Vandag se sportnuus

Die Lions se Aphiwe Dyantyi. Foto: Facebook.

Rugby

  • Sewe wedstryde word komende naweek in die Superrugby-reeks gespeel. Drie van die Suid-Afrikaanse spanne is in aksie.

Saterdag

Lions 15:05 Jaguares (Rasta Rasivhenge)

Bulls 17:15 Sharks (Marius van der Westhuizen)

  • Die Sharks sal sonder hul heelagter, Aphelele Fassi, na Pretoria reis. Fassi sukkel tans met harsingskudding.
  • John Dobson sal Robbie Fleck aanstaande seisoen as die Stormers se afrigter vervang. Paul Treu sal die prestasie- en innovasiebestuurder wees.
  • In die Pro14-reeks rus die spanne vir twee weke.
  • Die Sesnasies-reeks word egter die naweek weer voorgesit met drie wedstryde wat gespeel word. Wallis het net een verandering gemaak aan hul span wat Skotland pak. Adam Beard vervang die beseerde Cory Hill.

Sewesrugby

  • Die sesde toernooi in die wêreldreeks word komende naweek in Kanada gespeel. Suid-Afrika bevind hulself saam met die VSA, Wallis en Chili in groep A.

Die Maties is vanjaar witwarm in die Varsitybeker. Foto: Facebook.

Varsitybeker

  • Op die jongste punteleer is die Maties steeds die voorlopers.

1 Maties 24

2 UP-Tuks 20

3 Shimlas 15

4 NWU 14

5 UCT Ikeys 11

6 UJ 7

7 Wits 7

8 CUT 4

9 UWC 0

Cravenweek

  • Suid-Afrika se prestige skolerugby-week sit vanjaar sonder ʼn borg. Die onder 18-toernooi word van 1 tot 6 Julie by Grey Kollege in Bloemfontein aangebied.

AB de Villiers. Foto: ANA

Krieket

  • Suid-Afrika se tweede eendagwedstryd teen Sri Lanka word vandag om 13:00 in Centurion gespeel. Suid-Afrika loop met een nul voor in die reeks van vyf wedstryde.
  • AB de Villiers het ʼn rugbesering opgedoen en hy sal nie aan die Pakistanse been van die Pakistanse se Superliga deelneem nie.
  • Indië en Australië se tweede eendagwedstryd is gister gespeel.

Indië 250 (Virat Kohli 116)

Australië 242 (Vijay Shankar neem twee paaltjies in die laaste boulbeurt)

Indië wen met 8 lopies en die reekstelling is twee nul in Indië se guns.

  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se eerste T20-wedstryd is ook gister afgehandel.

Wes-Indiese Eilande 160/8

Engeland 161/6

Engeland wen met 4 paaltjies en loop met een nul voor in dié reeks.

  • In die plaaslike eendagreeks word môre een wedstryd afgehandel.

Highveld Lions 13:30 Cape Cobras

Tennis

  • Die Paribas Ope vir mans en vroue begin vandag op Indian Wells en duur tot aanstaande naweek.

Tiger Woods. AP Photo/John Amis

Gholf

  • Tiger Woods sukkel met ʼn nekbesering en het hom aan dié week se Arnold Palmer‑uitnodigingstoernooi in Amerika onttrek.
  • In die Europese reeks begin die Dakar Meesters môre in Doha.
  • In die Sonskynreeks val die klem dié week op die Limpopo‑kampioenskap wat op die Euphoria‑gholflandgoed in Modimolle gespeel word. Altesaam 156 spelers sal meeding om die prysgeld van R1,5 miljoen.

Sokker

  • In Eufa se Kampioeneliga is twee wedstryde gisteraand gespeel.

Real Madrid 1 – 4 Ajax

Borussia Dortmund 0 – 1 Tottenham Hotspur

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde afgehandel.

Orlando Pirates 1 – 1 Bloemfontein Celtic

Cape Town City 2 – 1 Mamelodi Sundowns

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.