Justin Rose sy eerste plek kwyt.
1 Dustin Johnson
2 Justin Rose
3 Brooks Koepka
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau
25 Louis Oosthuizen
41 Branden Grace
Sokker
- In Eufa se Kampioeneliga word twee wedstryde vanaand gespeel.
Real Madrid 22:00 Ajax
Borussia Dortmund 22:00 Tottenham Hotspur
- In die plaaslike Premierliga word twee wedstryde vanaand gespeel.
Orlando Pirates 19:30 Bloemfontein Celtic
Cape Town City 19:30 Mamelodi Sundowns