Vandag se sportnuus

Die Blitsbokke het al drie hul groepwedstryde op die eerste dag van die naweek se toernooi in Vancouver, Kanada gewen. (Foto: Twitter via @Blitzboks)

Sewesrugby

  • Die sesde been van die wêreldreeks het vanoggend in Kanada ten einde geloop. Suid-Afrika het in die groepfase met Chili, Wallis en die VSA afgereken. In die kwarteind het die Blitsbokke teen Argentinië gespeel en met 33-2 geseëvier. In die halfeind het ons Fidji met 31-12 geklop en die Blitsbokke het die toernooi gewen deur in die eindstryd vir Frankryk met 21-12 te oorrompel. Fidji was derde en die VSA vierde. 

Rugby

  • Daar is die naweek sewe wedstryde in die Superrugby-reeks afgehandel.

Hurricanes 25-22 Highlanders
Rebels 29-26 Brumbies
Crusaders 57-28 Chiefs
Blues 28-20 Sunwolves
Waratahs 28-17 Reds
Lions 47-39 Jaguares
Bulls 37-14 Sharks 

  • Drie wedstryde is in die Sesnasies-reeks gespeel.

Skotland 11-18 Wallis
Engeland 57-14 Italië
Ierland 26-14 Frankryk 

Varsitybeker

  • Vier wedstryde word vandag gespeel.

UWC 16:45 CUT
NWU 18:30 UCT Ikeys
Maties 18:30 UJ
Shimlas 19:00 UP-Tuks 

Quinton de Kock in aksie tydens Suid-Afrika se derde Eendagwedstryd teen Sri Lanka op Kingsmead in Durban. (Foto: Leon Lestrade/ANA)

Krieket

  • Suid-Afrika se derde Eendagwedstryd teen Sri Lanka is gister op Kingsmead in Durban gespeel.

Suid-Afrika 331/5 (Quinton de Kock 121)
Sri Lanka 121/5

Suid-Afrika wen met 71 lopies (D/L-metode) en beklink die reeks van vyf wedstryde met 3-0.

  • Indië en Australië se vierde eendagwedstryd is gister beslis.

Indië 358/9
Australië 359/6

Australië wen met vier paaltjies en die reekstelling is twee elk.

  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se derde T20-wedstryd is gister afgehandel.

Windies 71
Engeland 72/2

Engeland wen met 8 paaltjies en wen die reeks met 3-0.

  • In die plaaslike eendagreeks is twee wedstryde Saterdag gespeel.

Dolphins 218/6
Cape Cobras 220/2

Cape Cobras wen met agt paaltjies.

Knights
Highveld Lions

Onbeslis (reën) 

Bjorn Fratangelo slaan die bal terug na Novak Djokovic tydens hul kragmeting by die Paribas Ope op Indian Wells. (Foto: Mark J. Terrill/AP)

Tennis

  • By die Paribas Ope op Indian Wells het (1) Novak Djokovic vir Bjorn Fratangelo in twee stelle geklop om na die derde ronde deur te dring.
  • In die dubbelspel het Suid-Afrika se (7) Raven Klaasen en Michael Venus in die ronde van 64 met Maximo Gonzalez en Kei Nishikori afgereken.
  • By die vrouetoernooi op Indian Wells is (3) Petra Kvitova in drie stelle deur Venus Williams in die tweede ronde uitgeskakel. 

Gholf

  • Die Arnold Palmer-uitnodigingstoernooi is in Florida afgehandel.

1 Francesco Molinari -12
2 Matthew Fitzpatrick -10
3 Sungjae Im -9
Tommy Fleetwood -9
Rafa Cabrera Bello -9 

  • In die Europese-reeks is die Dakar Meesters in Doha voltooi en Justin Harding het sy eerste toernooi in die Europese-reeks gewen

1 Justin Harding -13
2 George Coetzee -11
   Christiaan Bezuidenhout -11
   Erik Van Rooyen -11
Jinho Choi -11
Nacho Elvira -11
Jorge Campillo -11
Mike Lorenzo-Vera -11
Oliver Wilson -11

  • In die Sonskynreeks is die Limpopo-kampioenskap in Modimolle voltooi.

1 JC Ritchie -18
2 Steve Surry -18
3 Hennie Du Plessis -17

  • Die Kaapstad Ope vir vroue is op die Royal Cape Gholfbaan voltooi.

215 – Carrie Park (KOR) 72 73 70
220 – Anne-Lise Caudal (FRA) 70 77 73, Kajal Mistry 70 74 76
221 – Tandi Mc Callum 71 79 71, Caroline Rominger (SUI) 73 73 75, Tiia Koivisto (FIN) 70 75 76
222 – Kiran Matharu (ENG) 68 80 74, Lee-Anne Pace 72 72 78 

Sam Gaze. Foto: Facebook.

Fietsry

  • Die Kaapstad Fietswedren is gister afgehandel. In die mansafdeling het Sam Gaze koning gekraai terwyl die vroue-afdeling deur  Cherise Willeit  gewen is.

Mans (109 km)

  1. Sam Gaze – 02:39:42 – (Investec-Songo)
  2. Jason Oosthuizen – 02:39:42 – (TEG Pro Racing)
  3. Clint Hendricks – 02:39:42 – (Pro Touch Continental)

Vroue (78 km) 

  1. Cherise Willeit – 02:16:11 – (Investec-Songo)
  2. Kimberley le Court de Billot – 02:16:11 – (Demacon MaxWax)
  3. Tiffany Keep – 02:16:11 – (Titan) 

Motorwedrenne

  • Die eerste Moto GP van die 2019 seisoen is gister in Doha in Katar gejaag en het uiters opwindend geëindig. Andrea Dovizioso (Ducati) het met ʼn breukdeel van ʼn sekonde gewen toe hy Marc Marquez (Repsol Honda) geklop het. Cal Crutchlow (LCR Honda Castrol) was derde, Alex Rins (Suzuki Ecstar) vierde en Valentino Rossi (Yamaha) derde. 
  • In Moto2 het Brad Binder van Suid-Afrika 12de geëindig. In Moto3 kon Darryn Binder nie die wedren voltooi nie ná ʼn ongeluk. 

Arsenal-spelers vier Pierre-Emerick Aubameyang se tweede doel gedurende die Engelse Premierliga-sokkerwedstryd tussen Arsenal en Manchester United by die Emirates-stadion in Londen. (Foto: Tim Ireland-AP)

Sokker

  • In die Engelse Premierliga is drie wedstryde gister afgehandel.

Liverpool  4 – 2 Burnley
Chelsea  1 – 1 Wolverhampton Wanderers
Arsenal 2 – 0 Manchester United

  • In die plaaslike Premierliga is twee wedstryde gespeel.

Black Leopards 3 – 2 Chippa United
SuperSport United 1 – 0 Free State Stars

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hendrik UAE ·

Lees ek verkeerd? 33-2 teen Argentinie.’N verdoelde, ongedrukte drie?Hehe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.