Vandag se sportnuus

Argieffoto

Rugby

  • Wêreldrugby se nuwe Wêreldliga sal in 2022 afskop en 12 lande sal aan dié kompetisie deelneem. Die meeste lande sal jaarliks 11 wedstryde speel terwyl die spanne wat die eindstryd haal in 13 wedstryde betrokke sal wees.
  • Die eerste van sewe wedstryde in die Superrugby-reeks word reeds môre gespeel.

Môre

Hurricanes 8:35 Highlanders
Rebels 10:45 Brumbies

Saterdag

Crusaders 6:15 Chiefs
Blues 8:35 Sunwolves
Waratahs 10:45 Reds
Lions 15:05 Jaguares
Bulls 17:15 Sharks

  • Die Bulls is dié naweek sonder die belowende slot Eli Snyman wat beseer is. Ivan van Zyl sal op skrumskakel uitdraf.
  • Die Kings sal aanstaande week bekend maak wie hul nuwe eienaars is.
  • Die Sesnasies-reeks word dié naweek voorgesit met drie wedstryde wat gespeel word.

Saterdag

Skotland 16:15 Wallis
Engeland 18:45 Italië

Sondag

Ierland 17:00 Frankryk 

Sewesrugby

  • Die sesde toernooi in die wêreldreeks word komende naweek in Kanada gespeel. Suid-Afrika bevind homself saam met die VSA, Wallis en Chili in groep A. 

Faf du Plessis. (Foto: Twitter via Krieket SA/ANA)

Krieket

  • Suid-Afrika se tweede Eendagwedstryd teen Sri Lanka is gister in Centurion gespeel. Faf du Plessis het sy sewende agtereenvolgende vyftigtal vir Suid-Afrika behaal.

Suid-Afrika 251
Sri Lanka 138 (32.2/50 bb) (Kagiso Rabada het drie paaltjies geneem)

Suid-Afrika wen met 113 lopies en loop met 2-0 voor in die reeks van vyf wedstryde. Die derde wedstryd word Sondag op Kingsmead gespeel.

  • Indië en Australië se derde eendagwedstryd word môre gespeel. Indië loop met twee nul voor in dié reeks.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se tweede T20-wedstryd word ook môre afgehandel. Engeland loop met een nul voor in dié reeks.
  • In die plaaslike eendagreeks word daar vandag een wedstryd afgehandel.

Highveld Lions 13:30 Cape Cobras

Tennis

  • By die Paribas Ope vir mans op Indian Wells is Novak Djokovic eerste gekeur en Rafael Nadal tweede. Suid-Afrika se Kevin Anderson is vyfde gekeur. Al drie spelers het loslootjies in die eerste ronde.
  • Die vroue-toernooi op Indian Wells begin vandag en duur tot aanstaande naweek. Eugenie Bouchard en Venus Williams sal vandag in die eerste ronde in aksie wees. 

Gholf

  • Die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi begin vandag in Orlando, Florida. Net drie Suid-Afrikaners sal hul stokke swaai. Hulle is Louis Oosthuizen, Charl Schwartzel en Ernie Els. 
  • In die Europese reeks begin die Dakar Meesters vanoggend in Doha met 15 Suid-Afrikaners in die veld. Dit sluit in Christiaan Bezuidenhout, Erik van Rooyen en George Coetzee. 
  • In die Sonskynreeks begin die Limpopo-kampioenskap vanoggend in Modimolle. James Kingston, Jean Hugo en Trevor Fisher Junior is saam gegroepeer vir die eerste twee rondes.
  • Die eerste ronde van die Kaapstad Ope vir vroue is gister op die Royal Cape-gholfbaan afgehandel.

Kiran Matharu gedurende die eerste dag van die Kaapstad Ope vir vroue op die Royal Cape-gholfbaan. (Foto: Thinus Maritz/Sunshine Tour/ANA)

68 Kiran Matharu (ENG)
70 Anne-Lise Caudal (FRA), Kajal Mistry AMA, Tiia Kovisto (FIN)
71 Tandi Mc Callum
72 Lee-Anne Pace, Carrie Park (KOR), Lora Assad 

Fietsry

  • Die grootste fietswedren ter wêreld waarin tyd gehou word, word dié naweek in Suid-Afrika gejaag. Die Kaapstad Fietswedren word Sondag afgehandel en meer as 35 000 ryers sal in aksie wees. 

Motorwedrenne

  • Die eerste Moto GP van die 2019-seisoen word Sondag in Doha in Katar gejaag. Die hoofwedren begin om 19:00. 
  • Aanstaande Sondag (17 Maart) sal die eerste wedren in die Formule Een-reeks in Australië gejaag word. 

Branderry

  • Suid Afrika se voorste branderplankryers kan in April uitsien na die vierde jaar van die City Surf-reeks. Dié reeks van vier byeenkomste word in Durban, Port Alfred en in Port Elisabeth (twee) aangebied. 

Sokker

  • In Eufa se Kampioeneliga is daar gisteraand twee wedstryde gespeel met die twee wenspanne wat deur is na die kwarteindronde.

Porto 3 – 1 Roma
Paris Saint-Germain 1 – 3 Manchester United

  • In die plaaslike Premierliga is een wedstryd gisteraand afgehandel.

Free State Stars 1 – 1 Polokwane City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rudi ·

Maroela. Waar kom julle aan die krieket telling? Het ek die verkeerde game gekyk gister?

Ruan ·

Help my reg. (by die krieket) Kon nie self kyk nie want ek mos by werk gesit. As SA 320 geslaan het en SL net 138 is die lopie verskil 182 dus wen SA met 182 Lopies of verstaan ek krieket verkeerd?

Rudi ·

Ruan dit is heeltemal verkeerde tellings wat hulle op het SA het slegs 252 gekry

bolla ·

Ons wen in die krieket het nie die krake toegesmeer nie. Die stert is te lank en kan nie kolf nie en ons het nie tans ‘n wereldgehalte allrounder nie. Speel ses spesialis kolwers en vyf spesialis boulers.

Anja van der Merwe ·

Dagsê Lesers

Dankie vir jul kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Anja
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.