Vandag se sportnuus

sportnuus-attoohTennis

By die ATP Indian Wells Meesters het Suid-Afrika se Raven Klaasen saam met sy spanmaat Rajeev Ram met die dubbelspeltitel weggestap.

Die 9de gekeurde Roger Federer het die enkelspeltitel verower deur die 3de gekeurde Stanislas Wawrinka met 6-4 en 7-5 te klop.

In die vroue-enkelspel het Elena Vesnina vir Svetlana Kuznetsova met 6-7, 7-5 en 6-4 in die eindstryd getroef.

Internasionale krieket

Die tweede toets tussen die Proteas en Nieu-Seeland is reeds op dag 3 iets van die verlede gewees en Suid-Afrika loop nou met 1-0 voor ná ʼn uitstekende vertoning.

NS      268 & 171

SA      359 & 83/2 (teiken: 81)

SA wen met 8 paaltjies.

Die tweede toets tussen Sri Lanka en Bangladesj is deur Bangladesj gewen.

Sri Lanka       338 & 319

Bangladesj    467 & 191/6 (57.5 bb, teiken: 191)

Bangladesj wen met 4 paaltjies.

In die derde toets tussen Indië en Australië in Ranchi lyk die telbord so ná dag 4.

Australië 451 & 23/2 (7.2 bb)

Indië 603/9d

Australië is 129 lopies agter met 8 tweedebeurtpaaltjies staande.

T20-krieket

In die Momentum-eendagreeks is daar gister twee wedstryde voltooi:

Op Nuweland in Kaapstad:

Knights 300/5 (50 bb)

Cape Cobras 152 (32/50 bb)

Knights wen met 148 lopies.

Op Kingsmead in Durban:

Titans 204/8 (40 bb)

Dolphins 155 (31.1/34 bb, teiken: 189)

Titans wen met 33 lopies (D/L-metode).

Superrugby

Die naweek se Superrugby-uitslae lyk so:

sport1

 

Sesnasiesrugby

Engeland het weliswaar die Sesnasiestrofee verower, maar Ierland het verhoed dat hulle ʼn tweede Grand Slam agtereenvolgend verower asook die wêreldrekord vir die meeste agtereenvolgende oorwinnings verbeter.

 

sport2

Sewesrugby

Die Blitsbokke sal in die volgende toernooie sonder 7 van die 13 spelers wat verlede week in Kanada in aksie was, moet klaarkom weens besering.

Varsityrugby:

Vanaand se bepalings lyk so:

 

sport3

Gholf

In die Amerikaanse reeks is die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi op Bay Hill in Florida voltooi.

 

sport4

Sokker

In die Engelse Premierliga lyk gister se uitslae so:

Manchester City       1 – 1    Liverpool

Tottenham Hotspur 2 – 1    Southampton

Middlesbrough         1 – 3    Manchester United

En in die plaaslike Premierliga was daar oorwinnings vir:

Highlands     1 – 0    Maritzburg Utd

Baroka           2 – 2    Kaizer Chiefs

Bloem Celtic 0 – 0    Cape Town City

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.