Vandag se sportnuus

Die Proteanetbalspan is deesdae een van die wêreld se bestes. Boonop het Suid-Afrika ook die wêreldbeker in 2023 losgeslaan! Foto: Facebook.

Netbal

  • Kaapstad is aangewys om die 2023 Wêreldbekertoernooi aan te bied. Dié bod is in November verlede jaar in Singapoer gemaak.

Rugby

  • Die eerste twee wedstryde in dié naweek se Superrugby-reeks word vandag gespeel.

Vandag

Hurricanes 8:35 Highlanders

Rebels 10:45 Brumbies

Môre

Crusaders 6:15 Chiefs

Blues 8:35 Sunwolves

Waratahs 10:45 Reds

Lions 15:05 Jaguares

Die Lions het die jong spelers Wandisile Simelane, Ruan Vermaak en Vincent Tshituka in hul span ingesluit.

Bulls 17:15 Sharks

Die Sharks se span toon vier veranderinge vir dié kragmeting. Gideon Koegelenberg speel slot, Wian Vosloo flank en Rhyno Smith heelagter.

  • Drie wedstryde word dié naweek in die Sesnasies-reeks

Môre

Skotland 16:15 Wallis

Engeland 18:45 Italië

Sondag

Ierland 17:00 Frankryk

Sewesrugby

  • Die wêreldreeks verskuif dié naweek na Kanada. Suid-Afrika se eerste wedstryd is môreaand.

Saterdagaand

Suid-Afrika 21:23 Chili

Sondagoggend

Suid-Afrika 00:52 Wallis

VSA 04:46 Suid-Afrika

Die toernooi eindig eers vroeg Maandagoggend Suid-Afrikaanse tyd.

Krieket

  • Suid-Afrika se derde eendagwedstryd teen Sri Lanka word Sondag op Kingsmead gespeel. Suid-Afrika loop met 2-0 voor in dié reeks van vyf wedstryde.
  • Indië en Australië se derde eendagwedstryd word vandag gespeel. Indië loop met twee nul voor in dié reeks.
  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se tweede T20-wedstryd word ook vandag afgehandel. Engeland is met een nul voor in dié reeks.
  • In die plaaslike eendagreeks is een wedstryd gister gespeel.

Cape Cobras 281/9

Highveld Lions 278/9 (50 bb, teiken was 282)

Cape Cobras neem drie paaltjies in die laaste boulbeurt en wen met drie lopies.

Vandag word daar een wedstryd afgehandel.

Titans 13:30 Warriors

Tennis

  • By die Paribas Ope op Indian Wells sal Tomas Berdych en Feliciano Lopez mekaar vandag pak.
  • In die dubbelspel sal Suid-Afrika se (7) Raven Klaasen en Michael Venus in die eerste ronde in aksie wees.
  • By die vrouetoernooi op Indian Wells sal (2) Simona Halep asook (4) Sloane Stephens vandag in aksie wees.

Gholf

  • Die eerste ronde van die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi is in Florida afgehandel.

1 Rafa Cabrera Bello -7

2 Keegan Bradley -5

Ernie Els (Foto: SA Open/Twitter)

33 Ernie Els -1

  • In die Europese reeks is die Dakar Meesters se eerste ronde in Doha voltooi.

1 Justin Walters -5

Adri Arnaus -5

3 Bradley Dredge -4

Mike Lorenzo-Vera -4

George Coetzee -4

   Justin Harding -4

  • In die Sonskynreeks het die spelers gister afgeslaan in die Limpopo Kampioenskap in Modimolle.

1 JC Ritchie -6

2 Rourke van der Spuy -5

   Jaco Ahlers -5

   Riekus Nortje -5

5 Neil Schietekat -4

Steve Surry -4

Ross McGowan -4

  • Die tweede ronde van die Kaapstad Ope vir vroue is gister op die Royal Cape-gholfbaan voltooi.

144 – Lee-Anne Pace 72 72, Kajal Mistry (AMA) 70 74

145 – Carrie Park (KOR) 72 73, Tiia Koivisto (FIN) 70 75

146 – Caroline Rominger (SUI) 73 73

Fietsry

  • Die Kaapstad Fietswedren word Sondag afgehandel en meer as 35 000 ryers sal in aksie wees.

Motorwedrenne

  • Die eerste Moto GP van die 2019 seisoen word Sondag in Doha in Katar gejaag. Die oefenrondes begin vandag terwyl die kwalifisering môre sal plaasvind. Die hoofwedren begin Sondag om 19:00 en word voorafgegaan deur die Moto3- en Moto2-wedren.

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar môre sewe wedstryde gespeel.

Crystal Palace 14:30 Brighton & Hove Albion

Newcastle United 17:00 Everton

Cardiff City 17:00 West Ham United

Leicester City 17:00 Fulham

Huddersfield Town 17:00 AFC Bournemouth

Southampton 17:00 Tottenham Hotspur

Manchester City 19:30 Watford

  • In die plaaslike Premierliga word daar môre vier wedstryde afgehandel.

Highlands Park 15:30 Baroka FC

Polokwane City 15:30 Golden Arrows

Kaizer Chiefs 18:00 Maritzburg United

AmaZulu FC 20:15 Bidvest Wits

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.